SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Debat oor meer as ’n boek

Harald Pakendorf

Afrikaners: Kroes, Kras, Kordaat
deur Willem de Klerk
Human & Rousseau
(sagteband, 104 pp)
R44,95
ISBN 0 7981 4013 5

’n Kalahari.net-resensie

Afrikaners: kroes, kras, kordaat
Koop nou!
Hierdie is ’n herbesoek aan De Klerk se boek waarin hy die Afrikaner hardhandig aanspreek, meen hy moet om vergiffenis vra vir die sonde wat hy gepleeg het en dan meer beskeie die toekoms ingaan. Dis, so kortgevat as moontlik, waaroor die boek gaan.

Maar ’n herbesoek kan nie net daar ophou nie. Intussen het ’n tierende storm na aanleiding van die boek ontstaan waarin die persoon De Klerk ook betrek word. Eintlik is hy net die aanleidende oorsaak, want dit gaan oor groter sake as die persoon.

Maar eers tog ietsie oor die boek, en ek herhaal maar gedeeltelik wat ek meer as twee maande gelede in Beeld daaroor te sê gehad het:

De Klerk spreek sy kommer uit oor identiteitsonttrekking en deel Afrikaners weer in groepe in — soos destyds met verkramp en verlig: diegene wat hulle Afrikanerskap wil weggooi. Hy noem hulle wegsteekmense. Daar is hulle wat eenkant toe wil, die verlede wil herstel. Wil vuiste bal. Daar is die ontnugterde Afrikaners. En hulle wat die land uitvlug — ’n negatiewe weghardloop en ’n afvee aan hulle volk en land.

En daar is ook diegene wat kragtig aanvaar dat daar ’n nuwe tydvak in die Afrikaner se geskiedenis aangebreek het en dat daar ’n nuwe agenda is.

Hy neem die mites weg dat die Afrikaner ’n uitverkore, blanke en Christelike volk is, doen ’n beroep op hom om sy Afrika-verbondenheid hoër op te skroef. Hy verwys na die gedurige twiste onder Afrikaners en pleit vir meer openheid. Hy vra onomwonde — en dit sal baie laat terugsteier — vir ’n baie opregte skuldbesef en skuldbelydenis deur Afrikaners.

En voeg hy by, moenie sê jy het nie geweet nie. Ons was almal in die stelsel van apartheid en almal het dit êrens persoonlik gesien opereer. Ons dra almal aan die skuld.

Daar kan nie op alle aspekte van die boek ingegaan word nie. Tog net kortliks dit: De Klerk bespreek die negatiwiteit onder Afrikaners, die drang na groep en ander regte, die vraag oor identiteit en lewer ’n pleidooi vir inklusiwiteit.

Sekerlik sal sy benadering dat die begrip Afrikanervolk tans te besmet is en vervang moet word deur die Afrikaanse gemeenskap voordat daar ’n nuwe Afrikanervolk daaruit gebore kan word, talle laat skeef opkyk.

Maar na die harde en bittere dinge wat De Klerk self sê hy ge-uit het, is die boek ’n oproep tot inkeer sodat vorentoe gegaan kan word. De Klerk het die Afrikaner se bagasie van die verlede uitgepak en gewis nie alles weer teruggesit nie. Wat hy wil agterlaat en wat hy wil saamneem, is sekerlik die sake waaroor gesels sal word nadat die boek gelees is.

Tot sover wat in Beeld verskyn het.

Nou ja, dit het op meer as gesels uitgeloop. Chris Louw, oud-nuusredakteur van Die Vaderland, nou saliger, waar ek destyds redakteur was, skryf toe ’n woedende reaksie op die boek. Eers plak hy dit vas op ’n tafel in die Boekehuis daar neffens Beeld se kantore in Johannesburg, toe kry hy ’n hele bladsy in die koerant.

Chris is kwaad. Ook oor persoonlike gebeure waar hy klaarblyklik voel dat hy geminag is. Maar dit is terloops. Eintlik sê hy: De Klerk, jy moes die goed vroeër gesê het. Maar toe het jy en joune vir ons voorgeskryf en nou wil jy dit weer deur die boek doen. Ons is mislei. Ons, ek en my geslag (Louw is êrens in die veertig), sal nie weer luister nie — nie na jou nie en ook nie na die nuwe voorskrywers wat tans aan bewind is nie.

En die reaksie was oorweldigend. Letterlik honderde briewe, fakse en telefoonoproepe later kan met stelligheid gesê word Louw het , waarskynlik onbeplan, ’n aar raakgeboor wat nog nie voorheen blootgelê is nie. En dit is dat ’n hele geslag, byna uitsluitlik Afrikaners, voel hulle is verneuk deur die geslagte voor hulle. Daar is aan hulle voorgesê en hulle moes net volg. Dit is as ‘t ware ’n openbare afskud van paternalisme wat met soveel bitterheid gedoen word dat dit neerkom op ’n hele geslag wat keel skoonmaak, wat skielik bevry voel.

Wat hulle met die bevryding gaan doen, val nog te siene. Deel daarvan is sekerlik verlossing wat dit makliker maak om te aanvaar dat die nuwe Suid-Afrika inderdaad nuut en permanent is. Maar dat dit nie beteken jy moet voor die nuwe voorseêrs ook kruip nie.

Daar was natuurlik ook ’n ander soort reaksie. Daar is nog steeds diegene wat voel dat die mag nooit oorgegee moes gewees het nie en is steeds misnoeg oor die bestaan van die nuwe Suid-Afrika. Ook hulle vind aanklank by die Louw-ondersteuners — verkeerdelik, maar daar is hulle nou maar.

Net terloops, ’n mens kan maar nie wegkom van die gedagte dat sommiges — natuurlik by verre nie almal nie — van die nuwe vegters vir Afrikaans en groepregte ook so ’n klap weg het van hierdie gevoel nie.

Dit is jammer, want dit bring mee dat die nodige debat oor hoe om vorentoe te beweeg, besoedel word met kwalik bedekte verwysings , sonder dat die woord nog gebruik is, na hanskakies. Die argument lui so: daar was Afrikaners wat Milner gesteun het, daar was Sappe, daar was Afrikaners wat die NP tussen ‘48 en ‘94 gesteun het (was dit nie by verre die meerderheid nie?) en nou is daar ondersteuners van die ANC. Foei, weg met hulle. Laat ons opstaan wat dwarsdeur die geskiedenis aan die regte kant was. Ons is die weg en die waarheid.

Maar dis moontlik ’n ander debat vir ’n ander tyd. Die beste wat enigeen kan doen wat die huidige debat wil laat blom en dalk selfs vrugte laat dra, is om by die kleinere verby te kyk en die oog op die groot prys te hou.

Terug na Louw. Sy reaksie — en dié van die honderde andere — gaan nou in boekvorm verskyn. Pieter Fourie neem dit teater toe. Lank gaan ons dus nog oor die uitlopers van die De Klerk-boek praat en tob.

Louw se reaksie maak natuurlik nie De Klerk se boek tot niet nie. De Klerk het vele waarhede aangespreek en sonder dat ek hom gevra het, is daar baie in die boek waarmee Louw sal kan saamstem. Hy het dit daarteen dat hy eers voorgesê is — en hy het dit toegelaat en het selfs geluister — en dat hy aanvoel dat hy hier weer voorgesê word. En dié keer gaan hy nie luister nie.

Hierdie Derde Taalbeweging — en die debat is al goed agt maande aan die gang — gaan oor meer as net De Klerk en Louw. Ten diepste sê-vra dit: Hoe pas ons in noudat Suid-Afrika onherroeplik anders is? Staan ons eenkant, vorm ’n groep, doen ons eie ding? Of staan ons midde-in die nuwe omstandighede, stry daar vir ons eie, help stuur aan die rigting waarheen die land gaan, help definieer aan wie ons is?

Myns insiens, is hierdie ’n tyd vir lojale verset. Ons moet ons versit teen hulle wat Afrikaans grens toe wil vat. Maar die hoe van die versit is waaroor dit behoort te gaan. Die huidige kleinlikhede behoort eenkant toe gestoot te word. Net verset, sal kwalik indruk maak. Maar lojaliteit aan die groter Suid-Afrika maak verset namens ’n kleiner deel daarvan dalk net praktieser.

Die debat is tans beperk tot Afrikaners, nogal die wit soort en dus ’n minderheid binne ’n minderheid. Dit raak egter almal in die land. En almal moet aan die debat deelneem want net so sal ons almal deel-seggenskap kry in hoe die land vorentoe gaan lyk. En nie net op materiële gebied nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.