Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dolfman se uur van waarheid

Blou Bul Braampie

Vir Dolfman en sy belowende Bokspan het die uur van afrekening aangebreek. As dit die Durban July was, sou die kommentator gesê het die perde het nou agter die Drilsaal uitgekom. Al wat oorbly, is uithaal en wys. Ek sal Dolfman nie kwalik neem as hy Saterdag soos Piet Retief voel voor laasgenoemde daardie noodlottige piekniek by Dingaan bygewoon het nie.

Die ruskansie wat Stefan Terblanche hier op die vooraand van die belangrike tuistoetse gegun word, is sekerlik ’n aanduiding van wie die blaam gekry het vir die Aussie-drieë in Brisbane. Op die video, wat Dolfman en sy trawante sekerlik vyftig keer meer as ek gekyk het, lyk dit of die hele Springbokagterlyn verseg het om toe te slaan. Terblanche het sekerlik op volle vaart saamgedraf en kan nie van die blaam onthef word nie. Ek wonder net of die Aussie Tim Lane, wat vir die Bokke se agterspel verantwoordelik is, se patroon hom nie in die steek gelaat het nie. Die Bokke het, asof in versteende gelid, saam met die Mathildas doellyn toe gewals. Lane het volgens die koerante die senters blameer vir die vrot verdediging. Regter Dolfie het egter anders gedink en die vonnis oor Terblanche uitgespreek. Die ruskans-verskoning is uitermate flou. Dalk moet Dolfman iets anders probeer.

Terblanche se spelstyl is myns insiens uiters geskik om die All Blacks se Ralph en Howlett aan te vat. Ek noem beide die All Black-vleuels se name, aangesien ’n vleuel deesdae aan beide kante speel. Ewenwel, hierdie twee All Black-vleuels is sekerlik die middelmatigste wat ons in jare uit die land van die silwer varing teëgekom het. As ek in Dolfman se skoene was, sou ek my aanvalle op die agterlynsone aan die buitekant van Mehrtens toegespits het. ’n Glibberige Paulse en ’n bruuske Dean Hall kan sekerlik die twee All Blacks se dag versuur. Paulse sal egter beter moet verdedig. Ek kry al meer die indruk dat oorsese spanne daarop uit is om sy onintimiderende verdediging uit te buit. Lomu gaan blykbaar Saterdag weer ’n kans kry om sy drielose rekord teen die Bokke te korrigeer.

Van Mehrtens gepraat: die klein karnallie neem toe die vrymoedigheid om vir Andre Watson aan te vat. Ek twyfel nie dat Mehrtens se kritiek geregverdig was nie. Watson, wat al alles in die wêreld geblaas het wat die moeite werd is, raak sekerlik nou lank in die tand. Ek dink egter nie Watson was daarop uit om iemand te verneuk nie. Al was hy, sou hy nie geweet het watter span om as slagoffer te verkies nie. Die Suid-Afrikaanse spanne loop die afgelope paar jaar so gereeld onder die fluitjies van Australasië deur, dat daar geen sprake meer is van ’n aartsvyand nie. Dis die Bokke teen die ander twee en sela. Wat Mehrtens in sy oomblik van ontsteltenis vergeet het, is dat skeidsregters die neiging het om soos wandelende geeste hulle verskyning te maak wanneer jy hulle nie in die minste verwag nie. Met die volgende Wêreldbeker net ’n klipgooi weg, kan Mehrtens dalk net sy woorde berou as Watson uit die tonnel uit draf om die kwarteindronde tussen die All Blacks en die Hane te blaas.

So wat gaan Saterdag gebeur? Ek is nie so optimisties soos die grootste gros van Suid-Afrika se rugbyskrywers nie. As ons iets gaan wen, gaan dit Saterdag wees. Ek dink die voorspelbare All Black-span se voorosse gaan ons erg laat sweet, en hoewel ’n rugbywedstryd feitlik sonder uitsondering gewen word deur die span wie se voorspelers die wedstryd beheer, kan ons flambojante agterlyn dalk die All Blacks se deeglik-uitgewerkte strategieë omver werp. ’n Vinnige drie of twee en ’n goeie dosis taktiese skopwerk behoort ons wedstrydplan te anker. Sukkel ons egter soos teen die Wallabies om aan die gang te kom, is ’n saai, toiingrige gespartel ons voorland. In daardie geval behoort Mehrtens se skopskoen ons te sink. Ek dink die sleutel tot die wedstryd word deur ons skakelpaar gehou. Kom hulle die mas op, kan ons goed wen. Andersins is dit nag.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.