SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Huldigingsbundel vir WF Jonckheere

Johann Lodewyk Marais

DZ van der Berg (red.)
1998
Oorbrugging: ’n Huldigingsbundel vir WF Jonckheere
Howick: Brevitas
(ISBN 1-874976-24-4. Prys: R80,00)
(Adres: Posbus 101430, Scottsville, 3209 Suid-Afrika. Tel./Faks 033-386 3570 / 033-330 3269. E-pos: ablacq@futerenet.co.za)

Hierdie bundel is met sy aftrede saamgestel om hulde te bring aan prof. Wilfred Jonckheere vir sy besondere bydrae die afgelope dertig jaar tot hegter samewerking tussen Suid-Afrika en die Lae Lande. Sy CV wat agter in die bundel opgeneem is, bevat ’n lang lys publikasies, optredes by kongresse dwarsoor die wêreld, en toekennings wat hiervan getuig. Veral kollegas wat met hom saamgewerk het in die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek en die Internasionale Vereniging voor Neerlandistiek is gevra om bydraes te lewer en bied boeiende leesstof vir elkeen wat belangstel in Afrikaans en Nederlands.
    Die bundel bied verskillende perspektiewe van 24 uitgelese akademici op die stand van die Nederlandse en Afrikaanse kultuur, letter- en taalkunde en ook gedigte van Joan Hambidge en prosabydraes deur Miep Nienaber-Luitingh en Izak de Vries. Dit word voorafgegaan deur ’n voorwoord van prof. Edith Raidt en ingelei deur ’n oorsig oor die Nederlandssprekende identiteit in Europa. Daar is bydraes oor Mariken van Nieumeghen, WF Hermans, Elisabeth Eybers, Roland Jooris, Chris Barnard, Etienne van Heerden en Elise Muller. Verder word verrassende perspektiewe gegee op die eenhoring in Suid-Afrika, die debat rondom Nederlands en Afrikaans, visies op die stad in die letterkunde, die kreool-kontinuum van Afrikaans, derdetaalonderrig in die hoër onderwys, onderliggende filosofiese aannames in taalstudie, postapartheid-perspektiewe in die letterkunde, ’n vrouekarakter in die Suid-Afrikaanse letterkunde, name in vertaling, die transformasie van die WAT, en ’n oorsig oor die Neerlandistiek in Suid-Afrika — ’n gepaste huldeblyk aan ’n ruim mens wat vir elke leser nuwe vensters sal oopmaak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.