SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

Ollie le Roux

is ’n voormalige Springbok-rugbyspeler.
  Ollie le Roux

Transformasie in rugby

Ollie le Roux

As jy met spelers praat, kry jy verskillende ervarings, opinies en idees oor transformasie. Om hul perspektief te verstaan moet ’n mens dieper gaan kyk na die strukture in rugby en jy sal agterkom die speler is magteloos. Soos in “the charge of the light brigade” is dit ’n geval van “ours is not to reason why, ours is but to do or die”. Daar is soveel verskillende rolspelers, soos SARFU, die regering, individue soos Rudolf Straeuli, Jake White, Brian van Rooyen, André Markgraaf, die pers, sponsors en die publiek. Een ding moet ’n mens mooi verstaan: transformasie en wen kan nie in dieselfde sin gebruik word nie. Transformasie beteken om iets heeltemal te verander. Hoe gaan jy iets heeltemal verander én bou aan ’n wenkultuur? Onmoontlik.

Al wat spelers vra is eerlikheid. Laat ons weet wat julle bedoel met transformasie. As daar nie plek is vir die meerderheid wit spelers nie, laat hulle weet, want daar is baie ander lande wat hulle sal opraap, en die sukses wat spelers soos Clyde Rathbone, Daniel Vickerman, Liebenberg, Matt Stevens en Pietrie de Villiers al behaal het, wys dat die talent daar is — al wat ons nodig het is eerlikheid en ’n deursigtige doelwit wat almal kan nastreef en ’n einde het.

Enige speler se droom is om toetsrugby vir die Springbokke te speel en na World Cups toe te gaan. Hoekom gee SARFU en die regering nie vir ons so ’n doelwit van vyf of tien jaar se transformasie en dan is dit ’n gelyke speelgrond nie? Geld natuurlik. Sponsors sal minder geld in die game instort, die publiek sal eers wag tot ’n span presteer voor hulle begin support, en spelers, wit en niewit, sal minder verdien en hul heenkome oorsee soos die sokkerspelers gaan soek. Dit is nie vir SARFU aanvaarbaar nie, want dit sal beteken hulle verloor geld en power en hulle is ’n R500 miljoen ’n jaar besigheid. Geen besigheid gaan sy enigste bate verswak en onder sy vlerk laat uitgaan nie.

SARFU het so paar jaar gelede ’n “transformasie en rassisme”-beraad ten duurste aangebied. Ons as spelers wag nou nog vir die visie en doel om na ons toe deur te syfer. Dit is duidelik die kommunikasie tussen SARFU en sy spelers is nie goed genoeg nie. Sou jy gelukkig wees as jou baas op nasionale TV en in die pers jou salaris uitblaker en dan gee hy nog die verkeerde inligting?

Die speler
Niewit spelers haat die word kwota. Ja, daar is positiewe. Transformasie gee hulle ’n kans waar hulle voorheen miskien heeltemal misgekyk sou gewees het of heeltemal geïgnoreer sou word. Maar dit is hul kans en hulle moet dit gebruik. Daar het al heelwat spelers — wit én niewit — soos mis voor die môreson verdwyn. Dit is nie enige speler wat daar kom, daar bly en dit maak nie. Van die niewit spelers word so vinnig gedruk dat hulle nie tyd het om hul voete te vind nie; hul vertroue in hulself en hul spanmaats se vertroue word gebreek en dit vat lank om dit te herstel. (Moet egter nie dink dit gebeur nie ook met wit spelers nie. Al verskil is, hulle word dan net gedrop en daar is nie die “ek het die span gedrop want ek is ’n kwotaspeler”-stigma nie.)

Van die niewit spelers word ook stukkend gespeel om getalle op te maak, wat hul loopbane beïnvloed en hulle dan ’n swak spelpeil laat handhaaf, wat hulle weer die label van kwotaspeler gee. Sommige spelers kry ook die gevoel daar is nie net spelers teen wie hulle kompeteer nie, maar getalle ook. As die kwota vier is, dan sal daar net vier gekies word en baie min meer. Hulle voel ook hulle kompeteer nie op dieselfde vlak as die wit spelers nie, en dit lei nie tot ’n positiewe omgewing om in te speel nie. As ’n niewit speler ’n fout begaan, met vandag se TV, word daar onmiddellik gesê: “Ja, maar hy is ’n kwotaspeler.”

Ons as spelers haat die label, want van die niewit spelers is pond vir pond die beste wat ek ooit mee gespeel het. Wit spelers voel natuurlik bedreig, en dis ’n lekker verskoning om te sê: “Ek is gedrop oor die kwotasisteem.”

Dit gee ook negatiewe gevoelens tussen wit en niewit spelers. Al wat ons as spelers wil doen, is jol en wen. Ja, ons het jare se geskiedenis wat mens nie sommer net so uitvee nie, en ja, ons is almal deel van die rekonsiliasieproses, maar moet ons dit begin deur spelers teen mekaar af te speel? Daar is soveel ander oplossings.

Oudspelers
Een ding moet almal — die publiek, die regering, SARFU en die pers - mooi verstaan: ons speel rugby oor ons lief en passievol is oor die game. Daar is baie oudspelers wat selfs in die isolasiejare probeer het om rugby na almal toe te vat. Mense soos Divan Serfontein, die Du Plessis-broers, Cheeky Watson en Morné du Plessis, en vele meer, rig af en help op alle vlakke oor hul passie vir rugby en nie vir geld nie.

Hoekom koördineer ons nie ’n proses wat almal betrek vir SA nie? Daar is ’n probleem. Oudspelers bedreig administrateurs se posisies. Een van ons niewit spelers het onlangs begin help met die coaching en development in KwaZulu-Natal. Hy het binne twee maande ’n boodskap gekry: “Ons soek jou nie hier nie.” Sy kennis op Super 12- en Springbokvlak het die ander personeel bedreig. Toe ek hom vra hoekom praat hy nie uit en laat mense weet wat gaan aan nie, toe was sy woorde eenvoudig: “Ollie, I don’t want to be a martyr.”

Sodra ’n speler SARFU of die unies bedreig, word die boodskap uitgestuur en sy loopbaan is verby. Ek het my laasjaar uitgespreek teen Rudolf Straeuli en SARFU, en Supersport het my laat inroep en dissiplineer omdat hulle Natal se grootste aandeelhouer is en SARFU gedreig het om die Springbokspan en sy spelers te weerhou van hul uitsendings. Soos ek reeds gesê het, power en geld is die groot dryfkrag agter SA-rugby.

Moontlike oplossings
Hoekom begin SARFU nie ’n mentorsisteem nie? Gee oudspelers in elke provinsie vier spelers om na te kyk, mee te praat en raad te gee. Die spelers respekteer die Mark Andrewse, Joubas, Gary Teichmans, Chester Williamse en Francois Pienaars, om net ’n paar te noem. Gee hulle die verantwoordelokheid om na die speler se spelpeil, probleme , finansies, belangrike besluite oor provinsies en sponsors om te sien en raad te gee. Iemand om daar te wees om seker te maak die spelers — wit én niewit — glip nie deur die net en verdwyn nie. Hulle moet ook terugrapporteer aan die unies en SARFU om te verseker die spelers kom die mas op. Oudspelers sal dit doen vir die liefde van die game en die plesier wat ons kry om iemand te sien floreer en te weet ons het gehelp om die boompie te buig terwyl hy jonk is en nou wen hy wedstryde vir SA. Om te weet jy het nie opgehou nie, maar help bou aan die nuwe SA.

Daar is nog ’n probleem. Vandag se spelers gaan nie meer studeer nie. Uit die skool reguit in ’n kontrak in en nou speel hy professionele rugby, wat baie selfsugtig is en geen geleentheid bied om besighede te begin of jouself op te werk in ’n korporasie nie. Kom ons maak soos Amerika se kollegesisteem, waar die spelers ’n graad volg en as sy punte te swak is, mag hy nie speel nie en moet hy vir sy eie studies betaal totdat hy regkom. So stuur ons jong manne uit en as hulle dit nie maak nie, kan hulle altyd weer produktiewe poste opneem en as gekwalifiseerde professionele besigheidsmanne dit maak in die wêreld daar buite. Miskien is dit bietjie holisties, maar ten minste gee dit almal ’n opvoeding en ’n toekoms wat rugby net op die oomblik vir 26 elitespelers gee en nie vir die res wat die getalle opmaak nie. Opvoeding is ons grootste troefkaart. Dit sal spelers meer sekuriteit gee en beter rugbyspelers oplewer. Nieu-Seeland en Australië het al klaar sulke sisteme wat spelers beskerm.

Om mee af te sluit wil ek vir julle ’n ongelooflik mooi storie vertel wat regtig gebeur het en wat wys waaroor rekonsiliasie regtig gaan.

In 1994 toe die nuwe regering oorvat en die protea as nasionale kenteken aanneem, was daar ’n komitee wat die proses moes oorsien. Hulle is dringend ingeroep vir ’n vergadering met Nelson Mandela en Constand Viljoen. Mnr Viljoen het opgestaan en gese: “Ek wil graag ’n beroep op julle as komitee doen. Asseblief, julle het gewen. Wát weet ons nog nie, maar julle het gewen. Moet asseblief nie die een ding waarvoor ek nog lief is, ook wegvat nie. Hou asseblief die Springbokke ons rugbyspan.” Waarop president Mandela opgestaan het en gesê het: “We do not kick a man when he is down.” Soos ons weet is die Springbok nog steeds ons embleem en dit beteken amper iets onwaar vir alle spelers, wit of niewit. Dit is groter as ons almal, en eendag as ons kinders dood is, sal dit nog steeds daar wees. Hopelik kan ons nou saam iets bou en strukture implementeer, sodat ons kinders nie ons kak moet uitsorteer soos ons ons voorvaders s’n nie.

Dankie vir julle aandag en tyd.



LitNet: 2 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.