|
'n Eiesoortige leeservaringWynand HauptTweede natuur Johann de Lange skryf soos hy dig. Min woorde sê dikwels heelwat, en hulle tref. Die sewe aaneenskakelende verhale in hierdie bundel is meestal individueel geslaag. Saam sorg hulle vir n eiesoortige leeservaring. Met gedeeltes soos die volgende:
moet jy jou maar regmaak dat jy nie lui agteroor kan sit terwyl jy die bundel lees nie. En bogenoemde is n mak voorbeeld. n Relatief skone ... Maar lui lesers moet in elk geval geskiet word. Hier mik De Lange tussen die oë en sinne met eksplisiete, selfs blatant-banale gay seks, die dwelmkultuur, die verganklikheid van verhoudings, die laatnag- en vroegoggend-doen van die Kaapse klubs en raves, en die manier van redeneer van n hele hedendaagse generasie. En dis verslawend … Die skrywer, en daarom ook dikwels sy karakters, het n interessante sin vir humor. Net in die eerste verhaal voel dit soms of die woordspelinge oordryf word. Hier is ook die soort insigte wat, terwyl jy lees en waarskynlik ook by nabetragting, onweerlegbaar voorkom. Byvoorbeeld dié gedeelte op bladsy 20:
Die bundel sal ook dien as n frustrerende les vir lesers wat opsluit skrywers in hul karakters wil vind. Hier brand n mens om dit te doen, aangesien daar in drie van die sewe verhale n ek-verteller is, maar meer nog, in nog drie heet die hoofkarakter Johann. Voorin staan daar egter: Alle karakters & gebeure in hierdie verhale is sinnebeeldig. Natuurlik het die laaste woord meer as een betekenis in n bundel met n (treffende) voorblad waarop iemand n pil op sy tong hou. Daar is dingetjies wat pla. Die woord ecstacy word soms met n hoofletter gespel en ander kere nié. En die spelling moet ecstasy wees. Die vervanging van die woord en met die teken & doen ook ietwat selfbewus aan en raak veral hinderlik wanneer n sin daarmee begin. Maar eindelik is dit, soos gesê, n eiesoortige leeservaring. Ook die slotsom waartoe die bundel kom, of skyn te kom, is treffend (en waarskynlik nodig) en stem op n manier ooreen met die soort positiewe boodskap wat Amerikaanse TV-reekse so onsubtiel aan die kyker opdwing - hier wel baie meer subtiel: In die tweede laaste verhaal, Schmangled: n remix, met sy vertellinge van dae opgevlam met n silwer energie, vind ons n besinning oor n tyd wat aangegryp is maar wat tog verbygegaan het, wat van toepassing gemaak kan word op énige mens wat n tydperk in sy lewe vir altyd agterlaat. Dan kom die laaste verhaal, waar die ek-verteller met sy minnaar in sy arms lê, n beklemtoning van liefde as die ultimate trip. Liefde, besef ons en hy, is nie net die mees verslawende dwelm nie, maar ook die bevredigendste: Vir die eerste keer in maande was ek high sonder dat ek E gevat het. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |