Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wel gedaan, Jake White!

Blou Bul Braampie

Bravo, Bokke! Wel gedaan, Jake White!

’n Beter begin kon niemand voor gevra het nie. Na die All Blacks se awesome vertoning teen die bleek Engelse het ek met ’n swaar gemoed voor die televisie plaasgeneem. Ek het weliswaar ’n goeie voorgevoel oor die wedstryd gehad en voorspel dat die Bokke met drie punte sou wen, maar het tog besef dat al die onttrekkings die wedstrydplan moes beïnvloed.

Jake het nietemin in al die Saterdagkoerante voorspel dat sy span die knoop gaan deurhak, maar Strooihalm het gereeld dieselfde kunsie probeer — met katastrofiese gevolge.

Die Aspoestertjie-senter, Wayne Julies, het toe, ten spyte van ’n paar vroeë verdedigingsflaters, ’n stewige vertoning gelewer. Sy lae dubbelhand-basketbal-aangee na Bakkies Botha het tot die ou grote se eerste drie gelei. Bakkies se vertoning het die Bokondersteuners van ’n held voorsien — iets waarna hulle al lankal smag.

Die gemak waarmee Brian O’Driscoll deur die Bokke se verdediging gekerf het, bly kommerwekkend.

Aan die positiewe kant was dit insiggewend hoe goed die Bokke die Iere se speelruimte na rustyd beperk het. Ek het die indruk gekry White het die verdedigingstaktiek aangepas en die Bokke het saamgewerk. As dit die geval was, kan die span nog groot katte doodslaan. Om ’n taktiese verandering van daardie aard te implementeer sit nie in enige span se broek nie, wat nog te sê ’n span wat nog nie eintlik tyd gehad het om behoorlik saam te oefen nie.

Twee dinge het in die week tussen die twee toetse gebeur wat die rugbypubliek aan die praat gehad het. Eerstens het Jake, toe dit blyk dat Bakkies Botha ’n voetbesering gehad het, vir Geo Cronjé in die oefengroep opgeneem. Na Geo se traumatiese ervaring voor die Wêreldbeker verlede jaar het Jake se besluit ’n kragtige boodskap uitgestuur. Vir my het dit beteken dat Jake hom nie met kleinpolitiek gaan ophou nie. Daarvoor verdien hy meer as ’n pluimpie. Ek glo as hy op daardie pad kan bly, kan hy in 2007 nog in beheer van die span wees. Teen daardie tyd behoort die span ’n ernstige aanspraakmaker op die Wêreldbeker te wees.

Terwyl die vreugdevure nog hoog brand, kondig Jake toe twee veranderings in die Bokspan aan. Dit was ’n groot verrassing vir my. Gaffie du Toit het nou wel nie baie goed pale toe geskop nie, maar sy algemene spel was stewig, terwyl Henno Mentz nie een behoorlike aanvalskans gehad het nie. Ek sou wou sien dat Jake die toetse teen die Iere as ’n eenheid beskou en nie aan die span torring nie. Die veranderings dui egter vir my daarop dat White ’n taai stryd op Nuweland verwag en dat hy nie onnodig punte wil inboet met verbroude skoppe nie. Ek is bereid om hom hierdie veranderings te vergewe. Hoewel Percy se aandele nie ewe hoog is by alle Springbokondersteuners nie, weet ek dat hy op Nuweland soos ’n vis in die water is. As geswore Blou Bul-ondersteuner weet ek hoe talentvol hy is en hoe maklik hy ’n wedstryd met sy akkurate skopskoen en vaartversnellings kan oorheers. Die Bulle het immers al ’n paar keer onder daardie talent deurgeloop.

Ek dink dit gaan nie so maklik wees op Nuweland nie. Die veldoppervlak sal die Iere beter pas, veral as dit nog reën ook. Ek kies egter weer die Bokke om te wen — dié keer met so vyf punte.

’n Slotwoord: spaar ’n traan vir die Engelse sportpubliek wat nie net moes aanskou hoe hulle rugbyspan lewend deur die All Blacks afgeslag word nie, maar ook moes toekyk hoe die Franse met ’n vryskop en ’n strafskop in die laaste twee minute van ekstra tyd hulle sokkerhelde ’n onverdiende pak slae toedien. Wie’t gesê dis maklik om ’n sportliefhebber te wees?



LitNet: 18 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.