|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole
Die Prisênt
Miquette Redelinghuys
Vandag was rêrig crap. Die ouens het funny ideas gehad. Oggend vroeg
tel een my op by die square, daar by die statues. Hy vat my toe na sy huis toe.
Daar moet ek die voorskoot omsit en maak of ek die maid is. Hy maak toe of hy
die baas is wat huis toe kom van die werk af sonder vrou. Soos wat ek toe nou
stofsuig en vloere vee en koppies was, sit hy op die couch en speel met sy tollie
terwyl hy vir my kyk. Weird man. So teen twaalfuur laai hy my weer by die statues
af.
Ek moet eers iets eet so ek kry toe gou kos by die porra se take-away en gaan
sit in die gardens by die library. Soos wat ek so sit, kom daar ‘n seuntjie
na my toe geloop en vra of ek sy ma gesien het. Nee, sê ek toe en gee
maar vir hom een van my worsies. Mooi kind, seker so vyf jaar oud. Nou wonder
ek watse ma los haar kleintjie sommer so in die park. Ek sal dit nooit met my
baba doen nie.
Daar was baie duiwe wat die hele tyd pik-pik om my voete. Êrens kyk ek
op in die lug en sien toe hierdie mooie wit duif wat afgevlieg kom. Hy het vir
‘n oomblik op my kop gesit en toe is hy weer weg, asof hy net gou kom
hallo sê het.
So twee-uur staan ek daar in Loopstraat. ‘n Groot, geel bus kom verby.
Al die mense binne-in skommel soos milkshake toe hy om die draai gaan. Die rooi
kar stop langs my en vra of ek werk. Ek sê ja, “vir meneer, enigiets!”
Ons ry toe ver verby Clifton en Camps Bay al die pad om tot by Vishoek. By sy
huis gekom, sê hy ek moet uittrek, maar toe ek in die kamer kom, is daar
drie ander girls daar. Dit was darem nie so weird nie, maar nog steeds –
wil mans nie meer naai nie?
Hy gaan laai my toe later weer af daar by die Waterfront. Toe ek in Pick ‘n
Pay is, loop ek verby hierdie vrou wat by ‘n tafeltjie staan en samples
uitdeel. Toe sy my sien, vra sy: “Some bum cream for your baby, lady?”
“Nee!” sê ek verskrik en loop aan.
So vieruur moes ek eers gaan inbetaal by Lazarus. Hoop nie ek kry weer sulke
freaks vanaand nie, maar dis okay, want Lazarus sê ek maak goeie geld.
Dalk is hy nice hierdie jaar en gee my ‘n raise vir Krismis. Ek sien weer
Mary se gesiggie voor my daai jaar oor daai ou pop wat Moedie by haar mêrrem
gekry het. Ek het myself belowe toe Moedie siek geword het, ek sal sorg dat
Mary se gesiggie elke jaar so blink soos die Bethlehem star waarvan hulle altyd
sing voor Krismis. Sy is nog so klein. Sy verstaan nie al die goed nie.
Jamie mis die meeste vir Dada. Hy het gesê hy sal vir ons skryf en geld
stuur van Angola af, maar nadat ons nou al amper vir drie jaar niks gehoor het,
het ons ophou hoop. Moedie sê hy het seker sy lepel in die dak gesteek
en dit is ten to one van al die gesteek dat hy nou vrek lê êrens.
Vandat Dada weg is, het Jamie stil geword. Partykeer het dit gelyk of hy weer
gesnuif het, net so in die verte gestaar asof hy dinge sien wat ons nie kan
sien nie.
Dis dié dat ek maar self moes inspring en werk, want Moedie het net al
sieker geword en Jamie was meer in die tjoekie as by ons. Dit was baie moeilik
aan die begin, maar ek het gou gewoond geraak. Dit bring goeie geld in. Ons
eet goed. Ek kon vir ons mooi klere koop. Warm klere vir die winter. En Moedie
se meds, of course. Dis nogal duur. As Moedie nog gewerk het, sou dit beter
gegaan het, maar met die gehoes en al die sere is sy altyd moeg.
Ek is nogal spyt dat ek skool moes los. Ek sou nou Standard 8 gewees het. Ek
is nou vyftien. Die kinders by die skool het altyd gepraat van hulle “sweet
sixteen” en dit klink so lekker, maar nou ja. As ek sestien was, sou ek
‘n normal job kon kry soos ‘n cashier of skoonmaker, maar ek is
nog te jonk. Dis hoekom ek maar vir Lazarus werk. Ek het van die naaldwerk en
opstelle gehou. Ek het van kleins af altyd vir Mary en Jamie stories vertel
wat ek self uitgedink het. Ek kan mooi lees ook, of so het Miss Petersen gedink.
As sy so oor haar bril vir my kyk en in haar mooi Engels sê: “Katie,
you must never stop reading, promise me!” Ons het darem een boek in die
huis, noudat ek daaraan dink, Moedie-hulle se Bybel. Partykeer as ek tyd het,
lees ek nog daarin, maar dit gaan maar moeilik. Moedie het dit nog by ‘n
church-meeting gekry. Soos sy sê: “In the good old days toe jou
pa nog geworry het.” Die blaaie is al baie geel en geskeur.
Dit laat my dink aan Antie Josie se kind wat hier agter bly. Hy het eers so
geel geword en toe lank gelê. Moedie wil nie hê dat ons daar naby
moet kom nie. Sy sê dat die kind se siekgeit hom half koekoesrig gemaak
het. Moedie sê dat sy gesien het hoe hol die kind met sy kaal bas al skrouende
al om die huis.
Dalk moes ek maar daai bum cream gevat het, maar Moedie sê altyd niks
is verniet nie.
Aan die begin was dit baie moeilik as ek ‘n wit ou moet doen. Hulle embarrass
my altyd. So asof ek iets verkeerd doen. Hulle is die bleddie rykgat ou ballies
wat like van coloured working girls. Ek onthou toe die vrouens van die wit kerk
vir ons een Sondag lank terug broodjies en sop gebring het. Hulle het vir ons
uit die Bybel gelees en ons het liedjies van Liewe Jesus gesing. Hulle het gelees
dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het en dat ons ook ander mense
moet vergewe soos Hy ons vergewe. Ek kan nie regtig die customers vergewe nie,
want dis maar my job. ‘n Rand vir ‘n brand, so sê hulle, nè.
Ek wonder party dae of Liewe Jesus van ons vergeet het. Ek meen, ons het ‘n
huisie hier op die Vlakte en as die Kaapse Suidoos waai, voel dit of hy al jou
geraamtes in jou kas laat ruk en dat hulle any moment now gaan uitmoer saam
met die dakplate en vensters. Het Liewe Jesus van ons vergeet? Of help Liewe
Jesus net wit mense? Of moet Hy nog kom? Ek weet nie meer nie. Jamie sê
dis die zol wat my kop so dof maak.
Nou die dag het ek amper gefaint. Ek staan daar op die hoek, net so entjie van
die shops af dat ek nie gevang word nie. So mooi, lang, slap, swart kar stop
by my en ek klim in. Die man het net soos Dada gelyk, of soos ek hom onthou,
maar hy het ‘n Afrikaanse naam en van gehad. Hy wou ook net met my praat.
Hy het gesê dat ek so ‘n mooi meidjie is en dat hy wens hy kan my
help. Toe vra hy my oor Moedie en Jamie en Dada en Mary en wat ek die graagste
wil hê vir Krismis en ek sê toe vir hom.
Hy sê: “No problem, ou girl. Enige man wat ek ken, doen dit met
plesier.”
Hy het vir my Kentucky gekoop en gekyk hoe ek eet. Met ‘n Coke en drie
pakkies Stuyvesant nogals. O en so ‘n mooi pienk lighter met hartjies
op en ‘n slab chocolate met neute: “For being so sweet,” het
hy gesê.
Lazarus was so happy oor al die pers papiergeldjies dat hy glad nie geworry
het toe die man vir hom sê dat ek nie weer terugkom nie. Hy het al my
pay en sommer ‘n bonus ok gegee en dit was nie eers naby pay-day nie.
Ons is toe gou Shoprite toe vir melk vir Moedie. Dis beautiful, nè, al
die Vader Krismisse en sneeumanne en sleë en bokke en die kindertjies.
Toe begin die liedjie speel en ek hoor die mooi woorde:
“Mary’s boy child Jesus Christ
was born on Christmas day”
En ek dink weer aan Mary – sy gaan so bly wees oor al twee haar nuwe
maatjies. En ek? Ek kry die beste prisent, net soos Mary in die liedjie darie
Krismis gekry het.
Toe ek huis toe loop, kon ek sweer ek het weer daardie selfde wit duif gesien.
LitNet: 17 Januarie 2006
Wil jy reageer op SkryfNet VII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za
om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
boontoe
|