![]() |
|
Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole Wat
is SkryfNet?
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
SkryfNet IX se inwonende skrywers![]() |
Abraham Hermanus de Vries is gebore op
die plaas Volmoed in die distrik Ladismith; hy is ook die eerste ereburger
van dié dorp. Hy behaal in 1962 Kandidaats en Doktoraal Litt et Phil
aan die Gemeentelijke Universiteit, Amsterdam, Nederland, en in 1986 die
DLitt van die Universiteit van Stellenbosch. Braam was van 1963 tot 1965 kunsredakteur van Die Vaderland in Johannesburg en is sedertdien 'n gerekende akademikus. Hy is die skrywer van 18 bundels kortverhale, 'n roman, 'n digbundel, drie reisverhale, drie speurverhale, en televisiereekse sonder tal. Pryse ontvang: die Nederlandse Reina Prinsen-Geerlig-prys, Eugène Marais-prys, Perskor-prys, eerste prys in die De Kat-Potpourri-wedstryd, Artes vir die televisiereeks Die Klein Karoo, en vanjaar die RAU-prys vir skeppende werk. Hennie Aucamp se Kort voor lank, WA de Klerk se As die reier noord vlieg en Alan Paton se Ah, but your land is beautiful is aan hom opgedra. |
|
SkryfNet IX se skrywers![]() |
Johann Crafford is
op Stellenbosch gebore en getoë. In 1968 gematrikuleer aan die PRG en toe
BA geswot aan die US. Vyftien jaar in die elektroniese en gedrukte media
in Kaapstad gewerk, en toe 'n skakelonderneming in Johannesburg begin. Daar
verder bemarking (diploma) aan UNISA gestudeer. In 1994 teruggekeer Kaapstad
toe, woon op Melkbosstrand en doen steeds vryskut-skakelwerk. Hy is ook
spesialis-wyntoeroperateur/gids, maar sy eerste liefde bly steeds skryf.
|
![]() |
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.