Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Saterdag gaan ons (weer) vir Ettienne mis

Blou Bul Braampie

Ek ry elke dag twee keer by die plek verby waar Ettienne Botha verlede week die lewe gelaat het in 'n motorongeluk. Ek sien daagliks hoe daar vars blomme bykom en verwelktes weggeneem word en ek ervaar elke dag herinneringe van 'n senter wat 'n Springboktrui ontneem is.

Wanneer die Bulle Saterdag teen die WP op Loftus opdraf, sal Ettienne se plekkie leër as ooit wees. Leër omdat daardie gewillige linkervoet nie daar sal wees om vir Derick by te staan met die kantlynskoppe nie. Leër omdat ek, soos die ander Bulondersteuners, altyd seker kon wees dat geen aanval wat WP kon loods, ons man sou ontsenu nie, en leër omdat daardie bedrieglike blonde systapper nie meer daar is om ons aanvalle te lei nie.

As Ettienne nie veras is nie, sou Jake White se ongevleuelde woorde seker as 'n gepaste grafskrif kon dien: Die lewe is nie regverdig nie. Dit was Jake se standaardverskoning elke keer wanneer hy vir Et uit sy Bokspan weggelaat het. En die Bobo's en Juliese en Jacobse en Jouberts bo hom gekies het. Ons man kon maar net sy skouers optrek en hoop dat sy beurt eendag sou kom.

In verlede jaar se Curriebekerfinaal was hy briljant. Hy is selfs as Curriebekerspeler van die jaar aangewys. Teen die Stormers het hy so onlangs soos vier maande gelede vir die Springboksenters ore aangesit. Nie gewone ore nie. Groot blomkoolore. Maar dit was ook nie goed genoeg vir Jake nie. Die lewe ís nie regverdig nie. Veral nie as jy blond met blou oë is en nie in die Kaap skoolgegaan het nie.

Ek glo daar sal nie Saterdag 'n droë oog onder die Blou Bul-ondersteuners op Loftus wees wanneer daar afgeskop word nie. In die middelveld sal sy plek altyd vorentoe leeg wees. Of die Bulle sonder hom sal regkom, sal maar gesien moet word. Ek hoop en vertrou dat sy sprankel en ondernemingsgees sal voortleef in die span waarvoor hy altyd bereid was om oorlog toe te gaan.



LitNet: 16 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.