Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

My geld is op die Stormers

Blou Bul Braampie

Ek het besluit om my stilswye te verbreek na die Bulle se naelskraapse oorwinning teen die Reds. Ten spyte van die wankelrige stand van Bulls-rugby het die vreugdevure in Pretoria hoog gebrand.

My stilswye van byna twee maande was die resultaat van ’n volskaalse veldtog van die Blaster-wurm op my tuisrekenaarstelsel. Grootskaalse dataverliese het my tot onproduktiwiteit geslaan. Glo my, die terugslag het my eer gered. As ek my sieninge en voorspellings oor die reeks met die lesers gedeel het, was ek sekerlik lankal tot die lekedom verdoem.

Ek glo nie ek is die enigste ou wat met hierdie Supertwaalfreeks die voorspellingspot misgesit het nie. Ek bely ek het gedink die Bulls het genoeg gewere gehad om die agterstand van ’n dowwe afrigter en ’n bombastiese kaptein te oorbrug. Wel, ek was verkeerd. Rudy Joubert se verbeeldinglose wedstrydplanne het sommer van meet af die Bulls duur te staan gekom. Die pak slae teen die Sharks en die slagting teen die Stormers het waarskynlik die Bulls se drome om ’n halfeindstryd gekelder. Joubert het, soos in die verlede, nie daarin geslaag om die beste uit spelers soos Hougaard, Fourie du Preez en Jacques Cronjé te haal nie. Dis jammer dat ’n span met soveel talent en diepte die slagoffer moes word van ’n ondergemiddelde afrigter.

Saterdag moet die Bulls die Crusaders op laasgenoemde se tuisveld klop om ’n ernstige aanspraakmaker te bly. Ek het min hoop. Die Bulls se agterlyn het teen die Blues gewys dat hy nie gate kan toestop teen ’n geoliede agterlyn nie. Boonop speel die Bulls se beste verdediger, Frikkie Welsch, nie. Dit sal ’n groot verrassing wees as die Bulls na die komende naweek se wedstryde nog in die prentjie is.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Die Stormers het ’n beter loting teen die Chiefs. Laasgenoemde beskik oor beperkte talent. Tog het hulle formidabele werksetiek gesorg dat hulle, teen all verwagtinge in, in die prentjie bly. Die Stormers se opwindende opportunistiese benadering tot die spel het hulle tot op die randjie van ’n semifinaal gebring. Ek dink hulle kan die Chiefs van hulle voete af hardloop as hulle genoeg balbesit kry. Gaffie lyk, na jare se gesukkel, uiteindelik na die talentvolle speler wat die kenners gehoop het hy sou word. Gert Smal moet baie van die eer kry vir die speler se meteoriese herlewing.

Die Sharks het darem nog ’n sagte wedstryd teen die Reds oor om op terug te val. Kry hulle volpunte, is dit net die onvoorspelbare Blues wat tussen hulle en ’n plek in die halfeind staan. Verloop alles volgens plan, behoort die twee kusspanne mekaar vir ’n semifinaal tuis te pak. My geld is op die Stormers vir ’n plek in die finaal teen die Brumbies.



LitNet: 22 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.