|
|
Krieket Hoe gaan ons ons geloof herstel?JP du Toit12 Maart: Die eerste probeerslag Nou ja, wat nou? Die speelveld is nie meer gelyk nie. Skielik is niemand regtig meer seker wie speel teen wie op watter dag nie. Miskien is dit soos tydens Hansie se verhoor … Die fans moet hulleself heroriënteer ten opsigte van wêreldkrieket en hulle eie span. Een of ander Griek het lank gelede beweer dat die enigste ding wat seker is, is dat dinge verander. En hier is ons in die middel van verandering. Maar dis nie n nuwe plek nie spelers kom en gaan soos die gety in Durban, en kapteins en selfs spanne. Ons kan terugkyk na die verlede met trots en sekerlik met n tikkie heimwee, maar daar kan ons nie stilstaan nie. Want so seker soos die verlede is daar n toekoms …
Ja, ek sal met graagte n rubriek oor die WB skryf, was my eerste reaksie. Dit het opwindend geklink. Ek was vuur en vlam. Ek het stats versamel en in die agterplaas geoefen … Daar was opgelees oor die spanne, die reëls, die velde en die seremonies. Geskiedenis, kolfblaaie en weerberigte. Voorspellings en odds van beroepswedders. En met die verloop van die wedstryde was daar soveel ryk materiaal … En toe skielik, soos n hond se nat neus teen jou been, wanneer jy in jou drome wil verder kolf, tóé die ontnugtering: die boys se WB-drome op tuisbodem is iets van die verlede. My oë is al moeg van kyk na die rekenaarskerm. Die wind is uit my seile. Skielik is dit asof niks meer saak maak nie. Donald en Kirsten. Oornag voel dit asof daar grys hare om my slape uitgeslaan het. Skielik besef ek dat rugbyballe nie meer van leer gemaak word nie. Tieners weet nie van Dubbin nie. Krieketkolwe word selde geolie. Skielik is dit stil … Die cursor op die skerm flits … Die WB is nie verby nie, daar moet dinge gesê word, maar die reën sif ongenadig neer … Die vlae wil nie wapper nie; hulle kleef aan n nat voorarm … Die bier is flat en Robin Jackman sukkel vir woorde …
Ek het gedink dit gaan makliker wees om n internetrubriek te skryf. Ek het gedink dit gaan makliker wees om n krieketondersteuner van die Proteas te wees. Maar helaas! Die realiteit van Suid-Afrika se uitskakeling tydens die 2003-WB het my genoodsaak om my visstokke op die bakkie te gooi en iewers langs n rivier te gaan sit waar daar geen selfoonopvangs is nie. Lente is n tyd vir groei. Somer is n tyd vir blom. Herfs is n tyd om die elektriese kombers te soek. En dan is daar die winter: daar kom n tyd om so n bietjie terug te sit en nat te reën langs n rivier. n Braaktyd, miskien. Maar nie n dooie tyd nie. Dis n tyd van hergroepeer en so n gadeslaan. Dis n tyd van koffie op die stoep drink en die lande betrag. En n tyd van spekuleer. En droom. Met die laaste bietjie reën se uitsak op die kolfblad en die stof van kapteinskap en drome aan skerwe wat wil gaan lê, sit ek op die vooraand van die 2003-WB-finaal en peins oor die dinge van die afgelope paar weke. Die ergste skok, teleurstelling en ongeloof het nou van my afgewas en plassies modder om my voete gevorm. Ek speel met die klei en kyk watter vorms gestalte voor my aanneem.
So opwindend en skouspelagtig as wat die openingseremonie van die 2003-WB was, was die grootsheid van die hele affêre n skok. Was ons werklik gereed? Maar dit was nie net die omvang van die toernooi en die sport van krieket wat my soos koue water in die gesig getref het nie, daar was ook die skok van AUSTRALIË. Ja, in hoofletters, want ek verwys nie net na die krieketspan nie.
Dit help nie mens ry die teleurstelling holrug nie. Elke speler en ondersteuner het n persoonlike ervaring van teleurstelling om te verwerk. We all need our space. Dus sal ek nie indring nie.
Net so verslae as wat ek was met die openingseremonie, die openingswedstryd en die gemak van Australië se vertonings, was ek verdwaas nadat Suid-Afrika finaal uitgeskakel was. Daar was vele hoogte- en laagtepunte. Byna almal was tot vervelens toe in die pers uitmekaar geanaliseer of besing. Tog blyk daar die onderwerp van ongeloof (en, gevolglik, geloof) wat dalk nog n bietjie aangespreek kan word. Al het jy die geloof om berge te versit … Met ander woorde: Met genoeg geloof kan jy berge versit …
Ten slotte dan, die uitdaging: Hoe kan ons ons geloof herstel? Soos n kind. Soos n Zoeloekryger. As dit moet, dan om berge te versit. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |