Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

(Die name van die karakters is verander om die skuldiges te beskerm.)

Vrydagaand trek ’n paar van ons maats saam om met versigtige optimisme na die wedstryd tussen die Stormers en die Hurricanes te kyk. Ons is gestock vir die geleentheid, want op ’n nugter maag is ’n verloor soveel erger.

Oupoot (’n oudpolisieman) kom met ’n koelerboks in elke hand die voordeur ingestap. Hy glo nie daarin om sy drank te meng nie. Op een van die diep stoele voor die TV sit Likkewaan en dut. Hy het die dag afgevat om na die ander Super 12-wedstryde en die krieket te kyk, en ’n grootse moegheid hang oor hom. Hy is ’n man wat op sy dag lidmaat van ’n charismatiese gemeente was, maar bevind hom op hierdie Vrydagaand in ’n klaaglik terug-gevalle toestand, waarin geloof en hoop nie in oorvloed is nie.

Baron von Munchausen, ons prokureursvriend uit die Kaap, down sy eerste twee biere. Die swart hond van depressie lek ook aan sy voete ná vanoggend se nederlaag van die Cats. “Stadig, Baron,” maan ek hom, omdat ons later die aand dalk nog regsverteenwoordiging mag benodig, as iemand kafee toe moet ry vir sigarette, of so.

Dan begin die wedstryd en kan die perde in vrede voortkuier.

Na twee drieë gedruk is, voel almal vroliker; maar eers ná Bolla Conradie om die skrum glip, twee manne sidestep en versnel, skrik Likkewaan uit sy sluimering wakker. “Prys hom met die sitar!” roep hy uit volle bors en stort ’n goeie porsie van sy brandewyn en kola oor die Baron. “Ja,” brom Oupoot van die kant af, “so hardloop ’n man met ’n wieldop.” Ons gemoedere lig. Ai, om te wen is darem net soveel lekkerder as om te verloor.

Daar is ’n ander ding wat ek die naweek weer agtergekom het van internasionale rugby: dis baie soos krieket op ’n hoë vlak — óf jy pas druk toe, óf druk word op jou toegepas; óf jy vat houe, óf jy deel houe uit. Sterk spelers in ’n span het die vermoë om sulke druk-koëffisiënte te verander.

So ’n speler is Corné Krige. Hy het die hart en die vaardigheid om opponente terug te tackle; om vinnig by die afbreekpunte te wees; om vir 90 minute soliede rugby te speel; om sy spanmaats te inspireer, en om in die proses die druk op die opponente te hou. Sy medeskrummaats, Hottie Louw en Tjoepie van den Heever, het ook weer inspirerende wedstryde beleef, en hierdie keer was ook die hele agterlyn aan die brand. Al groot fout wat Carel (du Plessis) nog hierdie seisoen gemaak het, is om weer eens vir John Daniels mis te gekyk het — daardie kêrel is darem ’n juweel van ’n afronder en sou goud werd gewees het op die Stormers se bank.

Frans Ludeke, die man wat vir John raakgesien het, ploeter met sy ander keuses egter nog in die duister rond. Ek glo werklik in die beginsel dat jy nie alleen so goed speel as wat jou opponente jou toelaat om te speel nie, maar ook so goed as wat jou medespanmaats jou toelaat om te speel. ’n Juweel van ’n speler, André Pretorius, mag dalk in die proses verlore gaan, omdat hy nou wedstryd op wedstryd, na die game reeds verloor is, saam met ’n tweederangse skrumskakel soos Grant Bartle ingespan word.

’n Ander speler wat ek jammer kry, is die gevaarlike Bulls-senter, Adrian Jacobs. Ek hoop nie dat die slapgattigheid, onfiksheid en lusteloosheid van sy spanmaats ook vir hom gaan onderkry nie. Daar is, anders as wat Heyneke Meyer beweer, werklik talentvolle spelers in die Bulle se groep. Al wat hulle kort is ’n goeie afrigter en inspirerende kaptein. Super-12 is nie touch-rugby nie en hulle losvoorspelers sal moet begin tackle soos die Stormers, en ook daar wees by die afbreekpunte.

Veral die Nieu-Seelanders glo nogal om hul talentvolle spelers met talentvolle spelers te ondersteun — al kom daardie spelers uit Fidji, Frankryk, of waar ook al. Dan kry potensiële nasionale spelers die kans om te onwikkel en nie bloot al hul selfvertroue tydens die Super-12 te verloor nie.

Wat ek eintlik wil sê, is: bring spelers soos Kenedy Tsimba in ’n span soos die Bulls in. Al mag hy nie vir die Bokke speel nie, sal hy ten minste help dat spelers soos Jacobs nie deur die reeks vergruis word nie. Dit gaan als oor kruisbestuiwing en ’n uitbou en beskerming van talent.

Om af te sluit, wat my die meeste bekommer, is dat daar tans in Nieu-Seeland en Australië, verskeie spelers in elke denkbare posisie hul hande opsteek om vir hul onderskeie nasionale spanne gekies te word, terwyl hier by ons daar maar nog min hande in die lug is. Daar is natuurlik heelwat spelers ter plaatse wat reeds albei hande in die lug het — bleddie hensoppers.

As al ons spanne maar net kan speel soos die Stormers Vrydag-aand gemaak het — speel soos vet meisies vry: gee alles, want jy weet nie wanneer jy dalk weer die geleentheid gaan kry om jouself te bewys nie. Bliksem!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.