|
Kan geld alleen regmaak wat krom is?Servaas van der BergSol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, September 2002
Daar was dus ekonomiese groei, en vinniger as die groei van die bevolking. En die uitwerking van selfs matige groei oor n baie lang periode is so enorm dat niemand daarvan uitgesluit bly nie. As die gemiddelde inkomste in Afrika-lande vandag drie maal soveel as twee millennia gelede is, moet daar minder armes wees, en moet die ellende van hulle armoede ook minder wees. Wie sou wou beweer dat die armoede van Amerika erger is as dié van Mosambiek, of Ethiopië? Geld wat krom is, maak nie alles reg wat stom is nie maar dit kan op belangrike maniere n verskil maak. Money cant buy you happiness, but it can buy the misery you like best. Ekonomiese groei is en bly daarom die belangrikste langtermyn-determinant van die omvang van armoede, en dit gee ons nie net groter inkomste geld nie, maar stel ons ook in staat om meer te doen om ander basiese behoeftes te bevredig. Daarom is die hervatting van ekonomiese groei in Suid-Afrika na 1994 so belangrik, al is dit steeds pynlik stadig, gemeet teen die behoefte om armoede en die ongelykhede wat ons van apartheid geërf het, te verminder.
Per kapita-huishoudingsbesteding volgens ras en swart bestedingsgroep, 1995
Dat ras as skeidslyn nou nie meer byna die enigste lyn is waarlangs verdeling in ons samelewing loop nie, is wins. Maar dit sou gevaarlik wees as groot dele van ons bevolking hulself steeds permanent uitgesluit voel uit die hoofstroom van ons samelewing. Sosiale uitsluiting is dus n wesenlike gevaar, en dit bring my by die finale onderwerp wat ek wil aanraak: die onderwys.
Laat my dit illustreer deur n paar getalle en voorbeelde. Ons spandeer vandag baie meer aan onderwys as in die dae van apartheid, en daardie besteding is nou baie beter gerig op die grootste behoefte, ons swart skole. Onderstaande figuur illustreer dit duidelik: Staatsbesteding aan skoolopvoeding volgens ras, 1991 tot 1997 (1995 Rm)
Maar gemeet aan matriekresultate gaan dit vandag nog regtig beroerd in ons skole:
In die onderwys, is ek bevrees, kan geld alleen nie regmaak wat krom is nie. Laat ek dit met n paar verdere voorbeelde illustreer. Die figuur hier onder toon die verband tussen die leerlinge per onderwyser en die slaagsyfer in hoofsaaklik swart skole. Elke kolletjie stel n skool voor. As u enige patroon kan onderskei, dan vaar u beter as die meeste statistiese ontleders, want die verband is uiters gering. Statisties gesproke kan slegs 4 persent van die verskil in skole se slaagsyfer deur die getal leerlinge per onderwyser verklaar word. Meer geld of onderwysers alleen is duidelik nie die antwoord nie.
Tog is die prentjie nie oral ewe donker nie. Neem ons armste swart skole, dié met skoolfooie van minder as R30 per jaar. Die meeste van die meer as 900 sulke skole waarvoor ek data het in ses provinsies, vaar uiters swak. Tog is daar n stuk of 60 wat slaagsyfers van oor die 75% behaal in matriek, en baie van hulle doen dit jaar na jaar. Hierdie skole is die werklike presteerders. Dit is hulle wat toon dat hoë slaagsyfers moontlik is met baie min hulpbronne, dat swak sosio-ekonomiese omstandighede nie permanent n belemmernis hoef te bly nie. Dit is hulle voorbeeld wat nagevolg moet word ons is dit aan die kinders van vandag en môre verskuldig dat nie nog n geslag van die ekonomiese hoofstroom uitgesluit word nie, dat die geleenthede gegee word vir elkeen wat dit wil aangryp, en dat ons daardeur ons land se groeipotensiaal uitbou. Daarvoor het ons funksionerende skole nodig en geld alleen kan dit nie vir ons gee nie. Dit is dan ons uitdaging om ons skole produktief te laat funksioneer, sodat sosiale uitsluiting beëindig kan word en ons ekonomie kan groei. Geld alleen is daarvoor nie die antwoord nie, maar gelukkig ook is dit moontlik sonder veel geld.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |