Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rugby-sepie laat 7de Laan na ‘n kinderprogram lyk

Blou Bul Braampie

Ek het so pas die Bokspan onder oë gehad. Jake White se spankeuses lyk vir my, om die minste te sê, obskuur.

Die beleërde Springbokafrigter het skynbaar besluit om die politieke golf te ry ten einde sy loopbaan te red. Hy het skynbaar so baie here om te dien dat hy sukkel om sy prioriteite reg te kry.

Jacques Cronjé is omtrent die enigste Springbok wat ‘n konstante spelpeil gehandhaaf het. Nou is hy in die koue. Dit is nie vreemd nie. White se oggend- en aandpraatjies stem nie ooreen nie. Toe hy teruggekom het uit Australië, het hy aangedui dat hy nie na grootskaalse veranderings kyk nie. Dit is wel so dat sy medekeurders hom in die bek geruk het, maar om van die beter spelers in die span ontslae te raak is ook nie goeie jukskei nie. En wat van al sy uitsprake oor lojaliteit aan die spelers? Dit lyk my dit stop net voor jy oor die Vaalrivier gaan op pad Noorde toe.

Ek dink die hele volk is dankbaar dat Jaco en die twee senters ten einde laaste weggelaat is, maar of die baie Cats in die agterlyn die antwoord is, is te betwyfel. In die Supertwaalf was hulle bedenklik. Ek is seker iemand gaan die video’s in die hande kry en besef dat daar krake is. Jaque Fourie verdien nietemin ‘n kans.

Ek glo nietemin dat die Bokke Saterdag die Mandelabeker gaan wen. Nasietrots plus ‘n klompie honger spelers wat onverwags ‘n kans kry om hulleself te bewys behoort die deurslag te gee. Die Wallabies mag dalk selfs besluit om die wedstryd te “gooi” met die oog op volgende Saterdag se kritieke Drienasiewedstryd. Dit kan egter gevaarlik wees om nou vir die Bokke ‘n groot dosis selfvertroue present te gee.

Vir die Drienasiereeks het ek nie veel hoop nie. White is duidelik op ‘n skip na nêrens. Hy mag dalk politieke steun wen, maar ek sien geen teken van konstruktiewe spanbou nie. Hoe hy manne soos Richard Bands en Morné Steyn heeltemal kan ignoreer, gaan my verstand te bowe, om van die glibberige Brent Russell nie eens te praat nie. Die arme outjie is, lyk my, gepos oor die mislukte soccer slide wat hy probeer het toe Mat Rogers gedruk het.

Intussen woed die sepie van SA rugby voort teen ‘n tempo wat 7de Laan na ‘n kinderprogram laat lyk.



LitNet: 22 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.