|
|
Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole
Tweede verslag - SkryfNet XLucas Malan
Klik telkens op die digter se naam om die verslag te lees: Oor Gedig 1 - weergawe 2: "Krismis-regime"
Oor Gedig 2 - weergawe 2: "Melville nagte" In die voorlaaste reël van strofe 2 (“ons kon verdwyn het in arkades”) is die hulpwerkwoord “het” steurend, want saam met “kon” impliseer dit dat daar so ‘n moontlikheid was, maar dat die betrokkenes dit nie gedoen het nie – terwyl die res van die gedig juis ‘n herinnering aan so ‘n straatwandeling is. In strofe 3 behoort “koffie kamers” net soos “klaviermusiek” en ander samestellings vas geskryf te word. Die wysiging van die slotreëls (met die weglating van “jou muse”) herstel ook die logika in die spreker se betoog, hoewel die voorafgaande woord “terwyl” weer iets in die tydsverloop versteur. Die gedig het nog aandag nodig. Oor Gedig 1 - weergawe 2: "Whether paraffin
of lampolie" Nog ‘n enkele wenk oor die skryfwyse van slengwoorde: Die elisie of weglating van sekere klanke in die spreektaal kan verwarrend wees in die skrifbeeld. Woorde soos “ma” (vir “maar”) en “vi” (by “vir”) kan die leser verwar. As die afkapten gebruik word, help dit die leser: ma’ en vi’. Ook die woord “miner” (vir “minder”) in strofe 4 kan verwar word met die Engelse woord vir ‘n mynwerker. Skryf die woord as minner (soos “ommie” in strofe 5) om die leser te help. In die laaste strofe kan die Engelse lidwoord “a” ook oorgedra word na die volgende reël, en die lang voorlaaste reël kan ná “compare” afgebreek en die res oorgedra word na ‘n volgende reël. Dit sal die reeds treffende slotreël versterk.
Oor Gedig 2 - weergawe 2: "Ek sit op iets met wiele" Die problematiek van gestremdes en hul erotiese ervaring of behoeftes word sonder skroom en soms in kru terme voorgestel, maar dis tog of die versreëls nog te maklik met die en -verbinding voortstroom en so moontlike trefkrag verloor. Kyk ook na die frase “dripping tap” waar die woord “tap” nie dadelik as ‘n Engelse woord herken word nie. Verder is dit hinderlik dat die slotreël wat so belangrik is, steeds eindig met die onvanpaste woord “begewe”. Al word dit as nuutskepping bedoel waarin ons “beskore” en “gegewe” kan herken, sal die meeste lesers dit verstaan as die werkwoord wat optree in uitdrukkings soos “My moed begewe my” of “Waarin begewe ek my nou?” Oor Gedig 1 - weergawe 2: "Kiewiet" In reël 8 is die woord “moedwillig” steeds hinderlik. Woordeboeke en die Woordelys gee net “moedswillig” aan.
Oor Gedig 2 - weergawe 2: "Vlieër" Die geykte frase “jou hoop en drome” in reël 15 is ook vervang deur die veelseggender “hoop op oorlewing” wat nader aan die natuur en dus die konteks lê. Albei oorwoë en geslaagde wysigings. Oor Gedig 1 - weergawe 2: "Brekvis"
Oor Gedig 2 - weergawe 2: "Genesis" Die versugting na die “paradys” en die “verbode vrug” het nou so versober dat die leser ‘n bietjie afgeskeep of uitgesluit voel. Dit sal nie onvanpas wees om die leser te verras met wat die aard van die “verbode vrug” in “die paradys” is nie – en waarom die spreker nou juis so skuldig voel om dit te begeer en “genade” daarvoor vra. Alle lesers is tog ook mense en aan dieselfde “verlistinge” blootgestel. Die hersiening en verkorting van die teks is nietemin ‘n stap vorentoe. Oor Gedig 1 - weergawe 2: "die blues van liefde" Die nuwe weergawe is nog steeds verward in konsep en segging en voor die outeur nie mooi weet wat sy eintlik wil sê nie, sal daar nie veel van hierdie teks gemaak kan word nie.
Oor Gedig 2 - weergawe 2: "koggelmander hoop" Poësie hoef nie nadruklik te wees nie, maar te veel verhulling werk weer teenproduktief.
Wil jy reageer op SkryfNet X? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za
om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |