Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die geskiedskrywers kan maar nader staan

Blou Bul Braampie

Ek dink ek was seker verlede Saterdag die enigste ou in die land wat getwyfel het dat die Bokke gaan wen. Elke ou wat ek raakgeloop het in die strate van Pretoria het voorspel dat dit 'n maklike oorwinning gaan wees. Die tellings in die rugbyraaikompetisie waaraan ek deelgeneem het, het hierdie optimisme weerspieël. Ek het die Bokke met een punt laat wen. Toe die eindfluitjie blaas, moes ek, ongelowige Thomas, erken dat ek Jake White se afrigtingstalent onderskat het.

Big Joe en Bolla het maalvleis van my kritiek gemaak, terwyl die manne van Paarl Gimmies amper man-alleen met die gedugte All Blacks afgereken het. Asof dit nie genoeg was nie, het Big Joe my mond tjoepstil gespeel.

Hierdie week lê die Wallabies voor. Voor die All Blacks-stryd het Jake gesê die Wallabies sal ons nie kan stop as ons met die All Blacks afreken nie. Ek is geneig om met hom saam te stem. Ons is nou so naby aan 'n Drienasiekroon dat die meeste van ons spelers deur 'n muur sal hardloop. Die insluiting van AJ in die beginspan dui daarop dat ons 'n totale aanslag op die voorspelers van die Aussies gaan loods. Ek glo dat dit, tesame met 'n goeie dosis smoorverdediging, die regte resep is.

Ons moet egter nie verwag dat die manne van Doeronder sommer sal gaan lê nie. Van dinkrugby kan min ouens hulle iets leer, en Fast Eddie is die glibberigheid vanself. Die keuse van AJ behoort 'n goed-genoeg teenvoeter te wees vir die Wallabie-buksies se grondspel. Kleinschalk speel boonop elke week beter, so die losbal behoort nie te veel van 'n probleem te wees nie.

Ek glo dat ons weer vir Big Joe sal gebruik om wye aanvalle te loods. Dit sal, soos verlede week, die weg baan vir hoëspoed-aanvalle in Larkham se kanaal. Volmaakte balretensie sal, soos verlede week, nie opsioneel wees nie. Slaag Bolla boonop daarin om vir Georgie Gregan in toom te hou, kan die Wallabies op die agtervoet vasgepen word.

Ons wenkans moet op 60 persent geskat word, mits ons die nodige dissipline aan die dag lê. 'n Geel kaart of twee kan egter enige van die spanne se partytjie bederf. Die Wallabies is self nie engeltjies nie. Veral Justin Harrison is 'n deurtrapte skoorsoeker wat die Bokke deurentyd sal probeer ontstig. Hou ons ons oog op die bal, behoort ons hopeloos te veel ammunisie vir hulle te hê.

Ek kies die Bokke om met 12 punte te wen. Ek dink die opwinding van die oomblik, tesame met 'n ballistiese Durbanse skare, gaan die Wallabies soos 'n Shane Warne-flipper boul. Die geskiedskrywers kan maar nader staan. Ons eerste Drienasietitel van die ook-nie-meer-so-nuwe millennium is so te sê in die sakkie.



LitNet: 19 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.