Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Blou Bul Braampie gee ’n oorsig van die Bokke se reeks teen die Iere

Blou Bul Braampie

Ek merk toe verlede week die redakteur sê ek het my deuntjie verander oor Jake White. Dalk is hy reg. Ek het oor die afgelope drie weke gevoel hoe my gemoedstoestand van versigtig-pessimisties na versigtig-optimisties verskuif. Aan die ander kant moet ek darem uitwys ek is op rekord dat ek twee Bok-oorwinnings voorspel het in die toetse teen die Iere.

Ek was verlede naweek in 'n losie op Nuweland, danksy 'n uitnodiging van my rugbyprofeet-pel, Nico Jordaan. Die gees op Nuweland was so bruisend-positief, ek het nie gedink die Iere het 'n kat se kans nie. Tog het hulle in die laaste tien minute binne wenafstand van ons Bokke gekom - iets waaroor baie ondersteuners erg bekommerd was na die wedstryd.

Die belangrikste van die reeksoorwinning teen die Iere is dat daar 'n positiewe gees besit geneem het van die SA span en sy ondersteuners. Skielik is hierdie naweek se toets teen Wallis nie meer so 'n hoë hekkie nie. Die manne van Wallis se verdediging is volgens alle berigte nie te waffers nie. Ek glo, soos baie ander ondersteuners, dat ons hulle gaan stukkend hardloop.

'n Ander pluspunt van die reeks is dat daar kombinasies gevestig is waarmee ons vorentoe kan oorlog toe gaan. Die drie losvoorspelers lyk na 'n wenkombinasie, terwyl die agterste driehoek (Percy ingesluit) ook Saterdag stewig vertoon het. Die ervaring van Os, Percy en Breyton het myns insiens die voortvarende jeug gehelp om met vertroue te speel. Hou in gedagte dat dit juis Percy se akkurate skopskoen en Os se verdediging was wat die Bokke se sterte in die lug gehou het.

Voordat ons egter té optimisties raak, moet daar ook na die negatiewe kant gekyk word. Die skakelpaar was Saterdag vir my teleurstellend. Die jong Fourie du Preez beskik oor een van die beste rugbybreins wat ek in baie jare op 'n jong lyf gesien het. Saterdag het hy egter 'n hele paar keer sy oog van die bal afgehaal en die verdedigers dopgehou. Ek glo Jake sou dit raakgesien het en dat daar hierdie week daaraan gewerk sal word.

'n Tweede punt wat gepla het, was dat verskeie voorspelers voortdurend in die agterlyn kom staan het. (Dit het by tye na vintage Rudolf Straeuli gelyk.) Benewens die feit dat sulke rondloper-voorspelers nie hulle werk doen nie, verhinder hulle vir Jaco van der Westhuyzen om sy hoëspoed-aanvalle te loods - en dis tog waarvoor hy gekies is. Victor Matfield was die groot sondebok, maar daar was ander ook. Die gevolg was dat Kleinschalk en Os by tye alleen gestaan het in die vaste los. Teen die Iere en die manne van Wallis kan die Bokke dalk nog daarmee wegkom, maar teen die All Blacks gaan dit ons duur te staan kom. Ek vermoed dat die toets teen Wallis maar 'n losserige spulletjie gaan wees. Ek sou verkies dat ons heelwat vaster speel en die aanvalle na vernietigende dryfbewegings loods.

Ons verdediging was ook plek-plek verdag. Breyton was dikwels die sondebok, deurdat hy na binne verdedig het. Die patroon kan werk as die dekverdediging in plek is, maar Saterdag was dit nie die geval nie. Die juis hier waar die All blacks se buitesnellers ons gaan opkerf, tensy die buite-agterspelers hulle eie man vat en die kruisverdediging vir die deurverkeer sorg. As Brent Russell wel in die plek van Jaque Fourie speel, kan die verdedigingsprobleem vererger. Ek kies nietemin die Bokke om met ten minste 20 punte te wen.

Ten slotte sien ek dat Derick Hougaard slegs met een van die vyf vervyfskoppe teen die jong All Blacks geslaag het in die o/21-toernooi. Ek hoop hy kan sy vorm herwin, want ek sien vir hom 'n plek in hierdie nuwe ontluikende Springbokspan. Onthou: "You can't keep a good man down."



LitNet: 24 Junie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.