Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

White se Springbokspan lyk na boereverneukery

Blou Bul Braampie

Jake White se Springbokspan lyk vir my na boereverneukery. Ek kan glad nie agterkom watter kriteria hy en sy medekeurders gebruik het by die kies van die span nie. Vir my lyk dit na ’n span wat White met die hulp van Mark Keohane iewers na ’n paar stywes met die hulp van ’n kelnerin in ’n sjebeen sit en kies het. ’n Mens kan net wonder watter rol White se medekeurders, André Markgraaff en Peter Jooste (wie hy ook al mag wees) gespeel het in die kies van die span.

Sommige spelers, soos Eddie Andrews en Quentin Davids, is gekies op grond van hulle Supertwaalf-vorm. Aan die ander kant is twee van die grootste uitblinkers in die reeks, Gary Botha en Henno Mentz, weggelaat. Beide hierdie jong spelers het rede om erg gegrief te voel. Botha moet terugstaan vir White se pel en kaptein, John Smit, en Shimange, die enigste swart speler in die span. Die span moes glo ’n swart speler bevat en Shimanga was die enigste ernstige aanspraakmaker.

Brian van Rooyen probeer ons wysmaak dat die span geen kwotaspelers bevat nie. As dit die geval is, wonder ek hoe Wayne Julies in die span gekom het. Julies ry nog sy hele loopbaan op die regstellende ticket. Vanjaar by die Cats was sy verdediging so vrot dat ek gewonder het of hy plek sou kry in die meeste klubs se eerste span, en jou wragtag: daar bevind hy hom in White se span. Ashwin Willemse en die glibberige Brent Russell se verdediging was ook glad nie na wense nie.

Van verdediging gepraat, dis juis waar die span die ergste te kort skiet. Verdediging en skrumwerk. Dan is daar ook nie ’n erkende baljagter nie.

’n Agterste driehoek van Russell, Willemse en Jaque Fourie het die potensiaal om drieë soos ’n sif te lek. Willemse is terloops ook die enigste erkende vleuel in die span!

Os du Randt sal saam met Smit en die gewillige Eddie Andrews waarskynlik die beginvoorry uitmaak. Hoewel Andrews sy spore in die Supertwaalf verdien het, is dit nie die voorry waarmee ek die Engelse op Twickenham sal wil pak nie.

White beskou De Wet Barry as die voorste baljagter in die land. Dis alles goed en wel dat ’n senter ’n bal gaan steel wanneer die opponente ’n eerste- of tweede-fase-aanval loods, maar daarna moet die verdedigingspatroon stabiel bly. Hoewel Kleinschalk Burger besig is om baie mooi te ontwikkel, lyk dit vir my of hy meer daarvan hou om die veld vol te hardloop as om die balle te gaan uitgrawe. Nie Pedrie Wannenburg of die mankoliekige Joe van Niekerk is werklik baljagspesialiste nie.

So wat het die span? Ek dink die span het baie vaart en genoeg flair. As hulle aan die hardloop gaan, kan ons mooi rugby sien. Die pak voorspelers lyk vir my té lig in die broek om werklik te domineer, en ons almal weet wat dit beteken. As jou voorspelers op die agtervoet is, is tackle al wat oorbly en dié span het hopeloos te min spelers wat ’n opponent gelyk kan maak.

Ek glo hulle geluk sal hou teen die spanne van Wallis en Ierland, maar ek sal verbaas wees as hulle enige van die Groot Vyf vanjaar wen. Ek praat van die vier toetse in die Drienasies en die Engelse op Twickenham.

White se belofte dat die span dieselfde sal bly solank die spelers hulle vorm behou, klink vir my baie onheilspellend. Dit beteken dat die onreg wat Gary Botha en Mentz aangedoen is, waarskynlik nie vanjaar reggestel gaan word nie.



LitNet: 19 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.