Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Geo, Keo en Rio

Blou Bul Braampie

Sjoe, dit was so hittete of die King-kommissie het ons hele Wêreldbeker-veldtog oorgevat. Gelukkig het iemand (skynbaar oudpresident Mandela) die lig gesien en beding dat die kommissie sy werk in die nuwe jaar hervat. Ek het al in my geestesoog gesien hoe ons agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, vroeg in die eerste helfte van die Bokke se wedstryd teen Engeland vir Bobo met Jorrie Muller vervang omdat dit Bobo se beurt is om voor die kommissie te gaan getuig. Gelukkig is daardie vrese nou besweer.

Intussen tuit Rian se mondjie nog steeds soos die verskonings twee-twee deur hom geprewel word. Ek dink sy politieke motiewe is een van die groot oorsake vir die gemors waarin SA rugby hom bevind.

Uit wat ons in die media gelees het, lyk dit vir my of Strooihalm die krisis korrek hanteer het. Soos enige sportsoort het rugby ook sy kodes en konvensies. Een so ’n konvensie is dat die spelers nooit uitpraat na ’n toer nie. ’n Ander een is dat spandissipline intern hanteer word. In die meeste spanne kry die senior spelers rolle, byvoorbeeld regter, aanklaer en minister van finansies. Straf neem feitlik altyd die vorm van lyfstraf aan. Ek vermoed meneer Keohane gaan binnekort skryf dat die tekkiepartytjies waarmee spelers gestraf word, onkonstitusioneel is. Ewenwel, sersant Strooihalm het dienspligstyl die twee weerbarstige slotte herhaaldelik teen ’n heuwel laat uithardloop. Korporaal Krige is saam om te kyk dat die twee ramme hulle vir die res van die oefenkamp gedra.

Wat die erekode van rugby betref, het Strooihalm dus sy plig gedoen. Pleks van om politieke derms uit te ryg, het hy die spangees herstel. Op sig was daar weer vrede in die Bokkamp, of so het dit gelyk. Elders het ’n ander Deep Throat egter sit en planne beraam om ’n Geo-gate van stapel te stuur. Wie dit was, weet ons nie. Wat ons wel weet, is dat net een lid van die Bokbestuur in sy swaard geval het. Et tu Keo!

Een vraag wat baie van die gereelde rugbygangers kielie, is hoe Keohane in die pos gekom het. Die agterdeur het volgens alle aanduidings vir hom oopgegaan toe Harry Viljoen hom as sy persoonlike troeteljoernalis aangestel het. Met die bedanking van Harry het Keo sy gaping gesien en vir RiO (= Rian O) oorreed om hom aan te stel. Die adder is met ope arms in die boesem ontvang. Die gebruiklike keuring- en aanstellingspraktyke wat normaalweg deur ’n miljoenêr-bestuurder geïmplementeer word, het volgens alle aanduidings agterweë gebly. Die groot leeu met die tuitbekkie was tevrede met die aanstelling.

Genoeg oor die siek stand van rugbypolitiek.

Die Engelse se vertoning teen die Franse was “awsome”. Hoewel die Franse ’n paar drieë weggegooi het, is hulle gemaklik deur die Engelse uitoorlê. Ek het gehou van Francois Pienaar se kommentaar op Boots & All. Sy vertrekpunt van ’n heilige respek vir jou opponente (veral vir hierdie Engelse span) is ’n punt om te bepeins. Elke keer wat die Franse in hulle gebruiklike sorgvry-”mode” ingegaan het, het die Engelse hulle gestraf.

Bomenslike konsentrasie en foutlose afronding behoort die Bokke se leuse te wees. Spelers soos Danie Coetzee en Danie Rossouw wat probleme met die reëls het, moet ses ure per dag onderrig word. Al die spelers moet onder toesig konsentrasie-oefeninge doen. Die ongelukkige speler wat die taak gaan kry om Ben Cohen op te pas, moet die Bybelverhaal van Dawid en Goliat elke dag drie keer hoor. Vermy egter die verhaal van Simson — dit mag dalk op ’n rooi kaart uitloop.

Ek weet nie wat Strooihalm se meesterplan is nie. As dit ek was, sou ek maar ’n pak slae teen die Engelse as ’n gegewe aanvaar het en my visier op die All Blacks in die kwarteind gestel het. Ons het hulle in die House of Pain skrikgemaak. Ons kan dit weer doen.

Intussen wag ’n jong donkerkopknaap ongeduldig vir ’n kans om die wêreld se bestes aan te durf. Kan die charismatiese Hougie dalk die haas in ons hoed wees? Ek dink hy kan.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.