Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Voetnotas op 40

Clinton V du Plessis

Moeilik om te onthou dat jy ook eens jonk was as jy eers die dag 40 word.

Ek het oor die algemeen nie veel erg aan verjaarsdae nie — laat dit gewoonlik met so min fanfare as moontlik verbyglip.

Ek kry ’n geskenk vanuit Amerika. Ene George Carlin se 2003 Calender, met ’n stekelrige pennevrug per dag — oorgedruk uit sy topverkoper, Napalm & Silly Putty. My gunsteling is:

When I was young,
I used to read about the decline of Western Civilization,
And I decided it was something I would like to make a contribution to.

Klink of dít ook die credo sou kon wees van die bondel wildewragtigs Afrikaanse digters/skrywers van die tagtigs — André Letoit, Dan Roodt, en andere …

Maar ek dwaal af. Snaaks hoe oneindig groot en donker die wêreld lyk as jy klein is — as jy die grense net so ver terug kan stoot soos wat die flikkerende vlammetjie van ’n kers jou sal toelaat.

Ek was ses toe die Amerikaners vir die eerste keer ’n man op die maan geplaas het. Op ’n krakerige kortgolfradio het ek ’n ewe krakerige, maar trotse stem die nou beroemde woorde hoor uiter: “One small step …” Ek het buite op die stoep gaan staan en na die maan gekyk. Dit het groot en geel in die hoek van die hemel gesit — vir ’n oomblik kon ek sweer ek sien die ruimtemanne se skaduwees daarop weerkaats. ’n Ongekende era van vooruitgang vir die mens — die ruimte is getem, die grens oorgesteek. Eers jare later sou ek ’n siniese nasale Bob Dylan profeties hoor sing: “Oh, man has invented his doom, first step was touching the moon.”

Dit was ook die era van die radio — die radio het ’n generasie geskep wat kon luister en verbeel, kon droom. Woorde het ’n hele wêreld oopgemaak, woorde kon beelde optower, rou emosie wakkermaak. Danksy die radio was ek daar — langs die stoeikryt toe Jan Wilkens sy gevreesde rugbreker uitgevoer het, op die rand van die stoel gesit terwyl Pierre Fourie vir Bob Foster wou onttroon. Meer nog, jy kon lees terwyl jy na die radio luister.

Eers later het die monster in die hoek van die voorkamer sy plek ingeneem — die oog van Mammon. Die verbeelding het plek gemaak vir die beeld — die oog het lui gewoond geraak aan die “kyk weer” en die oor is afgestomp — almal hoor, maar niemand luister meer nie. In plaas van ontsnap en ontvlug het ontspanning ’n inspanning geword — ’n gewelddadige kakofoniese konfrontasie met ’n ieder en ’n elk wat bereid is om sy of haar siel aan die hoogste bieër te verkwansel. Elke egbreker, elke hoer, elke massamoordenaar en elke psigopaat het ’n opinie, en ons moet kennis neem. Elkeen soek (en kry) ’n photo opportunity.

Jy’s net duskant twintig en jy het genoeg stof vir ’n outobiografie. Kitsroem en kitsvergetelheid. Of soos in die woorde van Paul Simon:

“Every generation throws a hero up the pop charts.”

Intussen het die wêreld vreesaanjaend klein geword en daar is min wat my nog na my asem kan laat snak (behalwe Kylie Minogue se agterent). Die Amerikaanse droom pendel in wrakstukke uitmekaar terug aarde toe, dieselfde land wat ’n John F Kennedy kon oplewer, maar ook ’n George W Bush; seks word een van die gevaarlikste tydverdrywe; Koos A Kombuis en Dan Roodt skryf vir Rapport; Idi Amin word gereïnkarneer as Badbob Mugabe, Aziz Pahad staan nootvas met piepstem Chris Heunis se skoene vol. Die media wag angstig op die enigste oorblywende scoop van die eeu — die dood van Nelson Mandela.

Tussen ’n paar dosyn CD’s haal ek een van Bob Segar uit, skuif dit in die speler en draai die volume vol oop. Nostalgie is nog nooit so treffend verwoord nie:

Stood there boldly
Sweatin’ in the sun
Felt like a million
Felt like number one
The height of summer
I’d never felt that strong
Like a rock

I was eighteen
Didn’t have a care
Working for peanuts
Not a dime to spare
But I was lean and
Solid everywhere
Like a rock

My hands were steady
My eyes were clear and bright
My walk had purpose
My steps were quick and light
And I held firmly
To what I felt was right
Like a rock

Like a rock, I was strong as I could be
Like a rock, nothin’ ever got to me
Like a rock, I was something to see
Like a rock

And I stood arrow straight
Unencumbered by the weight
Of all these hustlers and their schemes
I stood proud, I stood tall
High above it all
I still believed in my dreams

Twenty years now
Where’d they go
Twenty years
I don’t know
I sit and wonder sometimes
Where they’ve gone
And sometimes late at night
When I’m bathed in the firelight
The moon comes callin’ a ghostly white
And I recall
I recall

Like a rock, standin’ arrow straight
Like a rock, chargin’ from the gate
Like a rock, carryin’ the weight
Like a rock

Like a rock, the sun upon my skin
Like a rock, hard against the wind
Like a rock, I see myself again
Like a rock.

Die note sterf stadig uit. Uiteindelik word die worsteling met die lewe en die versoekings van die lyf, vir die skrywer altans, net nog stukkies en brokkies nostalgie vir ’n boek. Ek vou my rekenaar oop en begin tik aan nog ’n gedig vir die bundel 40:

op 40 begin die grys,
onwelvoeglik teen die slape wys,
op 40 bly daar min oor om te verloor
weinig veel wat nog (lyflik) kan bekoor …

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.