SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Algemene wenke

Ingrid Winterbach: In enige prosawerk, wat ook al die lengte daarvan, behoort alle elemente funksioneel te wees – elke sin, elke beskrywing, elke gedagte, elke bywoord en byvoeglike naamwoord. Dit behoort so te wees vir ‘n roman (ideaal gesproke), maar dit is sekerlik van uiterste belang vir ‘n kortverhaal of kort prosawerk. Die enigste manier om dit reg te kry, is om die verhaal te herskryf totdat alle oortollighede en mankemente mettertyd soos onkruid uitgewied is. Dit is eers tydens die proses van sodanige intensiewe herwerking en fynkamming (met ‘n fyn kam herhaaldelik deur die teks gaan!) dat sommige onduidelikhede/nie-funksionele elemente sigbaar word. Dit gebeur selde by die eerste, tweede of selfs derde weergawe.

Tydsberekening is van die grootste belang in enige vertelling. Waarmee die verhaal begin, waarmee dit eindig, dit is die mees ooglopende aspek hiervan, maar dit geld ook vir die aanbod van elke onderdeel van die verhaal.

Die oordra van inligting in ‘n verhaal is ‘n moeilike saak. Dikwels word agtergrond en inligting (van watter aard ook al) as iets addisioneels gesien – nie as ‘n deel van die verhaalgegewe nie. Daar word onnodige inligting gegee, waardeur die teks cluttered raak en die leser geïrriteerd. Of dit word op die verkeerde plek gegee – waardeur dit trefkrag verloor.

Ek het gevind dat – in meerdere of mindere mate – al die verhale besondere aandag aan veral hierdie aspekte kan gee.



Algemene wenke van SkryfNet V:

Herman Wasserman: 'n Algemene wenk aan voornemende skrywers is om nie net gereeld hul skryfwerk te oefen nie, maar veral ook te oefen om te lees: om meer kortverhale te lees, om wyer te lees, en om meer aandagtig te lees.

Hennie Aucamp se handleiding, Die Blote Storie, kan vir enige voornemende kortverhaalskrywer aangeraai word. Dit is 'n baie waardevolle bron en ek vind dat ek keer op keer daarna terugkeer.





LitNet: 04 Oktober 2005

Wil jy reageer op SkryfNet VII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.