Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In my kontrei

Clinton V du Plessis


Die klerk by Exclusive Books in Sandton City kan nie Kontrei spel nie. “With a C?” probeer hy onbeholpe sy rekenaar se geheue oopsleutel. Ek spel voluit vir hom en hy vind dit. “Only arrived yesterday,” maak hy ongemaklik verskoning. Ek koop ‘n eksemplaar teen R133,00.

Wit omslag, titel in blou, die res in swart gedruk. Uitgewer – Praag, nadat ‘n hele rits uitgewers nee gesê het (hulle stiksienig vasgelees in die vierletterwoorde en niks verder raakgesien nie?).

Alles onderbeklemtoon: korterige flapteks, met die woord “onthutsend” daarin; geen foto van die skrywer – en ek weet, die teks staan hier op sy eie bene.

Ek maak ‘n raps na middernag die boek toe op bladsy 237 – ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n boek in een sessie deurgelees het nie.

Ek probeer geensins om hier ‘n resensie van die boek te doen nie, maar gee net my indrukke as (ietwat bevooroordeelde) leser weer – ek het immers die skrywer se hand een of twee keer geskud.

By die lees van die boek skiet drie ander skrywes my gedagte binne: die karakter in Koos Prinsloo se boekie Die hemel help ons, wat aan die wêreld verkondig “P W is ‘n meidenaaier”; Rian Malan se My Traitor’s Heart, waarin die verteller op jeugdige ouderdom seks het met ‘n ouerige domestic en nie kan besluit of hy die swart vrou moet soen nie; en laastens ‘n boek wat ek jare gelede in Maseru gekoop en in die hotel vergeet het, waarin die hoofkarakter – ook met ‘n voorliefde vir swart vroue – sinies opmerk,“More than anything, black cunt epitomises whoredom.”

Op bladsy 17 plaas die verteller die hele problematiek van prostitusie in konteks as hy aanhaal uit Charles Punati se boek Sexy Origins:

    Women never wanted to be prostitutes; men had just economically rigged society so that some women had to sell sex to survive.
Verder lees ek:
    “Dit bevestig my teorie,” sê ek vir die Skot, “dat die swart deursnee-hoer meer vreugde uit haar werk put as die wit hoer met die harde gesig wat deur haar gemeenskap verwerp is. Die swart hoere is merendeels soos ‘n familie; hulle kan nog lag sonder chemicals en wil ook orgasmes hê, nie net geld nie. Soms dring hulle selfs aan dat mens hulle moet soen terwyl jy op die nes is” (pp 22, 23).
En
    Wanneer ek ‘n hoer naai, weet ek dis dalk eenmalige kontak, maar terwyl ek haar hier bykom en sy nou so kreun en aangaan, is ek die mees betrokke persoon in haar lewe, of maak ek ten minste ‘n diepe indruk, kan sy nie ignoreer wat ons alleen hier doen nie. Dis ‘n intense in-en-uit-ervaring. Ek sê altyd agterna dankie, en die hoere meestal ook (p 23).
Of
    ’n Stukkie rondfokfilosofie. Prostitute dryf handel in ‘n grys gebied waar wêrelde ontmoet. As jy mooi kyk, sal jy sien dis nie grys nie. ‘n Besoedelde paradys waar bindings en ontbindings vinnig geskied. Hoere is toergidse wat dadelik tot die punt kom. Dis die direktheid wat my aantrek. Daar is nie bagasie of ‘n omslagtige paringsritueel nie. (p 187).
Ek het teen die middel telling verloor van net hoeveel vroue hier bygekom is (as ek reg getel het, net drie wittes) of hoeveel geld daar op seks uitgegee is (oor die algemeen wissel die tarief hier tussen R50 en R150, maar die verteller skik altyd vir ‘n laer prys). En na bykans elke sekssessie keer hy terug huis toe, na die bekende omgewing – na Lungi en Jomo, sy honde en die tuin.

Snaaks genoeg is dit nie die beskrywings van die gewaarwordinge tydens sy kontryery wat my bybly nie, maar die ander skrywes wat as subteks aangebied word – die vertellinge van sy ouers, die dae in die weermag, die LSD-trips, sy verlange om ‘n eie kind te hê, Lungi se latere aandrang dat sy wil trou, sy pogings om van die blaffende hond in die buurt ontslae te raak (die ambivalente houding teenoor honde waarna daar op die flapteks verwys word!) of beskrywings soos hierdie:

    Met my wysvinger skiet ek ‘n slak van ‘n spinasieblaar af in die agterplaas. Hy land in die kikoejoegras, doppie nie heeltemal geklink nie, maar minder entoesiasties as flussies. Daar is ‘n kwartmaantjie vandag; God het al weer ‘n nael geknip. Vanuit my erf sien mens ‘n wolkekrabber so groot soos ‘n man se middelvinger: die Hillbrow-toring. Die enigste oorblywende blankes in die nuwe Hillbrow is boemelaars, polisiepersone, junkies, prostitute, en bejaardes wat te arm is om ‘n ander heenkome te vind. En soms ‘n besoeker wie se jagsheid hom byna immuun maak teen gevaar.(p 12)
    Hy oorleef met ‘n panga en vuurwapen en gaan koop met ‘n moersleutel brood in Hillbrow. Soos die boodskap op sy stukkende T-shirt dit uitbasuin: “I was a white collar worker in a banana republic … sense became nonsense.” (p.53)
Ewe roerend is die beskrywings van die dood van ‘n ouma (p 43) en die afskeid neem van Nellie (sterwend aan vigs) op die laaste bladsy.
    Dankie aan Kleinboer vir hierdie boek … dat hy geskryf het voordat hy kon vergeet (p 237).
    Die hand wat hierdie keer teen die muur skryf, het ten minste ‘n liggaam.
Ns: Kan nie help om hier so ‘n steek in te kry nie: Bly om te sien Kontrei kry wye dekking in die Afrikaanse media – my eie hoererige boekies het maar swaargekry om blootstelling te kry! Hoe stel Gert Garries dit nou weer in daardie Leroux-boek?

3 Februarie 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.