SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Vestiging van die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse poësie in Gent, België

Wannie Carstens

Danksy die inisiatief en harde werk van ’n klomp Afrikaanse akademici asook van Vlaamse belangstellendes in die Afrikaanse taal, pryk die letterkundige nalatenskap van Ernst van Heerden, Afrikaanse digter en akademikus, nou in die grootste poësieversameling in die Nederlandse taalgebied. Die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse poësie bevat tans 609 Afrikaanse bundels, bloemlesings en kritiese werke, maar sal gereeld opgedateer word. Hierdie versameling is op 27 November verlede jaar (1998) in Gent, Vlaandere, amptelik tydens ’n geselligheid in ’n historiese gebou op die Vrijdagmark aan die Poëziecentrum oorgedra.
    Dié versameling is aanvanklik deur Van Heerden aan die Suid-Afrikaanse digter, dr Lucas Malan, nagelaat, maar dr Malan het dit goedgunstiglik geskenk vir opname in die Poëziecentrum. Hierdie sentrum het in 1980 tot stand gekom as ’n dokumentasie-, inligtings-, en studiesentrum vir Nederlandstalige poësie en buitelandse poësie wat in Nederlands vertaal is. Die byvoeging van die Afrikaanse poësieversameling behoort na verwagting as groot stimulus vir vergelykende letterkundestudies te dien. Die personeel van die Poëziecentrum sal die versameling mettertyd beskikbaar stel vir gebruik deur belangstellendes in die Afrikaanse poësie.
    Die idee vir die hele projek het ontstaan in Junie 1997 tydens ’n besoek aan die Poëziecentrum deur Suid-Afrikaanse deelnemers aan die Nederlandse Taalunie se tweejaarlikse Gent/Boswell-projek. Die Suid-Afrikaanse digter Johann Lodewyk Marais het toe die behoefte aan so ’n versameling op die Nederlandse taalgebied eksplisiet verwoord en deur die samewerking van ’n klompie Suid-Afrikaanse digters en universiteitsdosente, onder andere Marais self, prof Wannie Carstens, professor in Afrikaanse taalkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, mnr Anton Basson, dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Vista-Universiteit, en die Neerlandikus dr Dorothea van Zyl van die Universiteit van Stellenbosch, is die idee uiteindelik prakties gerealiseer toe die Ernst van Heerden-versameling aan die Poëziecentrum amptelik in November 1998 in die sentrum se versameling opgeneem is. Die kontak- en skakelwerk in Vlaandere is gedoen deur instansies soos die Orde van den Prince, asook die Marnixring en mev Marleen Couteur, ’n dosent in die Talencentrum aan die Universiteit van Gent.
    Die PUK-Kanselierstrust van die PU vir CHO het finansiële steun verskaf om die vervoer van die versameling moontlik te maak en die lede van die bestuur van die Algemeen Nederlands Verbond in Kaapstad het dit bemiddel dat die versameling per lugvrag na Gent geneem kon word.
    Die versameling bevat baie bundels wat mededigters aan Van Heerden geskenk het met handtekeninge en handgeskrewe opdragte voorin. Van dié werke is eerste drukke. Die versameling is uiters omvangryk en beslaan byna die hele Afrikaanse poësiegeskiedenis. Bundels van onder andere Boerneef, Eitemal, Peter Blum, T T Cloete, I D du Plessis, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, N P van Wyk Louw en Antjie Krog is opgeneem en kan nou met relatief min moeite op die Vlaamse en Nederlandse taalgebied gelees word.
    Die vestiging van hierdie versameling in die buiteland kan beskou word as een van die groot prestasies van die Nederlandse Taalunie se projek van die afgelope vyf jaar om die Neerlandistiek in Suid-Afrika uit te bou. In hierdie geval was dit net die omgekeerde, want Afrikaans word nou uitgevoer na die Lae Lande. Sodoende word sowel die Neerlandistiek as Afrikaans bevorder.

Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Potchefstroomse Universiteit vir CHO

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.