Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jake White: Meestertaktikus of teekamer-afluisteraar?

Blou Bul Braampie

Na die aankondiging van die Bokspan waarmee Jake White Saterdag teen die All Blacks wil begin, kon jy my met 'n veer omtik. Het ons hier met 'n meestertaktikus te doen of met iemand wat sy ore uitgeleen het in Paarl Gim se teekamer?

Die een oomblik sing hy lofliedere oor die spel van Fourie du Preez en die volgende oomblik is die jong held op die bank. Hoe rym dit dan? Om verder die yster van die Moot, Jacques Cronje, met Big Joe te vervang is gekheid. Die Springbokke kan net sowel "Hospitaaltyd" op die ou wysie van Afrikaanse radio sing nadat die All Blacks die haka gedoen het. Julle onthou mos nog die liedjie wat altyd aan die begin en einde van die gewilde versoekprogram van toentertyd gespeel is. Of dalk verwag die span 'n groot borgskap van Discovery Medies af.

Dis nog nie al nie. Nou is Gerrie Britz op flank. Met vier erkende lynstaanspringers probeer White die onbeheerde ingooie van John Smit regdokter. Die hele span word verander om die teddiebeer-kaptein se geluk te red. Arme ou AJ was skaars onder die indruk dat sy rugbyloopbaan weer op koers is, of hy bevind homself weer tussen groot talent op die bankie.

Tot dusver het Jake nog die simpatiestem van die volk gekry, maar ek bemerk 'n krapperigheid onder die rugby-ondersteuners. Oorsee sou hulle nog skik vir 'n goeie verloor, maar op tuisbodem gaan dit lol as Jake nie kastaiings uit die vuur uitkrap nie.

Na die naweek se Curriebekerwedstryde het daar 'n paar aspekte duidelik na vore getree. Eerstens kan geen afrigter wat reg wys is, vir Gary Botha langer uit die Springbokspan weglaat nie. Teen die agtergrond van John Smit se patetiese ingooiwerk en Victor Matfield se herinsluiting in die span, moes Jake tog maar vir Dawid Brits ook in sy 22-tal ingesluit het. Geen haker het hierdie seisoen nog vir Victor Matfield so gereeld gevind as juis Brits verlede week op Nuweland nie. nie. Ongelukkig vir WP het Brits in hulle kleure opgedraf. Op 'n ernstiger noot: Quinton Davids was, behalwe vir sy goeie drie, nie 'n faktor in die wedstryd nie. Wat maak hy nog in die Springbokgroep? En waar is Christo Bezuidenhout? Hy het immers op Ellispark vir Faan Rautenbach geskrum dat Rautenbach se poepstring langs sy mangels gesit het.

Voorts het Derick Hougaard op Nuweland vir Gaffie du Toit 'n skoplessie gegee. Nadat Gaffie verlede week herhaaldelik vir die media vertel het dat Hougaard te ver agter die voordeellyn speel, was dit hy wat gevou het toe die Bulle die druk begin toepas het. Voor die druk het hy wat Gaffie is, soos gewoonlik, eers met twee maklike strafskoppe ge-"choke". Al sy wyshede in die media het binne tien minute in sy gesig ontplof. Carel du Plesis, wat die hele tyd ou Gaffels se kritiek teen Hougaard beaam het, het lelik geslip om die "choker" op losskakel te gebruik. Sy eksperiment met die Matie-blits het toe ook nie gewerk nie. Ek het soos menige ander Blou Bul-ondersteuner baie rustiger geslaap toe die onderskepkoning, Pieter Rossouw, nie deur WP vir die wedstryd gekies is nie. Rossouw is steeds een van die beste organiseerders van 'n agterlyn in die land. Boonop is daardie seekatarms altyd in die pad nes die opponente dink hulle het 'n oop doellyn.

Die Bulle se pak was kookwater, met niemand beter as Gary Botha en Danie Rossouw nie. Geo Cronje was ook 'n stille toring van krag. En soos Naas gesê het: op die einde van die dag bly daar min dinge in die lewe wat lekkerder is as om die WP op Nuweland pak slae te gee.

Ons skeidsregters was weer verlede naweek hulle vrot self. Tappe Henning het 'n totale fokop gemaak toe hy die drie teen die Arende toegeken het nadat die Sharks die oermoeder van alle onopsetlike onkante gepleeg het, en op Nuweland was niemand tevrede met Mark Lawrence se blasery nie. Dit beteken gewoonlik dat die skeidsregter óf baie goed óf baie swak geblaas het. In hierdie geval dink ek nie al twee spanne en 20 000 toeskouers kan verkeerd wees nie. Lawrence, wat normalweg redelik goed blaas, was die kluts kwyt. Dit is my respekvole mening dat ons nie die skeidsregters van Doeronder kan kritiseer as ons eie manne so vrot blaas nie.

So het die Bokke Saterdag 'n kans? Wel, ja. My pa van 80 glo dat enige span met 15 spelers op die veld 'n kans het. Die vraag is of ons verswakte verdediging ons nie gaan sink nie. Ek dink White het Big Joe gekies om die All Blacks met selfs nog meer venyn aan te val. Hy is glo gekies omdat hy op onverwagte plekke opduik. Om egter twee van sy voorste aanvallers (en beste verdedigers) na die bankie toe te relegeer, is vir my onverskoonbaar. Tensy die spook van Hansie Cronje loop (en daar is baie rugbykenners wat beweer dat dit wel die geval is) gaan die Bokke weer slae kry.



LitNet: 11 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.