SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

In memoriam Rika Cilliers (1951 — 1999)

Johann Lodewyk Marais

Die dood van Rika Cilliers op 27 April 1999 het vir my, soos waarskynlik vir baie ander ook, as ’n skok gekom. Veral dié wat haar net af en toe raakgeloop het (soos dit nou maar in die literêre wêreld gaan) was sekerlik onbewus van die pyn waarmee sy die laaste deel van haar lewe moes saamleef. En toe nie meer verder kon nie.
    Die Rika van die swaarkry het ek dus nie meegemaak nie. Gelukkig of ongelukkig? Ek weet nie. Ek onthou haar dus “soos sy was”. Maar hoe “was” sy? Ongetwyfeld was sy ’n besonder begaafde en aantreklike vrou. Die enkele kere dat ek haar sien optree het (soos tydens die oorhandiging van die Rapport-boekepryse 1990 by die RAU), het haar vlymskerp intellek en respek vir die woord en veral die poësie my opgeval. Sy wás ’n ster. Hierdie indruk is versterk in al die gesprekke wat ek met haar gehad het. (Ja, Rika Cilliers was nie verniet vir DJ Opperman en Lina Spies een van hulle topstudente nie.)
    Ook in Rika se poësie het ek hierdie eienskappe teëgekom. Veral in haar derde digbundel, Mammoet(1984), het sy iets besonders gedoen. Daarin het sy die wêreld van die mammoet in die tyd deurgrond en haar eie lotgeval as mens en vrou daarby ingeskryf. Dit is ’n bundel waarin hewige emosies trefseker verwoord word; ’n bundel wat my bewondering reg van die begin afgedwing het; ’n bundel wat nie ’n geringe rol gespeel het in my (waarskynlik effens anderse) belangstelling in die mens se verhouding tot die geskiedenis en die natuur nie. So ’n (eenheids)-bundel het ek daarna meer as een keer probeer skryf. En maar weer probeer omdat ek haar bundel maar net nie kon vergeet nie.
    Maar ook Rika se vier ander bundels bevat ’n intensiteit en hewigheid, ’n intellektuele diepte en afgerondheid wat min (vroue-)digters wat in haar leeftyd meer erkenning as sy gekry het, kon ewenaar of oortref. In alles wat sy aangepak het, was sy die toonbeeld van keurigheid.
    Ek sal die vergestalting wat sy aan skoonheid in verskillende gedaantes gegee het, mis. Gelukkig is daar so baie wat mooi is van haar om te onthou. Helaas, my blomme is te laat ...

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.