SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Keuse uit Sheila Cussons se nie-religieuse gedigte verskyn

Johann Lodewyk Marais

Sheila Cussons
Die asem wat ekstase is
Tafelberg-Uitgewers

’n Keuse uit Sheila Cussons se nie-religieuse gedigte uit al haar bundels — van Plektrum (1970) tot Die knetterende woord (1990) — deur die digter self en Amanda Botha, het pas by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Die bundel se titel is Die asem wat ekstase is. Enkele ongepubliseerde gedigte word ook ingesluit, en ’n keur uit al haar kwatryne word afsonderlik aangebied. Die sterk Europese kleur en geur van die bundel dui op die ruimer geesteswêreld van Europa — veral Spanje, waar sy lank gewoon het.

Sheila Cussons het in 1970 met Plektrum gedebuteer, een van die beste debuutbundels nog in Afrikaans. Na ’n ongeluk waarin sy deur vuur geskend is, en ’n lang tyd in die hospitaal, publiseer sy Die swart kombuis, wat ’n opskudding in die Afrikaanse literêre wêreld veroorsaak. Dit word gevolg deur ’n reeks bundels waarin poësie as ‘t ware soos fonteinwater uit haar opborrel. In 1983 ontvang sy die Hertzogprys vir al haar poësie. Haar laaste bundel, Die knetterende woord, verskyn in 1990. Sheila Cussons was die digter D J Opperman se eerste protégé. Sy het lank in Spanje gewoon voordat sy in die jare tagtig na Suid-Afrika teruggekeer het. Sy woon tans in Lazarath House in Vredehoek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.