Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Bulls is bedonner

Blou Bul Braampie

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Jake White en sy medekeurders het die Bulls bedonner. Oor en uit. Die Springbokspan wat White verlede Saterdag bekend gemaak het, lees soos ‘n partytjiegrap.

Ten spyte van die feit dat die Bulls die Stormers ‘n vernederende nederlaag van 75-14 voor ‘n histeriese Loftus-skare toegedien het, is daar tien Stormers in White se Bokspan. Net agt Bulls kon plek kry.

White het skynbaar eers al sy witbroodjies gekies en toe ‘n handvol politieke piksoentjies uitgedeel. Spelers soos Eddie Andrews, Hanyani Shimanga en Joe van Niekerk, wat ernstig op hulle moer gekry het op Loftus, tel onder Jake se keuses. Dan is spelers soos Guthro Steenkamp, Ashwin Willemse en Enrico January, wat geen aandeel in die Supertwaalf gehad het nie, ook daar. January het voorheen reeds deeglik bewys dat sy oordeel hom in die steek laat sodra hy in groter geselskap sy man moet staan. Willemse, wat vroeg in vanjaar se Supertwaalf in aksie was, was die kluts op die verdediging heeltemal kwyt.

White, wat die indruk van ‘n beterweterige skoolmeester skep, het sy keuses op grond van lojaliteit teenoor verlede jaar se spelers probeer regverdig. Dis nie heeltemal duidelik wat lojaliteit met prestasiebeoordeling te doen het nie. So byvoorbeeld het Marius Joubert ‘n beroerde seisoen agter die rug. Hy het verskeie kritieke doodvatte in die Supertwaalf gemis en het min deurdringingsvermoë op die aanval getoon. White se lojaliteit het skynbaar genoegsaam gekompenseer vir sy onbeholpe spel om hom sy plek in die span te laat behou.

Tonderai Chavanga, wat totaal uit sy diepte uit was in die Loftus-stryd, het ook White se uitsoekspan gehaal. Verskeie van my Kaapse vrinne het laat weet dat hulle hulle koppe in skaamte laat sak oor die span.

Onder die Bulls wat in die Bokspan moes gewees het, tel Johan Roets en Richard Bands, wie se spel van krag tot krag gegaan het, JP Nel en Ettiene Botha, wat White se drie Springboksenters se naam verlede Saterdag op Loftus gat gemaak het, en Stampkar Leonard, wat sy kritici in die tweede helfte van die Supertwaalfreeks stil gespeel het. Leonard kon as plaasvervanger-kaptein handig te pas gekom het as John Smit se onsekere vorm voortduur.

Spelers soos Schalk Burger, wat verlede week sy soveelste dom-blond-vertoning van sy kort loopbaan gelewer het, sal sy sokkies moet optrek. Die Bulls se losvoorspelers was hom een voor. Dis veral Jacques Cronjé wat hom ‘n les of twee in kragspel gegee het.

White se medekeurders, die hoogsonbekende Peter Jooste en Ian McIntosh, sing skynbaar uit dieselfde psalmboek as White. McIntosh het die afgelope twee maande vir Dick Muir bygestaan met die afrigting van die Sharks. Die kombinasie het nie veel uitgerig nie, want die Sharks het verlede Saterdag die houtlepel verower toe hulle nie die Cats in hulle finale botsing van die reeks kon klop nie.

Dit is wel so dat ‘n speler nie op grond van een goeie wedstryd gekies behoort te word nie, maar nou is dit ook so dat die Stormers die hele seisoen al droogmaak. Boonop het die WP verlede seisoen in die halfeindronde van die Curriebeker teen die Vrystaat slae gekry. Nogal op ‘n nat Nuweland. Tóé het die verskonings al kophoogte rondgevlieg.

Nee wat. Die vraag is: Hoeveel genadebrood gaan die Joe van Niekerks en Lawrence Sephakas van hierdie wêreld nog op ‘n skinkbord kry?

In sy perskonferensie oor die span sê Jake dat Uruguay oor ‘n gedugte pak voorspelers beskik. Dit baan natuurlik die weg vir Big Joe en Kleinschalk om met puik vertonings te bewys dat hulle die beste in hulle posisie in die land is (sic). En Marius Joubert sal ook seker weer sy beste vorm herwin teen ‘n land wie se rugbyspan uit spelers bestaan wat te min balvaardighede het om sokker te speel.

Jake sê ook dat die eerste wedstryde teen Uruguay en Frankryk baie taai gaan wees en dat hy graag met makliker wedstryde sou wou begin. Wie’t jy in gedagte gehad, Jake? Lapland en Groenland?

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 20 Mei 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.