Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor vrot afrigters en dubbele standaarde

Blou Bul Braampie

Sedert die drie rekordnederlae loop Dolfman en pronk. Soos dit ’n ware rekordhouer betaam, het hy onmiddellik dreigende geluidjies teenoor die Engelse gemaak - en dit is soos dit hoort. Die grootbaas van SARVU, Rian (RIP) Oberholzer, het ook ’n mosie van volle vertroue in Dolfman uitgespreek. Wie sou kon raai dat so ’n jong afrigter in sy eerste jaar met die Bokke soveel rekords sou laat spat. Nie eens Harry Viljoen kon dit regkry nie.

Van Harry gepraat, ek sien die media verwys deesdae na hom as die “ongewilde” afrigter. Dié titel het hy te danke aan die feit dat hy nie tevrede was met die spelers se futlose pogings nie. Ek glo dat die Bokke met Harry as afrigter beslis nie al drie toetse anderkant die groot water sou verloor het nie. Daarvoor is die Prins van Hermanus te veel van ’n slegte verloorder.

In teenstelling met Viljoen se ongedurigheid oor sy spelers se onvermoë om ’n bevredigende spelpeil te handhaaf, het Dolfman sy jong Bokkies geloof vir hulle rotsvaste verdediging wat die Engelse tot net 53 punte beperk het. Voorwaar ’n vertoning om op trots te wees.

Ek kan nie dink dat enige persoon met ’n bloedalkoholpersentasie laer as 0,15 wat nie Prozac en/of Viagra in oordosisse gebruik nie, tevrede kan wees met Dolfman se afrigtingspogings nie. Dink net aan die arme donners wat groot geld betaal het om die Bokke se Europese toer mee te maak. Wat ’n belaglike fiasko.

Straeuli wil nou voorgee dat hy ’n jong spannetjie oorgeneem het om hulle ondervinding te laat opdoen. Stront! Absolute stront! Hy het voor die tyd te kenne gegee dat hy gaan om die rekord op Twickenham reg te stel. Die toetse teen die Hane en die Skotte is nie as groot struikelblokke gesien nie. Gaan lees terug in die media-argiewe wat deesdae geredelik op die Internet beskikbaar is. Die ou grootbek het net sy mond uitgespoel oor ons swak rekord teen die Engelse. Ek sien hy blameer tot vir Pens van Zyl vir die rooi kaart wat Jannes gekry het. Ja, dood moet ’n oorsaak hê.

Ek lees op die iol-webtuiste dat ’n joernalis met die naam van Ray White voorspel dat die Bokke nog groter skandes met die Wêreldbeker gaan aanvang as hulle Straeuli in beheer laat. Hy noem swak dissipline en gebrek aan wedstrydplan as die vernaamste redes. Ek kan nie sterk genoeg met hom saamstem nie.

Wat kan ons verloor as ons 2 Januarie met ’n nuwe afrigter begin? Al wat Straeuli gelewer het in terme van sy prestasiekontrak, is ’n vrot rekord, powere dissipline en ’n volsae gevoel van onsekerheid oor die toekoms van SA rugby. Ek herhaal verlede week se pleidooi: gooi nou die baba saam met die badwater uit. Straeuli en Lane is die spoor byster.

Wie moet hulle opvolg? My stem gaan vir Nick Mallett en Danie Gerber. Jake White en Naas Botha kan ook werk. Soos die Bokke in die laaste drie toetse gespeel het, kon Ollie Viljoen en Casper de Vries nie veel slegter gevaar het nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.