SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Goldfinger

Liza Louw

“ ’n Plant lewer net een tros piesangs per jaar. Daarna moet die hele plant afgesny word en die nuwe uitloopsels vorm weer die volgende jaar se boom.”

Ons sit al drie voor in my oom se bakkie, ek en my splinternuwe eggenoot; skouer aan skouer met my in die middel tussen die twee mans, die lenige jong man en die effe gesette middeljarige man. Die rooi grondpad slinger tussen die piesangbome deur. Dik vlesige stamme stoot op uit die geil aarde - hulle staan dig soos ’n oerwoud met die welige groen kroonkoppe oopgevlek na die hemel. Ritse groen piesangs krul wellustig soos hande teen die stamme omhoog. Geurige blare vee breed teen die voorruit soos ons deur die plantasie ry.

Die aarde ruik na vars reŽn, die lug is soel. Daar is poele modderwater opgedam in die holtes van die grondpad. Die bakkie se wiele plas daardeur, die skarniere kraak terwyl ons stadig oor die oneweredige plaaspad wieg.

“Dis so klam en vogtig en alles groei so geil,” adem ek. Dis ’n heel ander wÍreld teenoor die groot stad waaruit ons kom. Waar betongeboue sy aan sy die hoogtes inskiet langs die bot raamwerk van warm teerstraat op teerstraat. Massas mense wat wemel op die sypaadjies. Gedrang, verkeersgeraas, rook en stoom.

My oom kyk sydelings na my met sy koel diepblou oŽ, my oorlede pa se oŽ. “Ja, dit is baie mooi hier, veral party tye van die jaar. Hier is ’n kuil verder aan en in die somer is dit oortrek met waterlelies, te pragtig.”

Hy lag innemend met my, die plooitjies om sy oŽ kreukel permanent op. Hy het sy hoed op soos ek hom leer ken het van kleins af, wat skaduwee gooi oor sy oŽ.

Sy hoed skei sy gelaat in twee duidelike dele: daar is die bleekwit plooitjies-voorkop wat oorgaan in die middeljarige bles teenoor die rooi gesig soos die son hom piets bedags. My oom was nog altyd ’n plaasboer. Hy lag sy hartlike uit-die-keel-lag, sy bekende stem onverwags melodieus.

“Daar hou ook ’n krokodil; ons weet nie hoe hy daar gekom het nie, seker maar met ’n sy-aar toe dit opgestoot het nadat dit baie gereŽn het. “ Met ’n goedige lag vertel hy van die landmeter wie hy eendag op ’n bootjie uitgeneem het op die poel; hoe groot die man geskrik het toe die krokodil se kop skielik verskyn het bo die water naby hulle waar hy gedryf het.

“Hy sal niks doen vir ’n mens nie, hy is maar net nuuskierig.” Hy lag sy hartlike lekkerlag waarmee ek grootgeword het. “Maar jong, het daardie knaap geskrik!”

My stedelike man begin saamgesels, vra uit. My oom vertel en weef vir ons die storie van hulle lewe hier in hierdie streek. Hulle groei hoofsaaklik piesangs en avokado’s. Bietjie tamaties en pynappels ook. My oom boer nog sy hele lewe lank met subtropiese vrugte.

“Dit is die vroulike blomme wat die vrugte dra,” vertel hy verder. Hy hou stil en wys met sy arm by die motorvenster uit na die opvallende donkerpers manlike blom wat onder aan die lang tros groen vingers hang. “Ons plant hoofsaaklik die variŽteit Goldfinger aan,” voeg hy by.

Ek betrap my oom dat hy my lyf sydelings bekyk. Sy oŽ glinster as hy sÍ: “En hoe behandel die getroude lewe jou, Marietjie? Sommer nou die dag nog was jy nog ’n klein dogtertjie. Nou het jy sommer al jou eie man!”

Ek dwing ’n laggie uit en probeer my skielike ongemak verberg. Ek keer dat my skouer nie onnodig teen syne skuur nie.

“Ongelukkig sÍ die Bybel dat ’n man net een vrou mag hÍ,” gaan hy voort. Hy lag tergend en klem die stuurwiel stewig vas met albei hande, breŽ werkershande, met barsies oor die kneukels.

Toe ons tuiskom, is my tannie oudergewoonte in die kombuis besig voor die stoof. Daar is ’n paar werfhulpe wat handjie bysit. Ene dra nog hout in, ’n ander dra borde aan eetkamer toe.

Die kombuiskaste is groen geverf. Die tafel en stoele ook. Deur die oop spensdeur sien ’n mens afwisselend rye en rye bottels glansende koejawels en glimrooi tamaties agter glas op die rakke staan. Die rosige vrugpitjies vorm geheimsinnige patrone van hulle eie in die halfskemer.

Aan die eetkamertafel word eers ’n tafelgebed gedoen voordat ons begin eet. My oom en tannie hou hande, soos altyd. Sy sÍ amen agterna. Die gaslamp suis gerusstellend en gooi sagte lig oor ons vier se koppe; die koesterende vertroudheid wat ek ken vandat ek ’n dogtertjie was.

“Probeer hierdie avokadosmeer,” bied my tannie gulhartig aan. “Dit is hoe ons geleer het om groot hoeveelhede avokado te preserveer. Dit is mos ’n ding wat verkleur, nou meng ’n mens dit met suurlemoenjellie voordat jy dit vries.” Sy stoot die botteltjie met sy groen inhoud oor na ons kant toe. “Kom, Marietjie, skep vir jou man nog kos in Ö”

My tannie behoort haar hele lewe lank nog aan die plaaslike vroueverenigings.

Daar het sy al die geheimenisse van boervrouwees geleer: om allerhande konfyte te kook en subtropiese vrugte te verwerk tot enige moontlike stoorbare produk. Sy is ’n deugdelike vrou.

Na die ete gesels die mans nog in die voorkamer. Ek help die tafel afdek. Een van die kombuishulpe is nog doenig in die kombuis. Sy is bloedjonk met die sierlike lyf van ’n vrou wat nog nie ’n kind gehad het nie. My tannie praat met haar in die plaaslike taal en gee ’n paar instruksies. Dan sÍ sy vir my: “Kom, Marietjie, ons gaan sit binne by ons mans.” Sy en my oom vertel van hulle kinders, almal nou getroud en reeds met ’n hele spannetjie kleinkinders.

Die huis word uiteindelik rustig in die soel somernag. Iewers roep ’n naguiltjie. Daar brand reeds ’n lamp in die gastekamer. Op die laaikas is daar ’n lampetbeker en ’n emaljeskottel. Op die bedkassie ’n kraffie met water en ’n glas. My tannie dra besorgd nog komberse aan. "Ons na-nagte kan soms onverwags koel raak," verweer sy laggend, "al is dit so warm bedags."

“Marietjie het ’n man wat haar warm kan hou,” terg my oom uit die gang uit op pad kamer toe.

Die son vang die kamergordyne skraps die volgende oggend toe ons met koffie in die breŽ plaasbed ontwaak. Ek en my nuwe man nestel knus in mekaar se arms en luister na die voŽls in die mangoboom voor die venster. Geluide uit die kombuis dui aan dat die dag se werksaamhede begin het - geklingel van melkemmers, ’n stoof wat gestook word, vroemŰre-skottelgoed.

Wanneer ek later die skinkbord terugneem kombuis toe, tref ek voor die opwasbak weer die jong vrou van gisteraand aan. Van die kombuishulpe is sy beslis die jongste.

Getrou aan die tradisie van die mense van daardie streek, het sy ’n bedrukte bont doek styf om haar onderlyf gedraai, die bedrukte patrone bestaan uit reuse oranjeryp pynappels; die donkergroen lowwe reik uit na bo soos oopgekelkte hande. Haar stewige vol boude klok uit vanuit die smal middel. Daar steek ’n stukkie van haar rug uit. Die vel is glad soos satyn, donker soos bittersjokolade. Haar lang arms glim soos ebbehout uit die kortmoue van ’n verweerde dun katoenbloesie waaronder haar kaal bolronde borste bons en bokspring soos twee lammers. Haar bewegings is langsaam en sierlik. Sy is verdiep in haar werk en sien my nie raak nie. Asof betower staar ek na haar.

Die volgende oomblik praat sy enkele woorde in haar taal. Voor ek tot verhaal kan kom, hoor ek my oom se stem vanuit die spens. Die woorde is monotoon en onverstaanbaar, die taal van hierdie streek - vir my as oningewyde niksseggend.

Dan tree hy te voorskyn en sien my. ’n Skielike skrik vee oor sy oŽ.

“MŰre, Marietjie, my kind,” sÍ hy vinnig. Sy leŽ koppie rinkel verskrik op die piering. “Het julle goed geslaap? Hoekom is jy dan so vroeg op, jong?”

Uit die pakkamer op die werf waar die kratte varsgeplukte tamaties wag, kan ek my oom se vrou hoor praat waar sy rustig bevele gee aan die paksters. Haar vertroude stem, singend in die vreemde klanke van die inheemse tale. Haar hand sekuur op die huislike take. Die pligsgetroue boervrou. Presies.

Wanneer my oom sy koppie na die meisie voor die opwasbak aangee, kan ek nie help nie om vir ’n vlietende oomblik op te merk hoe sy vlesige vingers geil soos ’n tros piesangs bewerig kurf om die piering se rand.



LitNet: 01 April 2005

Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.