Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat Antoinette Kellerman en die ideale Supertwaalfspeler gemeen het

Blou Bul Braampie

Die vermoë van SARFU om oornag chaos te skep is verbysterend. Dit was van meet af duidelik dat die toekenning van die vyfde franchise moeilikheid gaan veroorsaak. Die vraag bly steeds: Hoekom ‘n paneel van “deskundiges” aanstel en hulle R40 000 per kop betaal as jy weet dat daar net een antwoord vir die som mag wees?

SARFU het gebruiklikerwys die franchisekwessie opgemors. Pleks van nou maar die een franchise aan die Oos-Kaap toe te ken en die gevolge te dra, het hulle die politieke slagordes uitgetart en dit aan die Vrystaat toegeken. ‘n Mens hoef nie bloedfamilie van Siener van Rensburg te wees om te kon voorspel dat die hel sou losbars nie.

Hoewel die Oos-Kapenaars nog nie veel gedoen het om te bewys dat hulle rugby kan speel nie, kan daar tog ‘n saak uitgemaak word vir die verbreding van die talentbasis. Kyk maar hoe goed het Akona Ndungane vir die Bulls vertoon en watter ster Bryan Habana geword het. Die enigste manier waarop ons die kannibale van die Suidsee-eilande sal kan troef, is met Afrika-talent. Dit sal egter ‘n wetenskaplike ontwikkelingsplan verg – iets wat ver bo SARFU se vuurmaakplek is.

Van die Suidsee-eilande gepraat: hulle spelers is besig om die Nieu-Seelandse franchises oor te vat. Die All Blacks leef in ‘n droomwêreld as hulle dink dit is Nieu-Seelandse rugby wat so sterk is. Was dit nie vir die sterre van die Suidsee nie, was All Black-rugby vandag baie ver agter die res van die wêreld. Wat die Suidsee-brigade nodig het, is ‘n Mandela om hulle te bevry van die Nieu-Seelandse juk.

Die vraag is dus wie die franchises moes gekry het. My siening is dat die Bulls en die Cats maar moes saamgesmelt het. Ek kan nie ‘n saak uitmaak vir twee franchises wat skaars 60 km uit mekaar uit is nie. (Dié stelling gaan my seker die helfte van my vriendekring kos, maar ek hou daarby.)

Iets anders. Verlede naweek vra ‘n vriend my hoe lyk die ideale Supertwaalfspeler. Dis ‘n moeilike een, maar wat ek wel weet, is dat hy die eienskappe van Antoinette Kellerman moet hê. Dis reg. Antoinette Kellerman – die actress.

Met die afgelope KKNK val sy tydens ‘n opvoering van Romeo en Julia en breek haar gewrig. Sy voltooi die opvoering sonder dat een van haar medespelers dit agterkom – dit terwyl sy in intense pyn verkeer. Sy voltooi ook die res van die speelvak sonder om ‘n issue van die besering te maak.

Sy speel twee groot rolle binne die bestek van een week. In die proses onthou sy duisende woorde, asook honderde bewegings en regisseursinstruksies. Gedurende die week maak sy minder foute as wat sy vingers het. Die foute word soomloos gekorrigeer sonder dat 99 persent van die gehoor dit agterkom.

Die gemiddelde Supertwaalfrugbyspeler, daarenteen, word onmiddellik vervang as hy seerkry. Die meeste voorspelers kan nie ‘n handjievol lynstaantekens onthou nie, en die agterspelers raak deurmekaar as hulle meer as vyf ingeoefende bewegings moet onthou. Foute wat met eentonige reëlmaat gemaak word, soos die mis van doodvatte, word daaraan toegeskryf dat die spelers menslik is. Maak dit hulle anders as Kellerman?

Boonop verdien Kellerman vir haar sprankelende spel in een week wat die meeste Supertwaalfspelers in een helfte van rugby verdien. Baie van hulle bring die helfte op die reserwebank deur omdat die afrigter bevrees is dat die speler homself gaan uitbrand. Vir Kellerman is daar geen reserwes op die reserwebank nie. Uitbrand is ook nie deel van haar woordeskat nie.

Die antwoord op die vraag oor die ideale Supertwaalfspeler is dus die volgende: ‘n speler moet die rugbybrein van ‘n Fourie du Preez, die spoed van ‘n Bryan Habana, die moed van ‘n Werner Greeff en die verdedigingstalente van ‘n De Wet Barry hê. Voeg al hierdie talente saam in die profiel van ‘n Antoinette Kellerman en ons wen die Supertwaalf.

Oor die naweek se rugby: as die Bulls vir Byron Kelleher en Sione Lauaki kan vasvat, is hulle ‘n duimnael van die Supertwaalf-semifinaal af. Die gure weer wat vir die naweek voorspel word vir Pretoria, asook die Chiefs se vermoë om ‘n wedstryd los te torring, kan die gees van afwagting wat die afgelope twee weke in Pretoria heers, in ‘n oogwink demp. Ek dink die Bulls gaan deurskraap, maar dit gaan nie maklik wees nie.



LitNet: 22 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.