|
n Kalahari.net resensie
Matthee se lyn stygWillem BurgerPieternella van die Kaap Die baie gewilde Dalene Matthee se sesde (en dikste) roman, Pieternella van die Kaap, het as subtitel: Historiese roman oor Pieternella en Eva-Krotoa. In n kort beskrywing van die roman voorin die boek word verduidelik dat dit die merkwaardige verhaal van twee vroue wat in twee węrelde leef is. Sterk karakters wat in twee węrelde leef, is geen nuwigheid in Matthee se werk nie. Saul Barnard (Kringe in n bos) het uiteindelik daarin geslaag om die węreld van die Bos waarin hy grootgeword het en die węreld buite die Bos na n lang stryd te versoen. Benjamin Komoetie leef kleintyd by Fiela in die Lange Kloof en word groot as Lukas van Rooyen in die bos (Fiela se kind). Soos Benjamin / Lukas se twee węrelde ook deur twee name gekenmerk word, is Krotoa die naam van die Goringhaikona-vrou met n besondere aanleg vir tale wat in die teenwoordigheid van die Nederlanders verander in Eva, Van Riebeeck se tolk. Voortdurend wissel sy tussen haar Hollandse klere en die velklere van haar eie mense. Uiteindelik word sy egter tussen die twee węrelde uitmekaargeskeur. Sy is nie langer welkom by haar eie mense nie, terwyl sy ook nie aanvaar word binne die Europese nedersetters se gemeenskap nie (veral nie na haar man, Pieter van Meerhof, se dood nie). Pieternella van die Kaap is egter nie in die eerste plek die verhaal van Van Riebeeck se tolk en onderhandelaar, Krotoa / Eva, nie. Soos die romantitel aandui, gaan die roman eintlik oor die wedervaringe van Eva en Pieter van Meerhof se dogter, Pieternella. Die verhaal van Eva word aangebied as Pieternella se herinneringe oor haar ma en vertellings van haar ma, terwyl Pieternella se ervarings op see en haar verblyf in Mauritius verreweg die grootste deel van die roman beslaan. In hierdie opsig verskil Matthee se roman dus van Trudie Bloem se Krotoa-Eva: The Woman from Robben Island wat verlede jaar by Kwela verskyn het en waarin slegs op Eva gefokus word. Bloem verwerk dieselfde skamper historiese inligting oor dié interessante tolk van Van Riebeeck verskillend. Sy gee n byna chronologiese weergawe van Krotoa-Eva se lewe waarin veral aandag gegee word aan haar rol as Van Riebeeck se onderhandelaar. Talle twintigste-eeuse interpretasies soos dat Eva aan depressie ly word deur die verteller gemaak (en die verteller ontsnap nie altyd van n patroniserende blik nie). Hoewel Bloem se verhaal om historiese redes baie interessant is, is dit egter nie so n meevoerende verhaal soos dié van Matthee nie. Matthee se vermoë om karakters te skep waarmee lesers kan identifiseer en waarin tydelike onsekerheid oor die lotgevalle van hierdie karakters die leser kan laat naels byt, maak van Pieternella van die Kaap n roman wat by n veel wyer groep lesers aanklank sal vind. Soos haar ma, is ook Pieternella die slagoffer van twee węrelde: aan die een kant word sy hoofsaaklik opgevoed deur Hollandse pleegouers (aan wie sy deur die kerk toegeken word omdat haar ma weens alkoholisme nie meer vir haar kon sorg nie) en is sy uitgelewer aan die willekeurige besluite van die VOC oor haar; aan die ander kant het sy liefdevolle herinneringe aan haar moeder, deur wie sy ook die oorleweringe en tradisies van die Goringhaikona leer ken maar sonder dat sy ooit deel word van die stam. Teenoor altwee hierdie węrelde staan sy ambivalent. Sy is besonder geheg aan haar moeder, maar sy is skaam vir haar moeder se gedrag wanneer Eva haar te buite gaan aan drank. Die mooi herinneringe aan haar ma is dus dié wat te doen het met haar stamgebruike veral ook te sien in die groot waarde wat sy heg aan die kleipot wat sy en haar ma saam gemaak het en waarvan sy enkele skerwe haar lewe lank met haar saamneem. Pieternella het egter, anders as haar ma, die geleentheid om deel te word van die Europese gemeenskap en slaag uiteindelik om die twee węrelde te versoen al bly sy ook afwysend teenoor baie van die Hollanders se gebruike. Net soos Saul Barnard die węreld van die Engelse houtkopers leer ken en dan met ander oë na sy eie mense leer kyk, ervaar Eva ook dat sy Hollanderore gekry het weens haar kontak met die Hollanders. Wanneer een van die vroue uit haar stam, volgens stamgebruik met kieries doodgeslaan word na owerspel, kry Eva nie die vrou se pleitinge uit haar ore nie, want die Hollandermense het haar ore gevat (289). Weens haar blootstelling aan die Europese denke is sekere gebruike van haar eie stam nie meer vir haar aanvaarbaar nie. Aan die ander kant is sy ook juis, as buitestaander, in staat om die onregverdigheid van die Kompanjie se stelsel raak te sien. Die onvermoë om die twee węrelde te versoen is grootliks die oorsaak van Eva se alkoholisme en agteruitgang. Pieternella raak op pynlike manier bewus daarvan dat sy ook nie regtig in een van die twee węrelde behoort nie, wanneer tant Theuntjie haar beskryf as n halfslag-Hottentottin. Sy vra haarself af: Hoe is n mens as jy n halwe Hottentottin is? (267). Sy staan skepties teenoor die vroomheid en skynheiligheid van baie van die Nederlanders wat in die naam van hulle Here (die Here XVII) skreiende dade pleeg. (Eva se verwarring tussen Here as God en die Here van Amsterdam, bestuurders van die VOC, is nie alleen n plesierige stukkie woordspel nie, maar skreiende kommentaar op die Kompanjie wat sy optrede op gesag van God regverdig.) Die twee węrelde het ook hulle verskillende gode waaroor Pieternella nooit kant kies nie. Sy bid gemaklik tot God onse Vader Gounja, Tikwa enigiets wat in die hemel woon (241). Wanneer prediker Hoffman vir Eva uitvra oor wat die Hottentotte God noem, antwoord sy dat die Hollanders die Hottentotte se god verwilder het en hulle godloos en sonder naam gelaat het (268). Dit is in hierdie tussenin-węreld wat Pieternella probeer om nie n halfslag-Hottentottin te wees nie maar n mens: n Heel mens. n Regte mens. (268). Tot n groot mate is dit haar man, die onafhanklike Daniel Zaaijman wat haar die ruimte gun om n eie identiteit te ontwikkel. Hy besweer ook haar grootste vrees, dat een van hulle kinders moontlik meer op haar ma se afkoms sal terugslaan, deur hulle dogtertjie, Maria, met net soveel (of meer) liefde te aanvaar as hulle kinders met n Nederlandse voorkoms. Die roman word as historiese roman aangebied. In Afrikaans is daar n lang tradisie (vanaf die eerste Afrikaanse romans) van romans met n historiese strekking. Gedurende die afgelope aantal jare was daar n oplewing in literatuur wat met die verlede gemoeid is, maar dikwels op n ander wyse as die sogenaamde historiese romans van byvoorbeeld F A Venter. Een van die kenmerke van die meer onlangse historiografiese prosa is dat bestaande opvattings oor die verlede dikwels daarin bevraagteken word, dat die geskiedenis geparodieer word en dat vrae oor die aard van geskiedenis / geskiedskrywing gevra word (die sg historiografiese metafiksie). Matthee se roman is nie parodiërend nie en sluit eerder aan by die tradisionele opvatting van n historiese roman. Pieternella van die Kaap word gekenmerk deur deeglike navorsing en die donker kolle daardie dele van die verlede waaroor ons nie inligting het nie word ingevul deur die skrywer se verbeelding, sonder om die bestaande feite oor die verlede in die gedrang te bring. Dit is inderdaad met die fyn besonderhede oor die leefwyse in die sewentiende eeu wat Matthee beďndruk. Die ongesonde en gevaarlike omstandighede op n VOC-handelskip word sorgvuldig beskryf. Die haglike situasie van matrose, (veral vroulike) passasiers en mense in diens van die VOC word ook deur die leser beleef en is onthutsend. Veral die inligting oor die daaglikse gebruike uit die tyd, dikwels dinge waaraan n mens nooit dink wanneer die geskiedenis van goewerneurs en veldslae bestudeer word nie, is besonder interessant. Kenmerkend is ook Matthee se gebruik van humor wanneer sy alledaagse opvattings van die tyd beskryf:
Sommige opvattings oor die verlede wat mens miskien uit laerskoolgeskiedenisboeke mag onthou, word wel in die roman omgekeer. Die verwoestende effek van die vestiging van Europeërs en die heel dikwels onedele manier waarop die plaaslike inwoners onderwerp is (deur hulle byvoorbeeld afhanklik te maak van tabak en drank), word beklemtoon. Die klem val op beskrywings van die lot van vroue en slawe, die matrose en ander ontmagtigdes. Die Hottentotte wat in Afrikaner-nasionalistiese geskiedenisse gereduseer is tot Herrie en Eva en n klompie mense wat te lui of sleg was om te werk en wat toe uitgesterf het weens pokke, speel in hierdie roman n sentrale rol en veral die manier waarop hulle ook deel geword het van die wit (Afrikaner)gemeenskap word in hierdie roman beskryf. Die Nederlanders se flinke vooruitgang onder die bekwame leiding van goewerneurs en die vestiging van edel vryboere, word hier in n ander perspektief gestel. Die meeste sogenaamde vryboere waarmee die leser hier kennis maak, is lui, hardkoppig en opstandig. Die VOC se onvermoë om die verafgeleë kolonies effektief te bestuur blyk veral uit die administratiewe chaos in Mauritius. Dat die Hottentotte nie sonder meer uitgesterf het en die wit bevolking (danksy die genade) suiwer bewaar gebly het nie, word duidelik in hierdie roman. Die navorsing van Heese wat destyds so n bohaai onder sommige Afrikaners veroorsaak het, word in hierdie roman as narratief verwerk. Die Afrikaner se posisie as tussenin-mens, nóg Hollander, nóg Afrikaan word hierdeur aan die bod gestel. In n tydperk waarin daar dus (al weer) heelwat debat is oor die identiteit van die Afrikaner (dink maar aan Van Zyl Slabbert se Afrikaner, Afrikaan; Willem de Klerk se Afrikaner, Kroes, kras, kordaat en die polemiek wat daarop gevolg het na aanleiding van Chris Louw se ope brief), wil hierdie roman iets probeer stel van n saamloop van twee węrelde, n versoening van God en Gounja, tussen gebruike en regspraak. (Die roman probeer waarskynlik nie te veel hieroor sę nie, want dit sou lyk of die heil vir die Afrikaner alleen lę in die opgaan in die Europese węreld. Daar is geen toekoms in die węreld van die Hottentotte nie Pieternella se broer wat daarheen probeer gaan, Johannes, sterf terwyl sy self in Daniel Zaaijman se węreld geluk vind en boonop vrees dat sy n kind mag hę wat lyk na haar ma se familie.) Hoewel die roman effe aan die stadige kant begin, word die leser geleidelik deur die interessante węreld en leefwyse van die 17de eeu meegesleur en later is mens regtig bly dat die roman so dik is, dat die lekkerte aanhou iets wat ons nie dikwels in Afrikaanse literatuur beleef nie. Ten spyte daarvan dat die roman mens onwillekeurig herinner aan populęre ou-Kaapse verhale en veral in styl aansluit by die avontuurverhaal-formule, is daar geen voorspelbaarheid nie. Die dronklap-houtkapper, Baas Sven, vertel op n dag vir Pieternella dat Mauritius die hemel en die hel in een doek vir n mens toedraai. Spanning in die verhaal van Pieternella berus ook op hierdie saamvoeging van hemel en hel. Pieternella se geluk word voortdurend bedreig deur n moontlike hel. As dit nie die willekeurige opdragte van die VOC is nie, is dit die natuur wat haar voorspoed en geluk bedreig. Die leser, wat uiteraard met Pieternella identifiseer, lees dus met n beklemming om die hart. Die voortdurende onrus dat die Kompanjie weer sou begin peuter (574) aan wat Pieternella in haar ronddra, neem ook van die leser besit. Die handhawing van die spanning deur n voortdurende onrus oor die brose geluk wat Pieternella vind, is kenmerkend van n bobaasverteller. Die saambind van hemel en hel in een doek geld egter nie net vir die eiland nie, maar word ook van toepassing gemaak op die slavin, Anna, n enigmatiese en interessante karakter. Dit is tog jammer dat hierdie vermenging van hemel en hel, van goed en kwaad, nie ook in al die ander karakters teenwoordig is nie. Talle karakters is eerder stereotipes of selfs karikature. Tant Theuntjie is byvoorbeeld die stereotipiese bose stiefma van sprokies. In Susters van Eva het Matthee veral die klem op die vrou laat val. Met hierdie vroulike hoofkarakter(s) val die klem ook telkens daarop dat Pieternella haar menslikheid, haar volledige menswees, slegs as vrou kan ervaar (268). Alhoewel Pieternella op een stadium wens dat sy haar man kan beloon deur vir hom n seun te baar en so n stereotipiese geslagsrol bevestig wat menige vroulike leser sal grief, word daar tog veel klem gelę op die onregverdigheid van geslagsongelykheid. Pieternella huiwer byvoorbeeld nie om die Opperhoof daarop te wys dat dit onregverdig is dat mans wat owerspel pleeg veel ligter gestraf word as vroue nie. Soos mens nou al van Matthee verwag (sy is immers die enigste skrywer wat nog deur die departement van Bosbou vereer is!), is daar ook n ekologiese tema in die roman. Die uitwissing van die dodo en inheemse skilpaaie op Mauritius en die vernietiging van woude vir hout en die afkap van palmbome ten einde drank te stook, word sterk veroordeel. Matthee leer ons egter ook ander lessies nie net dat vroue en ander ontmagtigdes ook mense is nie of dat ons die natuur moet bewaar nie. Sy leer ons n lessie in die lewe. Dat elke mens soek na geluk. Dat geluk wel soms gevind word, maar dat daar onvermydelik terugslae is; hemel en hel in een doek toegebind. Sy wil egter ook hę dat ons soos die karakters waarmee die leser identifiseer na elke terugslag weer nuwe moed moet kry (566). Na elke orkaan se verwoesting, na die dood van n geliefde, moet mens jou eie moedeloosheid self oorkom (en steun op geliefdes) om uiteindelik weer opnuut aan te gaan. Ek laat dit miskien bietjie te prekerig klink en dit is nie heeltemal so erg nie. n Mens lees immers in die eerste plek agter n gawe storie aan en dít gee Matthee op haar unieke en boeiende manier. Dit is waarskynlik nie n roman wat soveel opslae as Kringe in n bos sal veroorsaak nie, maar dit dui beslis op n stygende lyn na Brug van Esels en Susters van Eva. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |