Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pay as you go

Blou Bul Braampie

'n Bekende rugbyspeler van die Goue Leeus het volgens ingeligte bronne verlede Vrydag, op die vooraand van sy span se Curriebeker-semifinaal teen die Blou Bulle, sy gunsteling-sangoma genader vir 'n voorspelling oor die wedstryd. Toevallig is dit nou ook so dat die betrokke sangoma die Leeus asook die Cats ondersteun. Aangesien die kêrel dan ook, soos die meeste byderwetse sangomas, op 'n "pay as you go"-stelsel werk, het die speler 'n voucher vir vyf voorspellings by hom gekoop. Dít is wat hy vir sy voucher gekry het nadat die agbare sangoma sy dolosse (of was dit vonkproppe?) gegooi het:

  • Ek sien 'n Springbok wat soos die wind hardloop en twee drieë druk. Hy speel vir jou span.
  • Ek sien jou span vaar goed in die lynstane.
  • Ek sien jou span skrum ook goed.
  • Ek sien jou span vat baie van die "turnovers".
  • Ek sien die skeidsregter. Hy is soos 'n broer vir jou span.

Na die eerste stel voorspellings het die sangoma aan die spelers nog vyf voorspellings vir die wedstryd aangebied, maar die kliënt het nie gedink dis nodig nie. Volgens hom het die voorspellings tog duidelik op 'n oorwinning vir die Leeus gedui. Sy gevoel was dat Jaque Fourie die drieë sou druk en dat André Pretorius die skeidsregter se "broederskap" ten volle sou uitbuit.

Wel, soos dit maar meesal met die "pay as you go"-stelsels gaan, is alles nie gesê wat gesê moes word nie. Al die sangoma se voorspellings is tydens die wedstryd bewaarheid. Die speler het hom egter nie die kans gegee om die verdoemende deel van sy voorspelling deur te gee nie.

Alle grappies op 'n stokkie. Die Bulle het geweet die Leeus kom om oorlog te maak en dit het hulle gedoen. Wickus en Frans Ludecke het die Bulle grotendeels takties uitoorlê. Op die ou end het die Bulle se ontsettende wilskrag en stewige dosis geluk egter die skaal in hulle guns geswaai.

Daar bestaan min twyfel dat die Bulle hierdie naweek baie beter sal moet speel as hulle teen Rassie se bende wil wen. Verlede naweek se wedstryd het weer bevestig dat Fourie du Preez nie sy gelyke het as strategiese denker nie. Daar is nie een agterspeler in die land wat beter weet wat op die veld aangaan as Fourie nie. Hy lees sy opponente se veldposisies soos 'n goeie kolwer 'n veldplasing ontleed. Ek glo dat daardie bondeltjie breinkrag Saterdag die Bulle se oorwinning gaan orkestreer.

Die Cheetahs kom met die hele land se steun Loftus toe. Ek dink op Idols noem hulle dit die simpatiestem. Nes die Leeus sal hulle eers by die Bulle se superspringers in die lynstane moet verbykom. Dié wat weet, sê die Vrystaat gaan al die balle oor die lynstane gooi, maar dan sal Naka moet kyk wat hy doen. Daardie dobberende bal kan net so maklik vir die Bulle 'n aanvalsgeleentheid skep as vir die besoekers.

Die skeidsregter sal ook die gang van die wedstryd beïnvloed. Jonathan Kaplan is gewoonlik 'n onverbiddelike arbiter, maar ek verwag dat hy 'n meer ontspanne benadering vir die finaal sal volg. As hy die eerste vyftien minute sy dissipline kan vestig, kan die wedstryd oop, aantreklike rugby oplewer. Mark Lawrence (wat, terloops, verlede week puik geblaas het) het die Bulle 'n reuseguns gedoen deur hulle kwaai te straf. Dit het hulle hierdie week na die reëlboeke toe teruggedwing. Hulle sal hierdie naweek meer op reëleerbiediging ingestel wees - iets wat dinge vir hulleself sowel as Kaplan sal vergemaklik.

Die Cheetahs besef hulle kan nie die finaal stoei-stoei wen nie, terwyl die Bulle spelers soos Ndungane en Habana in spel sal wil bring. Ek verwag dat beide spanne berekende kanse sal waag om die doellyn oor te steek.

Ollie het, soos wat verwag is, weer sy sielkundige speletjies begin speel, terwyl WP-ondersteuners, soos Niel Kroese, nog kerm oor verlede week. Die drie van Willem de Waal is ongetwyfeld deur 'n vorentoe aangee voorafgegaan. Aan die ander kant kan julle dankbaar wees dat julle nie met daardie vaste voorspelers Loftus toe kom nie. Drie van die vyf mag nou wel hulle Bokkleure in Jake White se Kerskous persent gekry het, maar op Loftus sou ons hulle weer lewend opgevreet het. Die Cheetahs is egter 'n kat van 'n ander kleur.



LitNet: 21 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.