SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Lauren Thys
is in 1984 gebore en is ’n tweedejaar BRek-student aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het ’n vreeslike hekel daarin as jong mense van haar ouderdom dink apartheid is ’n gerieflike verskoning vir alles wat verkeerd loop in hul lewens. Sy wil graag volgende jaar gekeur word vir die BPhil (Joernalistiek) aan die US.
  Lauren Thys
Foto: Steven Barber
(Die Matie)

“Daar gaan nog ’n kwota!”*

Lauren Thys

“Daar gaan nog ’n kwota!” Kaalbolyf (en in kenmerkend-Stellenbosch gekoringde toestand), te midde van sy bewonderende vriende, het die selfaangestelde kommentator dié woorde uitgebasuin toe eers ’n swart meisie en daarna ek verby hom gestap het.

Terwyl prof Chris Brink en sy span diversiteitsomies en -tannies miljoene in rande, ure en kommissies spandeer om aan die wêreld te probeer vertel dat transformasie op Stellenbosch besig is om dié van Suid-Afrika post-94 by verre te oortref, wil ek dit waag om te sê dat die werklike situasie vir die gemiddelde donkerder Matie kragdadig in my beskonke vriend se aangehaalde woorde vasgelê is.

Terloops: hierdie is nie ’n poging om die merk van Verdrukker dieper by wit mense op Stellenbosch te ets nie. Ek sou ’n onreg aan my integriteit doen om net te vertel van die barbare wat ook hier gehuisves word. Matieland is nié die hel op aarde wat geskets word deur die sensasionele doemprofete wat prentjies ophaal van enigiets soos meisies wat met koeëlvaste baadjies in Victoriastraat moet stap tot mans wat à la Staaldraad in bossies moet rondkruip ten einde as een van die “manne” geïnisieer te kan word nie. Ek sal tyd mors deur te probeer illustreer hoeveel studente en akademici (uit stoere Afrikaner-huishoudings) opreg verbind is tot verandering. Neëntienjarige studente vertel my dat, met die besef dat hulle met die vrugte van apartheid sit, hulle dit soms moeilik vind om bruin en swart mense in die oë te kyk, uit pure skaamte.

So in alle regverdigheid is daar wél kolle van prof Brink se veel geroemde transformasie op Stellenbosch, maar aan die ander kant: as sy idee van verandering behels dat situasies soos dié steeds die norm is in ’n alledaagse dag vir die gemiddelde donkerder Matie, het hy die spoor effe byster geraak (of ek het geslaap toe hulle die term demokrasie in my Politieke Wetenskap-klas gedefinieer het?).

In goeie Afrikaans, die bottom line bly dat reëls, regulasies, teikens, teorieë, kommissies en konsepdokumente niks baat as die eindresultaat is dat die gemiddelde wit student steeds jaar na jaar Stellenbosch toe kom met ’n gerusstelling in sy hart: want híér hoort hy (en hy alleen) nie.

Ek het wel nog nie my PhD in teoretiese fisika nie, maar ek weet teen dié tyd dat daar êrens ’n groot skroef los moet wees as sulke en soortgelyke insidente afspeel op ’n daaglikse basis. En erger nog: teen so ’n frekwensie dat mense nie eers meer die moeite regverdig om ’n bohaai op te skop nie.

Die eindelose gepráát deur die beleidsmakers dryf ook diegene wél positief jeens verandering tot irritasie, wat dan verkeerdelik geïnterpreteer word as apatie.

Maar om heeldag te filosofeer oor die wortel van die kwaad gaan my niks ryker maak nie. Intussen word ek en my donkerder velgenote genoop om self sin te probeer maak van die realiteit, want om te wag vir prof Brink en kie om hul argumente met die Black Students Association uit te sorteer, gaan van ons almal studente-veterane maak.

Natuurlik was my eerste reaksie op dié woorde: Wat maak ek nog hier? Hoekom bly ek nog tussen dié mense en loop die risiko dat elke klasuitstappie my daaglikse oefening in vernedering word, hetsy uitdruklik of agteraf? Want niemand verdien om op só ’n wyse gedehumaniseer te word nie.

Ek wou dadelik opskop en na ’n plek toe gaan waar ek eerstens as méns raakgesien word; waar die reaksie wat my woorde en dade ontlok, nie afhang van die hoeveelheid melanien in my DNS nie.

So hoekom is ek en soveel ander dan nog hier? Is dit dan nie die logiese opsie om eerder na ’n meer verdraagsame instansie te gaan nie? Nee. Dis die lafaard-opsie om toe te laat dat barbare se verdraaide opinie jou toekomsplanne raak.

Ja, dit klink na makliker gesê as gedaan, maar doen jouself ’n guns en kyk na die agtergrond waaruit die bogenomede siel sy onnoselhede kwytraak. Hy is ’n produk van sy ouers se generasie, wat nie genoeg verstand het om vir homself te dink nie. Hy moet sy identiteit vorm deur ander af te kraak. Hy dink ek en ander ge-“tan”-de Maties is ’n bedreiging vir sy voortbestaan. En in die lig daarvan kry ek hom en sy vriende ontsettend jammer.

Ek weet nie van ander nie, maar ek bly op Stellenbosch omdat ek weet dat ek genoeg identiteit in my het om te verseker dat dom opmerkings van Bacchus-deurdrenkte ape my nie raak nie.

As ek egter toegelaat kan word om ’n wenk of wat aan prof Brink te gee: Terwyl ander meisies op ’n mooi somersmiddag droom oor hul ouens of filosofeer oor presies wat in die koshuis se hoendertortillas was wat dit so snaaks laat proe het, word ’n klein groepie elke dag geforseer om met etikette van “jy-is-nou-maar-hier-oor-die-politiek” vergesel te word op pad na die Belastingklas. As hy en sy span iets daadwerklik (vir ’n verandering) wil doen, daag ek hulle uit om ’n oplossing te bedink wat súlke scenario’s beëindig. Hy het mos immers ’n paar PhD’s agter sy naam ...

*Hierdie artikel het ook in die mees onlangse uitgawe van Die Matie verskyn.

LitNet: 24 Februarie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@yahoo.com om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.