Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rugbypolitiek eis sy tol

Blou Bul Braampie

Rugbypolitiek is al weer besig om sy tol onder die Springbokke te eis. Dis nogal jammer, want die Bokke het verlede Saterdag getoon dat hulle na twee jaar in die Straeuli-woestyn uiteindelik weer 'n konstruktiewe wedstrydplan onder die knie het.

Die Bokke se vertoning in die eerste 50 minute van verlede Saterdag se botsing teen die ysters van die Suidsee was meesterlik. Ek wil nie die kans waag om te veel in die oorwinning in te lees nie, maar die span het vir die eerste keer in donkiejare gekliek. Ons agterlyn het sy aanvalspotensiaal ten volle uitgeleef, iets wat die awesome All Blacks se oog moes gevang het. Die drieë wat die Suidseespan in die laaste 20 minute gedruk het, bekommer my nie soveel nie. Ons gebrek aan dekverdediging bekommer my wel. As ons vir Howlet en sy makkers so los laat rondhardloop, gaan ons skandes maak.

Ek het al voorheen geskryf dat die meeste rugbywedstryde deur voorspeleroorheersing gewen word. Die All Blacks se vaste vyf lyk, om die minste te sê, gedug. Dit is van kardinale belang dat ons beste vyf teen hulle opdraf. Die blote gedagte dat Albert van den Berg as 'n beginslot gekies gaan word, laat my hare rys. Hy is op sy beste 'n gewillige klubslot. Wanneer daar regtig gedryf word, fladder Albert meesal soos 'n vlieër saam. As die gerugte waar is dat SARVU vir Victor Matfield huis toe gestuur het omdat hy in 'n kontraktuele dispuut met die rugbybase betrokke is, is ons dopppie geklink. Hoewel ek glad nie 'n Matfield-ondersteuner is nie, moet hy na die uittrede van Martin Johnson as die beste balsteler in wêreldrugby beskou word. Met Richie McCaw op die kantlyn kon Matfield die All Blacks se lynstaanbesit erg geknou het. Hoekom noem ek McCaw? Juis omdat hy soos 'n getroue vullisverwyderaar al die swak lynstaanballe vir die Nieu-Seelanders herwin.

Om sake te vererger lyk dit of Geo Cronjé ook op die SARVU-swartlys is. Cronjé het verlede jaar in die ooreenstemmende wedstryd in Dunedin gewys dat hy mans genoeg is om die All Blacks aan te vat. Hoekom White nie hierdie jong reus inspan nie, sal net hy weet. Al wat ek weet is dat AJ Venter en Van den Berg nie een opgewasse is om vir Bakkies Botha behoorlik in die dryfbewegings by te staan nie. En kom ons wees eerlik: Bakkies is ook nie 'n lynstaanman wat vir die volle duur van die wedstryd die kritieke balle kan wen nie.

Voorts sal dit ook belangrik wees om te sien watter losvoospelers White laat begin. Soos negentig persent van die rugbypubliek sal ek nie eers oorweeg om met Joe van Niekerk te begin nie. White se beheptheid met dié speler kan 'n rookskerm wees. Dit lyk egter eerder vir my of hy Van Niekerk se vaart wil benut om vir Carlos Spencer agter die voordeellyn rond te jaag. Of 'n onfikse Van Niekerk hierdie resep kan laat werk, sal maar gesien moet word.

Ek het 'n snaakse voorgevoel oor Saterdag se wedstryd. My linkerbrein sê vir my dat die Bokke groot slae gaan kry. Aan die anderkant betoog my regterbrein dat White 'n wedstrydplan ontwikkel het wat die All Blacks kan ontsenu.

So wat probeer ek sê?

My ondervinding is dat wedstrydplanne jou vir 60 minute kan dra. Daarna neem brute krag en onverdunde talent oor. Ek kies die All Blacks om met nege punte te wen.



LitNet: 22 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.