Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rugbykruistog na die Suidsee: Letsels en teleurstellings

Blou Bul Braampie

Dit gaan drie moeilike weke wees - en nie net vir Jake White nie. Die Bok-ondersteuners gaan waarskynlik binne vyftien dae drie keer deur die hekke van die hel moet leopard crawl. 'n Rugbyskrywer hoef nie 'n vakleerlingskap by Siener van Rensburg te gedoen het om te besef dat letsels en teleurstellings 'n onvermydelike newe-effek van hierdie rugbykruistog na die Suidsee gaan wees nie.

Die span van die Suidsee-eilande mag nou wel, soos White uitgewys het, broos wees op verdediging in die derde en vierde fase, maar aan flair en waagmoed skiet hulle geen tekort nie. Met supersterre soos Sivivatu en Lauaki aan die spits, sal die Bokke nie net hulle keer moet ken nie. Hulle sal ook moet rekening hou met die Suidsee-Bulle se onversadigbare aptyt vir vreeslose kontakrugby en skouerhoogte-plettervatte.

White loop breëbors ná die Bokke se triomftog teen Ierland en Wallis. Hoewel hy die span met vertroue geskommel het, is daar tog 'n paar van sy spankeuses wat baie verdag lyk. Eerstens het hy die ou karperd AJ Venter ingespan om Sione Lauaki in toom te hou. Ek was vir baie lank 'n AJ-ondersteuner, maar hy het my nog elke keer gedrop. Sy geneigdheid om op gemene spel terug te val as sy span begin sukkel, is wyd gedokumenteer. Hy is boonop ook nie vinnig genoeg om by die trippelende Suidsee-superster te bly nie. As Jacques Cronjé en Kleinschalk nie gaan help keer nie, kan Lauaki die Bokke se verdediging na koekstruif laat lyk.

Agterlangs is daar minstens vier van die Springbokke wat ook maar dun is op die verdediging. Die skakelpaar en die vleuels is nie een as 'n dodelike plettervatter bekend nie. Ek glo die Bokke gaan op die senters staat maak om die opponente se balle in die middelveld te smoor. De Wet Barry is die beste smoorverdediger in die wêreld vandag. Die manne van die Suidsee sal eers by hom verby moet kom voordat hulle aan aanval kan begin dink. Werk hulle oorslaanaangeë, sal ons vleuels hulle keer moet ken.

White lyk nie baie skrikkerig vir die manne van die Suidsee nie. Hy glo tereg dat ons voorspelers hulle met oordeelkundige dryfbewegings op die agtervoet kan hou. Met goeie balbesit is die Bok-agterlyn net so gevaarlik as sy All Black-eweknie. Met die gevestigde senterkombinasie van Joubert en Barry om die opponente se lyn te breek, kan die Suidsee-eilande hulle maar regmaak om vir tagtig minute te verdedig. As hulle dink dit is net hulle wat die ganspassies en trippellopies gaan uitvoer, maak hulle 'n groot fout.

Laastens wil ek tog maar die vraag vra oor Joe van Niekerk. Big Joe was in die wedstryd teen die Leeus 'n vae skaduwee van die speler wat 'n rukkie gelede nog as een van die wêreld se bestes beskou is. Hoewel die kommentators gepoog het om sy spel op te pomp, was hy waarskynlik die swakste van die losvoorspelers op die veld. Ten spyte daarvan dat die WP-afrigter, Carel du Plessis, asook Joe self, van mening is dat hy nie reg is vir toetsrugby nie, dring Jake aan dat hy by die span moet aansluit. Vir Geo Cronjé word gesê dat hy hom nie net vir twintig minute se speeltyd wil oorbring na Australasië nie. Dis baie lank laas dat ek gesien het dat 'n afrigter soveel bewondering vir 'n speler het. Ek meen dis juis hierdie bewondering wat Jake nog duur te staan gaan kom.

Nietemin glo ek dat die Bokke se voorspelers genoeg sal doen om ons talentvolle agterlyn aan die beweeg te hou. Ek kies die Bokke om met twaalf punte te wen.



LitNet: 15 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.