|
Ena Jansen en Wilfred Jonckheere versamel Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Anglo-Boereoorlog in Boer en BritJohann Lodewyk Marais
Boer en Brit: Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Anglo-Boereoorlog 1999. Pretoria: Protea Boekhuis (ISBN 0-620-23831-3. Prys: R79,95.) Boer en Brit wil n ongewone beeld van dié oorlog skep. Naas n reeks uittreksels uit die Afrikaanse literatuur van die afgelope honderd jaar, bevat hierdie bundel ook Nederlandse tekste wat in die oorlogstyd en kort daarna ontstaan het. Aan die hand van romanfragmente, gedigte en gedeeltes uit ego-dokumente soos dagboeke en herinneringsbundels word n unieke beeld van die oorlog gebou: n multiperspektief in twee tale, geskryf deur mense wat die gebeure persoonlik meegemaak het of dit op n afstand van tyd of ruimte in literêre tekste omskep het. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |