Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suid-Afrikaanse rugby: Hou hart, hou!

Blou Bul Braampie

Sjoe, wat sê 'n mens na so 'n naweek? Eers verloor die Bokke letterlik in die laaste minuut en toe weer die Bulle. Hoe hou 'n mens se hart so iets?

Die Bokke moes gewen het. Na so 'n bulvertoning wil ek liefs nie spelers kritiseer nie, maar daardie ingooiflater van kaptein John Smit was die keerpunt. Nietemin het Smit vir die eerste keer in sy internasionale loopbaan na 'n Springbok gelyk.

Ek skryf die Bokke se sukses toe aan die positiewe sielkundige ingesteldheid wat White en sy kopdokter, Henning Gericke, by die spelers bewerkstellig het. Dit lyk of hulle daarin slaag om van gemiddelde spelers reuse te maak. Dis 'n verskynsel wat ek selde in die 40 jaar wat ek met rugby gemoeid was, gesien het. Oorle oom Buurman van Zyl was natuurlik die meester op daardie gebied. Ander afrigters wat dit reggekry het, was Salty du Rand van Pretoria-rugbyklub en die ou Bloubul-heelagter, Olaf de Meyer, op koshuisvlak. Ek glo dat as De Meyer se florerende strafregpraktyk hom nie uit afrigting gedwing het nie, hy een van die heel grootstes op daardie gebied sou word. Die man is 'n motiveerder met uitsonderlike talente. Ek het met my eie oë aanskou hoe De Meyer die muggiespan van Regshuis in 'n monster verander.

Ewenwel, White het die volk teen verlede Vrydag wonder bo wonder oortuig dat sy span 'n wenkans het. Ek moet bely dat ek maar skepties was. Vir my was daar net te veel swak skakels in die verdedigingspatroon. Soos White egter voorspel het, het sy span soos reuse verdedig. Dit sou groot geskiedenis gewees het as die span wat feitlik die hele tweede helfte net moes tackle, die oorwinning kon beklink het. Die feit bly egter staan dat Jake SA rugby in 'n kort rukkie weer op koers geplaas het. Hoede af vir hom en sy afrigtingspan. Ook vir AJ en Albert van den Bergh, wat uit die spreekwoordelike rugbydoderyk teruggekeer het en hulle man gestaan het.

Die Wallabies is egter 'n perd van 'n ander kleur. Hulle het nie net flair nie, hulle is boonop meesters van die teenaanval. Ek dink ons gaan hulle voor vasvat; dis egter agterlangs wat hulle geoliede agterlyn ons kan skrikmaak. Met verlede jaar se wentoets op Nuweland in die agterkop kan verwag word dat De Wet Barry met mening vir hulle sal gaan. As hy nie 'n kaart kry nie, glo ek hy kan hulle agter die voordeellyn vaspen. Die sleutel tot ons sukses lê egter in Percy se vermoë om die Wallabies se taktiese skopwerk te neutraliseer. Die Wallabies se voorliefde vir goedgeplaaste taktiese skoppies is iets waarmee ons moet rekening hou. Ek is seker White en sy helpers sou die Wallabies se gesukkel teen die All Blacks twee weke gelede deeglik bestudeer het. Hierdie keer draf ons as kortkop-gunstelinge op die veld.

Die vrot Suid-Afrikaanse skeidsregters het verlede naweek se Curriebeker-rugby gedomineer. Die Pumas is deur twee skeidsregterbeslissings gesink, terwyl die Bulle deur 'n grensregter uitgeklop is. Dis ironies dat dit feitlik altyd die noordelike spanne is wat benadeel word. Die grensregterbeslissing van Deon van Blommestein was maar net nog een van 'n reeks beslissings teen die Blou Bulle die afgelope agtien maande. Freek Burger sal seker te vertel hê dat 'n oudskeidsregter vir Van Blommestein geëvalueer het en dat hy 98,3% vir sy optrede gekry het. Die bottom line is dat SA rugby benadeel word deur hierdie onbevoegde beamptes wat feitlik altyd 'n Kaapse konneksie het. Dit is hoog tyd dat Brian van Rooyen hierdie Kaapse greep op skeidsregtersake verbreek. Tóé Brian, skop daardie katnes uit mekaar uit.



LitNet: 29 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.