Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suid-Afrika se rugbytoekoms lyk maar droewig

Blou Bul Braampie

Met nog net die uitspeelwedstryde oor lyk Suid-Afrika se rugbytoekoms maar droewig. Ek sou persoonlik verkies het dat die Stormers eerder die Brumbies in die halfeindronde aangedurf het. Aan die ander kant verkies ek om eerder teen ’n Nieu-Seelandse span te verloor, as dit dan moet.

Die netbalwedstryd op Loftus het weer bewys dat ons spanne hulle rugby die heel meeste geniet as hulle nie hoef te verdedig nie. Lekker sorgvrye rugby, waarvoor die publiek ons nie moet verkwalik nie, het Rudy Joubert dit genoem. Hy’s reg. Dit was dieselfde patetiese verdediging waarmee ons verlede jaar die toets op Loftus en die kwarteindwedstryd in die Wêreldbeker teen die All Blacks verloor het. Die gemeenskaplike faktor van al hierdie treurmares was natuurlik ’n beterweterige bleskopafrigter met die naam Rudy Joubert.

Jake White se keuse van John Smit is besig om ’n enorme probleem te word. Verlede Saterdag is Peter Dixon van die Stormers as man van die wedstryd aangewys. Gary Botha is deur die bank die joernaliste se gunsteling vir die hakerposisie, maar Smit is reeds as kaptein aangewys. Nou bly dit dat Shimanga, wat ook myns insiens ’n beter keuse as Smit is, plek moet kry, want een Bok moet swart wees.

Wanneer dit by die aanwys van die beginspan vir White se eerste toets kom, is daar vir my net een beginsel wat behoort te geld: die 15 spelers wat opdraf, moes almal ten minste hierdie seisoen in agt Supertwaalfwedstryde gespeel het. Spelers soos Percy en Jaco van der Westhuyzen kan op die bankie begin. Big Joe en Jean de Villiers behoort nie eers in aanmerking te kom nie. Hoe kan jy ’n ou wat die eerste helfte van die seisoen op ’n oefenfiets gesit het, kies bo ’n speler wat op die Supertwaalfvelde gebloei het? Dis gekheid.

Julle vra my vir my span. Hier is my voorkeur-15: Werner Greeff, Henno Mentz, Marius Joubert, De Wet Barry, Tonderai Chavanga, Butch James, Fourie du Preez, Christo Bezuidenhout, Gary Botha, Eddie Andrews, Hendrik Gerber, Bakkies Botha, Gerrie Britz, Schalk Burger, Jacques Cronjé.

Ek kies dus vir John Smit as niespelende kaptein en vir Werner Greeff in die geloof dat hy teen Junie oor sy beserings sal wees.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Ten slotte verwys ek graag na die uitmuntende terugvoer wat ek na die vorige Braampie gekry het. Eerstens was daar Louis Steyn se brief in LitNet se briewerubriek oor spelers wat nie kan dink nie. Ek stem saam, Louis. Hoeveel keer het ons nie vanjaar gesien hoe die Suid-Afrikaanse spanne binnetoe neuk met ’n man oor in die agterlyn nie?

Dan ook dank aan die Kaapse rugbyprofeet, Nico Jordaan, wat lank voor die meeste joernaliste al gesien het Werner Greeff is sleg uit vorm uit, en my mede-Bulls-ondersteuner, Gerhard Small, wat tot die einde toe bly hoop het dat die Bulle die lig sien.

Kom ons hoop dat die Stormers dié naweek die bomenslike regkry en die Crusaders aanvat. Dit kan gebeur slegs as hulle tipiese Stormers-rugby speel en nie ander spanne probeer naboots nie.



LitNet: 11 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.