SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie kultuurkonfyters is dalk broodnodig


Herman Wasserman

Die skynbaar groot aantal ondersteuners van die T-hemp-maatskappy Laugh it Off (LIO) (www.laughitoff.co.za) was waarskynlik verheug om te hoor dat verlof tot appčl vandeesweek aan hulle toegestaan is in hul saak teen die groot bierreus SABMiller Finance BV.

En Steve Hofmeyr, wat onlangs aangedui het dat hy ook nou ’n byltjie te slyp het met die T-hemp-maatskappy Laugh it Off (LIO) (nadat SABMiller die die pad vir hom met ’n machete skoongemaak het), sal seker nou eers wag en kyk voor hy ook die eienaar van LIO, Justin Nurse, en sy trawante voor die regbank daag. Hofmeyr is, na berig word, blykbaar boos oor die woorde “Wie’s jou pappa?” wat verskyn op ’n LIO T-hemp met sy gesig op — die woorde sou, volgens Nurse, verwys na Hofmeyr se buite-egtelike kinders en sy redenasies oor God, die Heelal en Alles op LitNet se webruimte.

Ja-nee, die geduld is maar min wanneer die mooi ideaal van vryheid van spraak na die praktyk omgeskakel word. In die woorde van Hofmeyr, soos aangehaal tydens verlede jaar se Klein Karoo Kunstefees waar hy sy argument met ’n paar vuishoue probeer beklink het: “Persvryheid is ek wat jou kakebeen afslaan.”

Maar die onlangse geskiedenis het weer bewys dat hierdie soort bombasme nie beperk is tot oorverhitte insidente by kermistafels nie. As ons al die trompetgeskal in die flieks moet glo, het Amerika vryheid van spraak uitgedink. Maar ten spyte van al die idiotiese retoriek deur George W Bush en Kie het daar van demokratiese waardes en die Eerste Amendement maar min oorgebly nadat die kruitdampe oor Kaboel en Bagdad gesak het. “Persvryheid is ek wat ’n hotel bombardeer waarin joernaliste bly,” sou ’n mens Hofmeyr se woorde in dié verband kon vertaal. Dalk is die pen eintlik tóg maar weerloser as die swaard. (Maar laat ons dan maar troos put uit Lucebert se woorde dat alles van waarde weerloos is.)

Maar waaroor gaan die hele LIO-sage nou eintlik? Is hier iets meer aan die gang as ’n paar hardekwas jong latte met vlymskerp idees en ’n sintuig vir moeilikheid soek? Die idee om bekende handelsmerke (hoewel Steve seker nie graag aan homself as ’n handelsmerk wil dink nie) te parodieer, is nie iets waarmee Justin Nurse en vriende van LIO vorendag gekom het nie. Om nou maar self ’n handelsmerk te parodieer: LIO het nie parodie uitgevind nie, hulle het dit net vervolmaak. (Of so voel ’n mens in elk geval as jy hul kreatiewe vermoë vergelyk met die vaal pogings wat ’n mens deesdae al hoe meer dikwels by klerestalletjies sien hang.)

LIO se slim spottery met handelsmerke is deel van ’n węreldwye beweging genaamd “culture jamming”. Die “culture jammers” (kultuurkonfyters?) is een van die uitlopers van ’n skynbaar al groter wordende ongemak met ongebreidelde kapitalisme, die welige verbruikerskultuur en die invloed wat dit het op die ongelyke verspreiding van mag węreldwyd. ’n Mens sou selfs kon sę dat noudat die Koue Oorlog verby is, apartheid beëindig is en vrese vir ’n atoomoorlog effens opsy geskuif is, die stryd teen korporatiewe globalisering en neoliberalisme ’n vakuum gevul het vir diegene wat deur middel van betogings, plakkate en bufferplakkers uiting wou gee aan hul politieke gewete, of hul anti-establishment-ingesteldhede wou laat blyk.

In Seattle en Genoa, Davos en New York het tonele hulself afgespeel wat ’n mens laat besef het dat die onvergenoegdheid met ’n geglobaliseerde korporatisme ’n kritiese massa bereik het, dat ’n mens hier met ’n węreldwye beweging te doen het wat dalk net die volgende Groot Saak mag wees.

Die betogers is ook nie ou hippies wat hunker na ’n tyd toe knoop-doop-hemde en folk-feeste die nuutste gier was nie. Die antiglobaliseringsbeweging gebruik juis die globaliserende tegnologie van byvoorbeeld die internet om hul saak węreldwyd te verkondig en ondersteuning te mobiliseer. Dis nie soseer dat hulle terug hunker na ’n vervloë tyd of dat hulle dit teen globalisering per se het nie — dit gaan eerder oor die uiterstes wat hierdie proses aanneem, die ongelyke manier waarop dit plaasvind en die uitwerking wat dit op ontwikkelende lande het. Dis in die lig van hierdie węreldwye vorme van weerstand dat culture jamming gesien moet word.

Culture jamming is daarop gerig om die mag wat maatskappye op kultuur uitoefen deur middel van die advertensiebeelde wat hulle die węreld instuur, te ondermyn. Dit wil sę, deur die draak te steek met bekende advertensieveldtogte, bevraagteken hulle ook die waardes wat onderliggend aan daardie advertensies is (sien voorbeelde by http://adbusters.org/creativeresistance/spoofads/): dat vroue almal moet lyk soos ’n Calvin Klein-model (al beteken dit hulle moet bulimies word); dat jy jou persoonlikheid verbeter deur sekere klere of reukwater of bybehore te dra (jy is dus net so uniek soos al die ander skape in die trop); dat jy cool lyk as jy Camels rook (al gaan jy binnekort koel lyk in jou doodskis). Die fabrisering van begeerte en die gepaardgaande nastreef van konformiteit is ook deur LIO gekritiseer, onder meer deur ’n plakkaat waarin die bekende Diesel-handelsmerk omvorm word tot “Dieselfde”.

Op die webtuiste van die Culture Jammers Network (http://adbusters.org/information/network) word dié internasionale groep se missie as volg verwoord:

We are a global network of artists, activists, writers, pranksters, students, educators and entrepreneurs who want to advance the new social activist movement of the information age. Our aim is to topple existing power structures and forge a major shift in the way we will live in the 21st century. We believe culture jamming can be to our era what civil rights was to the ‘60s, what feminism was to the ‘70s, what environmental activism was to the ‘80s. It will alter the way we live and think. It will change the way information flows, the way institutions wield power, the way TV stations are run, the way the food, fashion, automobile, sports, music and culture industries set their agendas. Above all, it will change the way meaning is produced in our society.

Dat die ouens groot idees het, is seker.

Die jongste verwikkelinge in die węreldpolitiek was olie op die vuur van dié verset. Die weerstand teen die magsuitoefening van groot maatskappye is versterk deur die berigte van korrupsie in korporatiewe Amerika. Die Enron- en Arthur Andersen-skandale het nie alleen bygedra tot ontnugtering in die etiese standaarde van korporatiewe reuse nie, maar ook die morele skynheiligheid van George Bush se regering, wat bande met van dié maatskappye gehad het, in die kollig geplaas. Die Amerikaanse regering se reaksie op die aanvalle van 11 September, wat uitgekring het na gewapende konflikte teen Afganistan en Irak, is ook oor die boeg gegooi van kapitalistiese globalisering. Die tuisblad van Adbusters.org stel dit kort en bondig, met die prent van’n dollarnoot waarop die boodskap verskyn: “Patriotism does not equal consumption”, na aanleiding van die Amerikaanse regering se aansporing aan burgers ná 11 September dat Amerikaners hul vertroue in die land en sy ekonomie moet betoon deur die winkels in te vaar.

Met die aanval op Irak is hierdie weerstand verder gevoer deur al hoe meer kritici wat daarop gewys het dat die aanval eerder gemik is op die beheer van olievelde as op die sogenaamde uitwissing van terrorisme. ’n Anti-oorlogbeweging het gaandeweg momentum opgetel en later aan węreldwyd gemanifesteer in betogings. Weer eens het nuwe tegnologieë ’n belangrike rol gespeel. Die kuberruim het só gegons van kritiese boodskappe dat daar begin verwys is na die aanval op Irak en die weerstand daarteen as “die eerste Internet-oorlog”.

Naomi Klein, skrywer van die boek No Logo, is een van die mees uitgesproke lede van die nuwe progressiewe beweging. Ook oor die aanval op Irak het sy haar nie onbetuig gelaat nie. In ’n berig in die Britse Guardian (http://politics.guarian.co.uk/columnist/story/0,9321,936377.00.html) beweer sy dat die sogenaamde “heropbou”-planne van Amerika ná die verwoesting in Irak aangerig is, eintlik net ’n manier is om Amerikaanse maatskappye ’n nuwe mark te bied. “Oprig van infrastruktuur” is vir haar ’n eufemisme vir “bevordering van Amerikaanse korporatiewe belange”:

The process of how they will get all this infrastructure to work is usually called ‘reconstruction’. But American plans for Iraq’s future economy go well beyond that. Rather than rebuilding, the country is being treated as a blank slate on which the most ideological Washington neo-liberals can design their dream economy: fully privatised, foreign-owned and open for business.

Maar om terug te keer na plaaslike bodem: Laugh it Off is dus nie alleen nie, nóg is hul geveg in die hof ’n suiwer Suid-Afrikaanse een. Dat dit deel is van ’n globale kragmeting tussen andersdenkendes en multinasionale maatskappye, is reeds duidelik in die saamgevoegde naam van die maatskappy teen wie hulle die saak maak — ’n maatskappy met belange regoor die węreld.

Al is LIO se aksies dus ingebed in ’n globale netwerk van verset, gaan die appčlbeslissing ook ’n paar dinge duidelik maak oor die Suid-Afrikaanse omgewing spesifiek — waar die grense van vryheid van spraak lę, wat beskou word as die openbare belang, waar draakstekery ophou en kwaadwilligheid begin. Die wetsaspekte ten opsigte van die beskerming van handelsmerke teen mededingers moet in hierdie geval ook opgeweeg word teen die bevordering van vrye spraak in ’n samelewing wat nou nog die verlede moet óóp praat. Dit is nie maar terloops dat die T-hemp waaroor die hele bohaai gaan, juis te make het met die Suid-Afrikaanse verlede nie. Die kwessie van uitbuiting van werkers het in die apartheidskonteks ’n bepaalde rassekarakter gehad, maar Suid-Afrika het allermins kopiereg op die misbruik van goedkoop arbeid. Die groot multinasionale maatskappye se “sweatshops” is juis een van die stene des aanstoots in die globale versetsbeweging.

’n Argument sou dalk daarvoor uitgemaak kan word dat LIO se parodieë ’n noodsaaklike onderdeel is van ’n aspek van die oorgang in Suid-Afrika wat nog nie klaar uitgepraat is nie. Die kwessie van die ekonomiese bestel waarvoor in die onderhandelings in die negentigerjare gekies is, en die ontnugtering wat dit in sekere sektore van die samelewing meegebring het, is dalk ’n debat wat nou eers behoorlik op gang kom, met die verskyning van boeke soos die onlangse A History of Inequality van Sampie Terreblanche en die oplaaiende spanning tussen lede van die heersende politieke koalisie.

In die tydskrif The Media van Februarie 2003 haal Graeme Addison ’n voormalige Apla-lid aan: “South Africans were on the brink of full-out civil war in the 1980s, but decided to go shopping instead.”

Dit is uit hierdie materialistiese droom dat Laugh it Off Suid-Afrikaners wou laat wakkerskrik. Ons sal maar moet sien of hulle onder verdowing geplaas gaan word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.