Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hier kom ‘n riller!

Blou Bul Braampie

Dis soos in die ou dae. Toe die Bulle nog Noord-Transvaal was en die Stormers WP. Die hele week word daar net sport in die teekamer gepraat. Dis deesdae nie net rugby nie. As dit nie die slag van Loftus is nie, is dit die tweestryd tussen Pirates en Chiefs om die sokkerliga se boonste sport. Maar dis al vir my asof die rugby hierdie week die botoon voor. Destyds was dit die hordes WP-ondersteuners wat uit die kas uit kom en hulle gestreepte speelpakkies aantrek. En snoek by Hoxies gaan koop wat hulle die Vrydagaand voor die wedstryd braai terwyl hulle mymer oor gesogte betrekkings in die Kaap wat so amper hulle s’n was. Nou is dit die swart outfits, die Men in Black.

Aan die ander kant is die Bulls-ondersteuners, nes in die goeie ou dae, die duiwel in vir die afrigter en die keurders wat die Kapenaars voortrek en nie die meriete van die Bulls se kragspel wil raaksien nie. Wat het Jake the Snake teen die Bothas? Hulle is tog nie familie van PW nie.

Heynecke Meyer is nou wel nie Buurman van Zyl nie en Anton Leonard ook nie Thys Lourens nie, maar hulle aandele het darem vinnig geklim vandat hulle met rooi gesigte van die toer Doeronder teruggekeer het. Toe was dit nag met die laksmanne wat al werksadvertensies wou begin plaas vir ‘n nuwe afrigter. Die ondersteuners was ook nie baie gelukkig met Stampkar Leonard en sy dom voorosse nie. Gelukkig het die wiel vir hulle betyds gedraai.

Loftus was nog altyd ‘n getroue bondgenoot vir die Bulle. Op die ou end hang dit egter tog maar van die spelers af wat op die veld gebeur. Geen afrigter kan werklik ‘n wedstryd van die kantlyn af beheer nie. Juis daarom voel ek jammer vir Carel du Plessis, wat hierdie week sy baadjie by Nuweland moes vat en loop. Carel het diep spore daar getrap, maar soos dit maar met alle afrigters in die beroepsomgewing gaan, is kritici volop en genade min.

Ek was twee jaar gelede ‘n persbankgetuie toe die Bulls se wiele op Loftus afgekom het. Gert en Carel het die Bulls net-net geklop. Victor Matfield, wat die Bulls die dag aangevoer het, kon die wedstryd gelykop laat eindig het as hy ‘n kritieke laaste-minuut-strafskop pale toe laat skop het. Hy het besluit om vir die drie te gaan en die res is geskiedenis.

Gert en Carel was nederig in die oorwinning. Hulle het elke oomblik geniet sonder om hulle opponente te koggel. Die andersins stemmige Carel het onophoudelik geglimlag. Sy planne agterlangs het die Bulls koudgesit.

Ek glo môre gaan ‘n grote wees. Die Stormers is bleddie gevaarlik as hulle toelgelaat word om rugby te speel. Vir hulle is die groot Supertwaalfskaakspel verby. Bonuspunte maak nie meer saak nie. Boonop het hulle Jake White se vertroue om te verdedig.

Die Bulls, aan die ander kant, het reeds gehoor dat hulle nie goed genoeg is om in Jake se span/vriendekring opgeneem te word nie. Ek glo hulle gaan voorlangs probeer om alles te oordonder. Slaag hulle om beheer te behou, staan daar net een man tussen hulle en ‘n semifinaal teen die Waratahs. Klein Schalk Burger sal moet wys dat al die eer wat hom die laaste paar maande toegekom het, geregverdig is.

Die Bulls kan, soos soveel kere in die Curriebekergeskiedenis, hulle onderskatte agterlyn inspan om die Stormers se verdediging te beproef. Bryan Habana en Akona Ndungane het vanjaar al die beste verdedigers in die lug laat gryp. Daar is geen rede hoekom hulle dit nie ook môre kan doen nie.

As ek my nek moet uitsteek, gaan my stem vir die Bulls. Maklik sal dit nie wees nie. En moenie verbaas wees as die Stormers se agterlyn eers twee of drie keer deur die Bulls kerf voordat die Kapenaars se voorhoede die handdoek ingooi nie. Hier kom ‘n riller!



LitNet: 12 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.