Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die selle ou storie

Blou Bul Braampie

Dit was maar weer die selle ou storie. Die media wat warm lug pomp oor die “Nuwe Bokke”. “Operasie Selfvertroue,” skryf Georg van Eck oor Straeuli se beloftes om ’n wenkultuur te skep.

Nou, na die twee toetse in Australië, is die telling op die puntetabel maar weer 9-6-1. Harry Viljoen kon in sy donkerste uur net een punt swakker gevaar het. “Operasie Warm Lug” het maar weer misluk.

Kyk, dit was ’n reusetaak. Tog dink ek beide die All Blacks en die Wallabies is vanjaar in ’n afswaaifase. ’n Oorwinning in die vreemde sou die Bokke se soeke na ’n wenkultuur op die regte pad geplaas het. Al wat ons nou het om te wys, is ’n paar sprankies hoop en ’n nuwe vonds of twee.

Weinig het verander. Die afrigter en die kaptein van die Bokspan smeek die publiek om hulle vierkantig agter die span te skaar. Nuwe vrae word oor die kapteinskap gevra. Die kaptein sukkel om sy plek te behou. Dit klink amper so voorspelbaar soos ’n Jan Scholtz-draaiboek.

Verlede week het ek geskryf dat net dodelike verdediging en ’n heilige respek vir die reëlboek die Bokke in Brisbane kan red. Drie sagte Wallaby-drieë en ’n rits strafskoppe het die Bokke se drome vroeg-vroeg nek omgedraai. Die dapper terugvegpoging was ’n riem onder die hart, maar dis ook al.

Nou bevind die Bokke hulle met hulle rûe teen die muur. Die volk is nog kalm, danksy die media se lofprysinge oor die talente van nuwelinge soos Russell en Joubert. Dalk is een van hulle die nuwe Mannetjies Roux. Nog slae kan egter die gemoedere op loop sit.

Die vraag is, hoe nou gemaak? Die rugbyskrywers wat Straeuli se oor het, eis Matfield se kop. Vir hulle is Matfield net ’n handvol goeie lynstaanballe werd. Die agbare skrywers vergeet dat ’n goeie lynstaanbal deur ’n luukse tienmeter-onkantlyn beskerm word. Dit behoort enige span se beste platform van aanval te wees. Noudat ons agterlyn vir die eerste keer in ’n lang ruk oor deurdringingsvermoë beskik, moet die waarde van ’n goeie lynstaanbal nie onderskat word nie. Drop Straeuli vir Matfield, trek hy waarskynlik sy agterlyn se tande.

Dit maak nie sin om week na week met nuwe kombinasies te speel nie. Iewers sal die spankeuse stabiliteit moet begin toon. Ek sal egter nie vir Bobby en Big Joe saam laat begin nie. Hulle spelstyl stem te veel ooreen. Ek glo Bobby hoort op die bank, mits Krige sy plek kan behou. Ek sal Krige en Hendrik Gerber laat begin en Bobby die laaste halfuur laat speel. Dan sal die poppe dans.

’n Laaste voetnota: ek glo nie dok Louis Luyt sou in sy dae die Aussies met Tune laat wegkom het nie. Tune sou beslis nie gespeel het nie en Dolfman sou baie onrustig geslaap het as hy met net een punt uit Doeronder uit teruggekom het.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.