Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Boys — Deel 2

JP du Toit1

Nicky Boje is sekerlik primęr in die span as bouler. En ons weet hy kan kolf. Buiten slegs Kirsten (188*) en Gibbs (153) hou hy die rekord vir die hoogste individuele telling (129) in die span. In ’n onlangse wedstryd tussen Vrystaat en die Westelike Provinsie het hy weer eens bewys hy kan ’n snoekerbal op ’n glasblad laat draai. As draaibouler is Boje baie suinig met lopies afstaan in internasionale kragmetings (4,44). Net soos Kallis, Klusener en Pollock kan hierdie veelsydige speler enige tyd ’n wedstryd in Suid-Afrika se guns swaai. En ons weet hy het al.

Andrew Hall bied nie net ’n bedreiging vir kougom nie. “Aah”, dink die opposisiekolwers wanneer hy met so ’n paar lomp treë (onthou u Clive Rice?) na die paaltjies aangeskarrel kom, “hier is maklike lopies …” Moenie glo nie. Andrew Hall boul uiters akkuraat en, glo dit of nie, gemiddeld vinniger as Pollock. Hy staan slegs 4,48 lopies per boulbeurt af. Met die kolf is sy hoogste eendagtelling 81 en hy het al in vennootskappe saam met Boucher en Boje wedstryde vir Suid-Afrika op skouspelagtige wyse gewen.

Ouer krieketondersteuners onthou sekerlik die “mean machine” — die magtige krieketspan van Transvaal in die middel tagtigs. Cook en Fothers en Rice en daardie ouens. En Alan Kourie, wat ook bofbal vir Suid-Afrika gespeel het. Onthou die twee of drie groot sesse aan die einde? Hou kaptein Shaun Pollock dop. Meer gereeld en meer aanhoudend. Dink ’n bietjie terug aan die laaste toets teen Pakistan, of aan daardie driehoekige reeks tussen Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Hy is ’n bestendige kaptein wat groot skoene moes vul. En hy het. En hy kan ’n bietjie boul ook.

“Kan ’n span bekostig om meer as een draaier in die span te hę?”, was die vraag kort voor die węreldbekerspan aangekondig is. Niemand het dit so ses of sewe jaar gelede van Indië en Sri Lanka gevra toe hulle met tot vyf of ses draaiers groot sukses behaal het nie. ’n Bouler is ’n bouler — as hy goed genoeg is, gee vir hom die bal. Robin Peterson het homself reeds bewys, beide as bouler en as veldwerker. Daar is geen rede hoekom hy en Boje nie in dieselfde span kan speel nie. Talent en vernuf is daar wel; kom ons gee hom die ondervinding.

Makhaya Ntini word węreldwyd hoog aangeslaan as ’n vurige openingsbouler. Tog glo ek hy is een van ons mees “under-rated” spelers. Ons weet hy is gevestig in die span en spog met 89 paaltjies teen slegs 4,22 lopies per boulbeurt in internasionale krieket. Maar hierdie syfers weerspieël nie sy enorme verbetering in die laaste seisoen of wat nie. Ongeparallelde entoesiasme en harde werk werp nou vrugte af. Waar Donald “white lightning” is, slaan Ntini in die donker toe. Sy loopbaan het momentum opgebou en hy vaar nou verbete in kalmer water. Sy boulwerk bly so venynig soos altyd, maar nou is daar beweging en variasie. Ek glo die 2003-węreldbekertoernooi gaan ’n nuwe fase in hierdie paaltjievraat se loopbaan inlui.

In węreldbekerkrieketgeskiedenis (lang woord, hč?) is dit slegs Wasim Akram wat meer paaltjies as Allan Donald ingeoes het. En die stryd is nog nie verby nie. Daar is heelwat nuwe spoedvrate, maar min gryp die verbeelding aan soos hierdie twee tesame met Waqar Younis. Miskien het Donald so ’n bietjie van sy spoed afgestaan aan die jonger boulers, maar wat vernuf en ervaring betref, sal hulle maar moet kyk en leer. In internasionale eendagwedstryde het Donald al meer as vyf maande op krieketvelde reg rondom die węreld gespeel. Die rekordboeke gaan in hierdie toernooi herskryf word en ons is bevoorreg genoeg om daar te wees wanneer dit gebeur.

Monde Zondeki is haastig besig om in die harte van jong spelers en nagmerries van kolwers te kruip. As jy daarin geslaag het om verby Boeta Dippenaar te stap sonder om sy wange ’n knypie te gee, gaan jy swig onder die versoeking voor Zondeki. Daardie stralende glimlag was reeds daar voor sy eerste aflewering in internasionale eendagkrieket vir hom ’n paaltjie opgelewer het. “Raw talent”, sou die Engelsman sę, maar daar is meer — ’n honger vir paaltjies en ’n trots vir die groen en goud op die krieketveld. Die toekoms lyk groen — Kingsmead-groen.

Aangesien Charl Langeveldt betreklik onervare in die internasionale arena is, sal dit dalk deug om kortliks na sy rekord te kyk. In net meer as 24 boulbeurte vir Suid-Afrika het hy 6 paaltjies geneem en slegs 97 lopies afgestaan. Sy beste boulvertoning was 4 vir 21 en hy staan gemiddeld slegs 3,95 lopies per boulbeurt af. Dis amper te goed om waar te wees. Bestendige vertonings in plaaslike wedstryde het vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse span verseker. Daar lę nog heelwat voor. Kom ons hou duim vas. Nou ja, nou ken jy jou spelers. Balans is seker die grootste kenmerk van ons span. Daar is balans in kolf- en boulwerk. Oor die algemeen is die veldwerk sekerlik die beste in die węreld (hoewel ’n paar Australiese kommentators seker sou wou verskil, maar dan glo hulle ook dat mens die Suiderkruis slegs vanaf Australië kan sien). Daar is die bestendigheid van ervaring en daar is die vuur van nuwe bloed. Daar is kruiwavragte vol talent en daar is heelwat belofte van skouspelagtige krieket. Hier is ’n span wat vir ons die węreldbeker kan wen. Ons tel die slapies.

Ns: Volgende keer kyk ons vanuit ’n Pana-eye-oogpunt na die opposisie, want om paraat te wees beteken dat jy jou vyand moet ken. Tot dan, Voet by die bal!




1JP du Toit ondersteun krieket van kleins af. In Sub B was hy kantoor toe gestuur toe hy skelm in die klas kommentaar van ’n Transvaal en WP wedstryd op ’n versteekte radio geluister het. Hy het al ’n vennootskap met Laurie Wilmot in die Albany-liga gedeel. Wanneer hy nie ’n riller wegbreekbal boul nie, skryf hy graag.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.