Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ons Fauna en Flora lyk nie lekker nie

Blou Bul Braampie

Ons Fauna en Flora se wedstryd teen die Sentrale Streekspan het weer bewys wat ons al die hele seisoen vermoed: SA rugby is nie lekker nie.

Hoewel die Fauna en Flora (Springbokke, Proteas en aanverwante spesies) gemaklik gewen het teen die “no name brands”, was daar min ligpunte onder hulle te bespeur; om die waarheid te sê, daar was heelwat meer Flora as Fauna op die veld.

Die speler van die wedstryd was die vernuftige Michael Claassens van die Sentrale span. Die klein skrumskakel, wat vir die grootste deel van die wedstryd agter ’n verloorpak moes speel, het as kreatiewe spelskepper beter gelyk as enige van sy opponente in die groen truie. Die twee Mentz-broers het ook gewys dat hulle die volgende broers-kombinasie is wat vir die nasionale span kan uitdraf.

Die wedstryd het ook duidelik uitgewys dat die keurders van die nasionale span nog nie die regte skakelpaar kon vind nie. Jaco van der Westhuyzen mag miskien deesdae die “yster van Leicester” wees, maar sy kantlynskoppe was so beroerd dat hy beswaarlik teen die Iere op losskakel kan begin. Brent Russell, wat in hierdie posisie vir die uitsoekspan begin het, was te voorspelbaar. Dit sal ons nuwe afrigter, die agbare Jake the Snake, loon om nog verder na ’n Engelssprekende losskakel te soek.

Rassie ErasmusDie ou bul, Rassie Erasmus, wat die streekspan aangevoer het, het hom meesterlik van sy taak gekwyt. As kaptein het hy vir John Smit ore aangesit. Rassie se guerrilla-taktiek rondom die losskrums het die Burger-bloed in Kleinschalk laat oorkook, met die gevolg dat die jongeling in ’n hygende strafskopmasjien ontpop het. Tensy die blondine uit die Paarl sy weë verander, gaan hy net so gewild soos sy voorganger, ene Corné Krige, onder die stelskoppers van sy opponente raak. Die feit dat Kleinschalk se irrasionele betasting van die losbal deur Rassie se gatkraptaktiek veroorsaak is, maak dit nog meer onrusbarend. Ter versagting moet onthou word dat Kleinschalk by die Stormers gewoond geraak het om Katzenellenbogen-reëls te speel.

Die gebrek aan dissipline wat so oordadig deur die streekspan gedemonstreer is, moet direk voor kaptein Smit se deur geplaas word. Ek verstout my om te sê dat ’n moedwillige internasionale skeidsregter (iemand soos Stuart Dickinson byvoorbeeld) minstens twee rooi kaarte teen die Fauna en Flora kon gebruik het. Ek moet bely, Smit se kapteinskap is vir my ’n groot steen des aanstoots, waarskynlik juis omdat hy as speler nie die mas kan opkom nie.

Van die ligpuntjies onder die Fauna en Flora was die buite-agterspelers se samespel en die balbeheer rondom die lynstane. Die stryd van Marius Joubert en De Wet Barry teen die wêreld se beste senter, Brian O’ Driscoll, is iets om oor wakker te lê. Ons slotte se balbeheer was ook goed. Dit dui daarop dat Gert Smal goeie werk met die voorspelers doen.

In die geheel gesien, dink ek die Fauna en Flora behoort genoeg skietgoed te hê om die hoogaangeskrewe Iere met die kous oor die kop huis toe te stuur. Die bedenklike kapteinskap van John Smit, en die feit dat ’n talentvolle speler soos Gary Botha die spit van hierdie onregverdige keuse moet afbyt, kwel my egter. Dalk is daar ook te min omnivore in die span.



LitNet: 3 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.