Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En nou gee Corné Krige vir Harry Viljoen die skuld?

Blou Bul Braampie

Die jongste wending in die Springboksage is kaptein Corné Krige se verrassende bevinding dat Harry Viljoen eintlik te blameer is vir Springbokrugby se agteruitgang.

Wel, van al die stront wat vanjaar oor rugby kwytgeraak is, vat hierdie stukkie wysheid sekerlik die koek (miskoek?). In die aanloop tot die toernooi het baie van my vriende gewaarsku dat Krige nie oor die intelligensie of taktiese vaardighede beskik om die gang van ’n wedstryd op die veld te verander nie. Na hierdie bewerings oor Viljoen kan ek nie anders as om saam te stem nie.

Ek dink die media was hopeloos te sag met Krige. Teen Engeland sowel as die All Blacks het Krige op geen stadium enige taktiese aanpassings gemaak nie. Die Bokke het maar bly voortploeter tot die eindfluitjie geblaas het. Dan was Krige en ons agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, byderhand met hulle katalogus van verskonings. Van die verskonings wat hulle ná die toernooi mee vorendag gekom het, sou selfs Robert Mugabe laat regop sit het. Ek sal nie verbaas wees as ons seniele buurman op e-pos met Krige en Strooihalm begin gesels om uit te vind wie hulle verskonings vir hulle skryf nie. Mugabe sou byvoorbeeld kon sê dat Zimbabwe se ekonomie nie agteruitgegaan het nie; die ander lande se ekonomieë het net vinniger gegroei as syne. (Die ooreenkoms tussen Zim se ekonomie en SA rugby is ooglopend, is dit nie?)

Ek sal graag wil weet hoe Krige die afleiding maak dat Viljoen eintlik die sondebok is. Viljoen, wat sy geld in die finansiële wêreld gemaak het, het gou agtergekom dat Springbokrugby ’n swak belegging is. Sy rekord was heelwat beter as dié van Strooihalm toe hy die handdoek ingegooi het. Sy beplanning het ’n professionele stempel gedra, iets waarvan daar tydens die Strooihalm-regime weinig sprake was. Viljoen het verantwoordelikheid aanvaar vir die Bokke se teleurstellende vertonings en uitgeklim toe hy sien dat die skip onherroeplik van koers af is. Tot vandag toe het hy nog niemand blameer nie. Ek glo sy optrede was baie meer eerbaar as dié van die martelgatte wat nou smeek om genade. Dit lyk ook vir my Strooihalm se strafkamptaktiek het min gedoen om van Krige en sy bende hulpeloses manne te maak.

Ek beskou Krige se beskuldigings teen Viljoen as onvanpas en lafhartig. Ek hoop nou hy word eerste gepos. My bloed stol as ek dink hoe hierdie klomp papbroeke vir hulle eie gatte gaan keer tydens die King-kommissie.

Wat die finaal aanbetref, is dit die klassieke stryd tussen die bokser en die vegter. Ek het in ’n huis grootgeword waar ek aan moederskoot geleer is dat die span met die beste voorspelers die wedstryd sal wen. Uit hoofde van my opvoeding sou ek dus moet skryf dat die Engelse waarskynlik gaan wen. My hart lê egter by die dapper Wallabies, wat die All Blacks so ’n liederlike poets in die semifinaal gebak het. Die wedstryd het weer eens bewys dat daar tog ’n plek is vir denkende afrigters in wêreldrugby. Hoewel die spesie in Suid-Afrika saam met die Kaapse kwagga uitgesterf het, glo ek dat ons deur kunsmatige inseminasie dalk weer een of twee kan teel.

Op ’n ernstiger noot: my naweek sal gemaak wees as die dartelende Larkham en die onverskrokke Mortlock die Engelse voordeellyn met dieselfde presisie aanval as teen die All Blacks. Wen Waugh die stryd om die losbal, kan Larkham soos die spook van Uniondale te voorskyn kom wanneer die Engelse hom die minste verwag. Slaag die Aussies om die Engelse troepe aan die beweeg te hou, kan Eddie Jones se manne die beroepswedders lelik op hulle neuse laat kyk. Kom ons wees eerlik: niemand het die klomp klakouse van Doeronder voor die toernooi ’n kans gegee nie. Eddie Jones het soos ’n goeie brugspeler sy beste vir die eindspel gehou. Die vraag is of hy nog ’n troef of twee het om die kontrak te maak. Ek dink hy het.

21 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.