Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie week se towerwoord: "Kondisionering"

Braam van der Vyver

Dis wonderlik hoe elke Springboknederlaag sy eie, gewoonlik unieke, verskoning oplewer. Hierdie week is die towerwoord kondisionering, en die krediet daarvoor moet gaan aan Derrick Coetzee, die Bokke se fiksheidsafrigter. Dit was 'n absolute wonderwerk hoe vinning die woordjie kondisionering soos 'n veldbrand versprei het nadat Coetzee dit uit die mou gelaat het. Ek sien selfs in vanoggend se Beeld dat ons eie, geliefde Blou Bul-afrigter Heynecke Meyer ook op die lawaaiwa gespring het en 'n uitspraak gemaak het oor kondisionering. Ek glo dat Coetzee met so 'n trefferverskoning nog lank op die Bokke se betaalstaat sal wees. Dis vreemd dat niemand voor die toer enige kommer uitgespreek het oor kondisionering nie.

Die Springbokke se toesighoudende sielkundige, Henning Gericke, het ook nie op hom laat wag nie en sielkundige kondisionering bygesleep.

So hierdie week kondisioneer die Bokke dat die byle huil.

Die Bokke se gesukkel was eerder die gevolg van voorspelers wat nie hulle werk doen nie. Die probleem is vererger deur die verkeerde taktiek wat Jake White gebruik het. Ek glo - en dis net 'n mening - dat White se neiging om die voorspelers onmiddellik na die beëindiging van die vaste faset in 'n waaierformasie op die verdediging te plaas, die hoofoorsaak van ons probleme is. Daar bly te min voorspelers by die kontakpunt oor om skoon te maak. Geen wonder dat die Engelse agtsteman, Joe Corry, nadat hy die bal agter die Engelse skrum opgetel het, genoeg tyd gehad het om op te kyk en sy aanvalskanaal uit te werk nie. Fourie du Preez is nou wel 'n groot skrumskakel, maar hy kan beslis nie manalleen drie voorspelers stuit nie.

Die Bokke se verdedigingspatroon was ook nie na wense nie. Hoekom vir De Wet Barry toelaat om in te storm as die verdedigingspatroon soos 'n Sjinese waaier uitgesprei word? Die gaping wat Barry oopgelaat het, was vir Hodgson 'n uitnodiging om te gaan druk.

Die "nuwe" span waarmee White die Skotte aandurf, bied aan hom 'n heerlike verskoning as dinge nie uitwerk nie. Wen die span, sal White waarskynlik die diepte van sy span van die kranse af prys. Vir my is daar egter min verskil tussen die span wat op Twickenham gespeel het en die een wat op Murrayfield gaan opdraf. Die enigste verskil is dat die ooglopende probleem wat Eddie Andrews op vaskop geskep het, opgelos is. Voor die toer het almal saamgestem dat die oorwinning oor die Skotte net 'n formaliteit sal wees. Daar is geen rede om van die voorspelling af te wyk nie.



LitNet: 26 November 2004

Wil jy reageer op hierdie sportrubriek? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.