Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wolk van onreg hang oor Bokke

Blou Bul Braampie

Ek probeer al die laaste week hard om entoesiasties te raak oor die Bokke se toer na die Britse Eilande, maar ek is bevrees ek kan myself net nie tot opgewondenheid beweeg nie. Miskien is dit die wolk van onreg wat oor die span hang wat my entoesiasme demp.

Jake White se amateuragtige pogings om die insluiting van Bobo bo Ettienne Botha te regverdig was werklik lagwekkend. Dit is insiggewend dat al die benadeeldes uit die noordelike provinsies kom. Benewens Ettienne en Gary Botha moes Wickus van Heerden, Richard Bands en Pedrie Wannenburg ook daar gewees het. Dis skokkend om te dink dat die drie beste hakers in die land nie op die toer sal wees nie - Gary Botha, Schalk Britz en Naka Drotské vir dié wat dink dit is 'n wilde stelling.

3Die vraag is, wat moet Ettienne Botha nóg doen om vir die Bokke gekies te word? Ek stel voor hy nooi Jake om by sy ou skool te kom praat. Die uitnodigings werk goed vir die Kaapse spelers, dalk kan dit ook vir hom werk.

Vir diegene wat mag dink dat ek teen kwotas en regstellende aksie is, julle is verkeerd. Ek dink dis 'n puik idee om die talentbasis te verbreed, en ons Afrikaners het mos maar soms 'n hupstootjie nodig, maar dis nie nodig om belaglik te raak nie. En om vir Bobo te kies verskuif die grense van belaglikheid.

Dis ironies dat die Cheetahs meer voorspelers in die Bokspan het ten spyte van die feit dat die Bulle woer-woer met hulle gespeel het. Die Bulle se oorheersing van die Curriebeker die afgelope drie jaar het geen indruk op Jake gelaat nie. Hy het nog maar steeds sy vriendekring en die Minister se kwotaspelers gekies.

Jake kan gerus terugdink aan wat met die Wêreldbekerkrieket gebeur het. Suid-Afrika het sy voorkeurspan gekies en die ander vyf plekke aan kwotaspelers afgestaan. Toe Shane Warne nog boonop uit die Aussies se span onttrek, was die pad oop vir Suid-Afrika - altans so het ons gedink. Toe Allan Donald skielik nie die mas opkom nie, kon geeneen van die politieke kandidate sy plek behoorlik volstaan nie. Die gevolg was 'n vroeë exit. Dieslfde kan met Jake gebeur. Onreg het daardie manier om jou in te haal as jy dit die minste verwag. Ek dink hier aan 'n kwarteindrondewedstryd teen Ierland in 2007, of so iets.

Ek glo Jake se geluk sal nou hou. Die feit dat hy nie die flambojante Franse op sy toerprogram het nie, red waarskynlik sy vel. Wen die Bokke, soos wat ek verwag die geval gaan wees, gaan Jake ikonstatus geniet. Ek glo egter die spook van Ettienne Botha sal een of ander tyd toeslaan en die seepbel van Jake en sy vriendekring prik.

Alhoewel die Bulle toe die Curriebekerfinaal speel-speel gewen het, het die Cheetahs goeie veggees aan die dag gelê. Ek het tussen die Cheetah-ondersteuners gesit en was beïndruk met hulle ondersteuners se goeie sportmangees en sportvrougees. John Kerry kon nie met meer styl verloor het nie. Dalk kry hulle onder Rassie weer eendag 'n wenkans.

Wat die Bokke se wedstryd teen Wallis betref, dink ek nie die Bokke sal sukkel om by die Jones-ouens te bly nie. My voorspelling is 'n oorwinning met 15 punte.



LitNet: 05 November 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.