Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nie goed genoeg nie, Dolfman

Blou Bul Braampie

Soos die meeste ander vurige ondersteuners van Springbokrugby, voel ek na die naweek soos Mike Tyson verlede naweek gevoel het.

Die puriste het gejuig toe Dolfie die proewe terugbring. Hulle het gejubel toe ’n glibberige witkoppie paaie deur die verdediging hardloop; hulle het die vreugdevure aangesteek toe die nuwe Bokke hulle oproepinstruksies kry om by die Polisiekollege aan te meld; en hulle het met tevrede glimlagte rondgeloop na die Bloemfontein-toets.

Lofliedere oor Springbokke wat hulle trots herwin het, het oor oerwoud en vlakte gedawer toe die Springboktroepe opruk om die Walsmanne finaal op Nuweland te gaan verpletter.

Toe kom die antiklimaks. ’n Troppie flou Bokke strompel rigtingloos in die modder rond. Oupa Dalton se somme laat hom in die steek en hy gooi drie keer in ’n ry sy springers mis. AJ Venter lyk verlore tussen die vurige Walliese voorosse en Willie Meyer skrum soos ’n oubaas wie se pensioen pas uitbetaal is.

Van afrigting was daar min sprake. Heynecke Meyer kon beswaarlik vrotter gevaar het. Harry Viljoen sou waarskynlik beter gedoen het en Gert Smal het ongetwyfeld in sy mou gelag.

Agterlangs sukkel Bolla om sy blitsige agterlyn aan die gang te kry. Eers toe Craig Davidson deur sy gewese Sharks coach speelkans gegee word, begin die Bok-wa se wiele te rol. Die Bokke skraap deur op wieke van genade en ’n dom Walliese kaptein.

Na die gesukkel op Nuweland is daar nou weer net soveel lastige vrae as voor Dolfman se aanstelling. Hoekom word die meeste van die lynstaanballe na Bob gegooi? Wat dan van die slotte? As Bob die beste lynstaanman in die span is, behoort Rassie en AJ nie op slot gekies te word nie. Dit sal tog aan die Bokke een van die mees beweeglike voorspelerpakke in wêreldrugby gee!

Kan Straeuli werklik sonder die talente van ’n wêreldklas-slot soos Matfield klaarkom? Ek twyfel.

Is Brent Russell die vermiste idol waarna SA rugby reeds vir soveel lang jare na die uittrede van Naas en Danie Gerber smag? Russell is immers reeds die liefling van die kommentators.

Die slegte nuus is dat Russell eintlik nog nie veel bewys het nie. Om soos baie van die sportskrywers sy onbeholpenheid met die hoë bal te probeer wegpraat, gaan nie werk nie. Ek dink dieselfde skrywers wat nou vir Russell so ophemel, gaan die eerstes wees om die blondekoppie te kruisig as hy nie teen Lomu en kie kan staande bly nie. En glo my, hy’s nog nie gereed daarvoor nie. My advies is om Russell as ’n impakspeler op die bankie te hou en hom aan die Springbokkultuur gewoond te maak. Pas hom mooi op en hy kan ons troefkaart in die volgende Wêreldbeker wees. Gooi hom nou vir die wolwe en hy loop die gevaar om soos Gaffie op die wrakwerf van alsydige agterspelers te beland.

Waarheen nou? As die Polisiekollege nie help nie, bly net Zonderwater of Pollsmoor oor. Persoonlik sou ek weer proewe hou voor die Drienasies-kompetisie en vir Penny Lebyane nader trek om ’n bietjie met ’n paar van die spelers te kom gesels. Ek kry die gevoel daar’s nog te veel van hulle wat net danksy die “compassionate vote” in die span is

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.