Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Beste Springbokspan sedert 1995

Blou Bul Braampie

Die Springbokspan wat Rudolf Straeuli en sy medekeurders Dinsdagaand aangekondig het, is myns insiens die beste span wat ons in die veld stoot sedert ons Wêreldbeker-triomf van 1995. Die feit dat Straeuli en sy keurderbrigade kop gehou het nadat die Suid-Afrikaanse spanne ’n ietwat katastrofiese Supertwaalf beleef het, maak die verrassing nog meer aangenaam.

Die span is nie volmaak nie. Spelers soos Sephaka en Bobo hoort nie daar nie. Daar is ook nie noemenswaardige spelskeppers onder die binne-agterspelers nie. Nietemin toon die spankeuses ’n duidelike strategiese rigting aan wat later in die seisoen uitgebou kan word.

Ek was nog nooit ’n Louis Koen-ondersteuner nie, maar hy verdien beslis sy plek. Hy bied aan Straeuli ’n versekeringspolis om die telbord aan die rol te hou. Sy verdediging is egter verdag, soos in die wedstryd teen die Auckland Blues op Loftus onderstreep is. Die keuses van Koen, Jaco van der Westhuyzen en Craig Davidson staaf Straeuli en sy medekeurders se integriteit. Hulle het spelers gekies wat in vorm is. Dit op sigself bied ’n stewige platform vanwaar verdere verstellings gemaak kan word.

Die keuses van Pieter Rossouw en Hendrik Gerber dui vir my op insig aan die kant van die keurders. Gerber is ’n werkesel wat selde om die losbal geklop word, terwyl Rossouw net die regte man is om dissipline in die agterlyn te handhaaf.

Selborne Boome het ook genoeg gedoen om bo AJ Venter gekies te word. Ons ken mos nou al vir ou AJ as ’n ou wat ophou speel as die dinge teen hom draai. Boonop kan sy impulsiwiteit die Bokke ’n onnodige rooi kaart kos. SA rugby kan nie vanjaar ’n Jannes Labuschagne-Twickenham-debakel bekostig nie.

Ek is glad nie bekommerd oor die weglating van Geo Cronjé nie. Hy kry genoeg speelkans in die A-span. Die legendariese afrigter van die Blou Bulle, Buurman van Zyl, het self geglo dat ’n voorspeler se baard eers moet hard word voordat hy met die grotes kan saamgesels. Geo laat mens baie aan Colin Meads dink. Sy tyd sal kom. Ek glo Straeuli sal hom nie terughou as hy die mas in die A-span opkom nie.

Onder my bekommernisse tel die aanwysing van Rudi Joubert as agterlynafrigter, en die insluiting van Bobo. Die Bulls se agterlyn kon onder Joubert en Blikkies Groenewald nie veel uitrig met die goeie balle wat die voorspelers voorsien het nie. Boonop het Joubert min agting getoon vir Derrick Hougaardt se hemelse talente. Bobo het pateties verdedig in die paar Supertwaalf-wedstryde wat hy gespeel het. Baie van Tim Lane se smarte is deur die swak verdediging van groot name soos Skinstad en Bobo veroorsaak. Deur Bobo nou met ’n plek in die Springbokspan te beloon, wyk Straeuli af van sy voorneme om net dodelike verdedigers te kies. Die ou grote moet dit in die agterkop hou dat een of twee onbesonne keuses SA se drome om die krieket-wêreldbeker te wen, gekelder het. Daar is net nie plek vir passasiers en politieke papawers in ’n wêreldbekerveldtog nie.

In die geheel gesien is dit ’n lekker span vol in-vorm spelers. Boonop het Straeuli ’n paar goeie kaarte wat hy nog nie gespeel het nie. Derrick Hougaardt kan by Louis Koen oorneem as die tyd ryp is (later vanjaar, let wel) terwyl Geo Cronjé en Fabien Juries ook hulle plekke kan oopspeel. Skielik lyk die onweerswolke wat oor SA rugby saamgepak het, nie meer so donker nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.