Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Joubert moet maar die pad vat

Blou Bul Braampie

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Ek kerm nou al vir twee seisoene oor Rudy Joubert se miskenning van Derick Hougaard se talent, en daar bars die bom toe. Dit blyk toe uit die grootste Afrikaanse Sondagkoerant ter wêreld dat al wat ’n Blou Bul-ondersteuner is, gatvol is vir die ou korrelkop, en dis soos dit hoort. Joubert het ’n gemors gemaak van die Bulls se spelpatroon en hy moet die pad vat. Hy sit egter ongelukkig nog met een van SARFU se driejaarkontrakte in sy gatsak — ’n nalatenskap van die bedenklike Oberholzer-Straeuli-regime.

Jake White sien blykbaar die oplossing vir sy probleme oorsee. Percy Montgomery en Jaco van der Westhuyzen gaan blykbaar ingevoer word om die ruggraat van die Springbokagterlyn te vorm. Ek het nie ’n probleem met die twee se vermoëns nie. Dit is egter jammer dat daar na die veeleisende Supertwaalfreeks op twee buitelandse spelers teruggeval moet word om die Bokke se eer te red. ’n Speler soos Butch James het sekerlik genoeg gedoen om as losskakel vir die Bokke te begin, terwyl Hennie Dannilier gewys het dat hy oor hope grootwedstrydtemperament beskik. Dis juis daardie temperament wat die manne van die seuns skei in ’n strawwe toernooi soos die Supertwaalf. Daarteenoor het Percy en Jaco die seisoen onder meer gunstige omstandighede begin. Die Engelse liga is babakos teen die moordende Supertwaalf met sy verraderlike skeidsregters. Hulle sal dus uiteraard goed vaar as hulle teen die Iere ingespan word.

Die oorsese speler wat ons egter die nodigste het, is André Vos. Dié ou werkesel kan baie help om die losbalprobleem in die Drienasiereeks op te los. Terselfdertyd kan hy as mentor optree vir jong vakleerlinglosvoorspelers soos Kleinschalk Burger en Jacques Cronjé.

White het myns insiens ’n fatale flater gemaak om vir John Smith as kaptein aan te wys. Dié voortydige aankondiging kan hom duur te staan kom. Smith het in die Sharks se laaste twee wedstryde as kaptein teleurgestel. Boonop is hy hoegenaamd nie ons beste in-vorm haker nie. Gary Botha speel die wêreld aan die brand en Hanyani Shimanga lyk ook goed. Ek hoop nie ons stuur weer af op die Afrikaner-Engelsman-geskilpunt wat die afgelope paar jaar kort-kort ons rugby versuur het nie. Die Geo Cronjé-debakel lyk nou, by nabetragting, al meer na ’n poging om die Afrikaners se naam te vergat, of hoe, mnr Keohane?

Die Stormers sal dit hopelik darem tot in die semifinaal maak. Dit is egter te betwyfel of die manne sonder Corné hulle vlugflouheid sal kan afskud om die Brumbies te tem. Ek neem nie vir Corné of AJ kwalik dat hulle die kop ingelê het nie. Die skandalige beslissings waarmee die Australiese skeidsregters die laaste drie weke vorendag gekom het, sal enige redelike man tot geweld dryf. Boaan my haatlys staan die naam van George Ayob, wat die Bulls teen die Crusaders verkoop het. Ek glo as hy ’n Suid-Amerikaanse sokkerskeidsregter was, was hy al onder die kluite. Daar duld hulle nie sulke patetiese fluitjieblasers nie.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Oor die vrot vertoning van ons Supertwaalfspanne in die pylvak kan ’n man net jou hande saamslaan. Die Sharks het van meet af beter gevaar as wat almal vermoed het. Dit was dus nie so ’n groot verrassing toe hulle wiele afkom nie. Die Stormers het egter nie ’n verskoning nie. Hulle enigste problem was ’n gebrek aan diepte. Die feit dat hulle met min beserings gesukkel het, maak hulle insinking onverskoonbaar, Die Bulls se gesukkel skryf ek direk toe aan ’n onnosel afrigter en ’n kaptein met ’n groot kop.

Verlede naweek se wedstryde het weer bewys dat ons spanne se verdediging nie op standaard is nie. Die doodvat wat Chris Rossouw op ’n kritieke stadium gemis het, het die Stormers gesink. Ek wonder darem of Gert Smal nie maar vir ’n in-vorm Gaffie moes plek gemaak het nie. Met Werner Greeff wat hopeloos van stryk is, kon Du Toit, wat vanjaar die eerste keer in ’n lang ruk weer met selfvertroue speel, dalk net die knoop vir hulle deurgehaak het.

Ten slotte ys ek as ek dink dat ons ’n vyfde span in die reeks kon gehad het as Rian Oberholzer sy sin gekry het. Ten spyte van wat Guy Kebble oor ’n oorvloed van talent kwytraak, sukkel ek om 30 Springbokke onder die klomp sukkelaars te vind.



LitNet: 6 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.