Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wallabies nou eers gevaarlik

Blou Bul Braampie

Die Aussies loop nou wel almal met rooi gesigte rond ná Ben Tune hulle in hulle eie Hansie-skandaal gedompel het. Oneerlikheid in sport, weet ons teen dié tyd, is so erg soos owerspel in die outyd.

Ons weet egter ook dat die Aussies net so glibberig soos hulle kriminele voorvaders is. As ek reg onthou, het hulle verwoed om Warne en Waugh laer getrek toe die twee goggas inligting oor baanblaaie met beroepswedders gedeel het. Wat werklik daar gebeur het, sal ons nooit weet nie, maar wat ons wel weet, is dat die twee daarna nog ’n paar vreugdevolle oorwinnings teen ons verlepte Proteas gesmaak het.

Verlede Saterdag teen die All Blacks het skeidsregter Dickinson en sy twee grensregters verder bewys gelewer van die intense begeertes wat die manne van Australasië ervaar om ons Bokke in die modder in te help. Die onwettige vlak ingooi in die lynstaan is gerieflikheidshalwe misgekyk. So ook die haker wat met albei sy voete in die veld gestaan het en nie deur een van die kommentators uit die vreemde raakgesien is nie. Verskeie ander beslissings het gestink. Die herhaalde obstruksie op Werner Greeff wanneer hy sy eie skoppe wou opvolg, is herhaaldelik ongestraf deurgelaat.

Die volgende twee dae gaan die druk op die Wallabies oor die Tune-skandaal verder toeneem, maar dit beteken glad nie dat ons Saterdag maklik gaan wen nie. Ek het al te veel kere gesien hoe ’n span wat skaamkwaad is, sy frustrasies op die opponente uithaal. Die All Black-skeidsregter sal ook seker sommetjies maak en uitvind dat die Wallabies liefs maar moet wen met die Bokke se twee tuiswedstryde wat wag.

Die vraag is nou of Dolfman genoeg moed gaan hê om vir Bobby bank toe te stuur en die gewillige Joe van Niekerk op agtsteman in te span. Ek dink Dolfie is nog ’n bietjie te veel van ’n kuiken om die Kaapse Mafia aan te vat en vir Skinnas te pos. Behou Bob sy plek, sal hy baie beter moet speel om die knaende Wallabies van die doellyn af weg te hou. Met beide Pretorius en Conradie se verdediging verdag, kan die Bokke lelik gekneus word as hulle losvoorspelers nie die mas opkom nie. Ek sou vir AJ op die flank gekies het en vir Big Joe agtsteman toe geskuif het. AJ is al Bok wat werklik vir Owen Finnegan fisies kan aanvat vir die volle duur van ’n wedstryd. Bobby kan die laaste twintig minute sy lyf woelwater hou wanneer die plaasvervangers voetpaadjies begin ooptrap.

Die eerste prys bly Hendrik Gerber, wat die beste Suid-Afrikaanse losvoorspeler in die Supertwaalf was, maar hy het nie die toerspan gehaal nie. Dolfman het tot dusver raakgevat met sy spankeuses. Ek het goeie hoop dat Gerber op plaaslike bodem speelkans gaan kry.

Werner Greeff is, na sy stewige vertoning van verlede week, my keuse op losskakel. Andre Pretorius kan in die tweede helfte in die senterposisie opgestuur word om die Bokke se aanvalspatroon te varieer.

Die impak van die Tune-skandaal sal sekerlik ’n rol speel. Of dit genoeg gaan wees om die geoliede Wallaby-agterlyn te ontwrig, is te betwyfel. Net ystere verdediging en ’n heilige respek vir die reëlboek kan die Bokke van ’n stewige pak slae red. Dalk moet Dolfman Cosatu-styl maar weier om te speel totdat die Aussies hulle Tune verander.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.